Meervoud
\'n Meervoud is die vorm van \'n selfstandige naamwoord wat dui op meer as een entiteit. In Afrikaans word dit meestal gevorm deur \'n agtervoegsel of \'n verbuiging van die enkelvoudvorm van die selfstandige naamwoord.
'n Meervoud is die vorm van 'n selfstandige naamwoord wat dui op meer as een entiteit. In Afrikaans word dit meestal gevorm deur 'n agtervoegsel of 'n verbuiging van die enkelvoudvorm van die selfstandige naamwoord.
In Afrikaans is die lidwoord wat meervoude voorafgaan die. Die lidwoord 'n word nooit voor meervoude gebruik nie. In vele ander tale beïnvloed meervoudigheid ander woorde in die sin, maar in Afrikaans bly meeste ander woorde onveranderd met die gebruik van enkelvoud teenoor meervoud.
Voorbeelde in Afrikaans
Hier volg enkele voorbeelde van meervoude in Afrikaans:
- hoofweg, hoofweë
- vlag, vlae
- hemp, hemde
- voog, voogde
- slagding, slaggoed
- sakeman, sakemanne
Uitgang op -f
Wanneer 'n woord op 'n -f eindig, val die -f soms weg, dan sit ons 'n -we in plek van die -f, byvoorbeeld:
- geloof, gelowe
- stof, stowwe
- hof, howe
Afkappingsteken
Sekere woorde kry 'n afkappingsteken (of apostroof) ( ' ) voor die s (gewoonlik wanneer die enkelvoud geëindig het op 'n e, i, o, u of beklemtoonde a).
- karba's (klem is op die "a")
- oumas, paddas, malvas (klem is nie op die "a" nie)
- relê's
- sari's (Indiese uitrusting)
- foto's; disko's (eintlik "diskoteke")
- risiko's
- balju's
- senu's
- leeus (Leeus eindig nie met 'n "u" nie, maar 'n "eeu")
Geen enkelvoud
Daar is sekere woorde wat net in die meervoud gebruik word, byvoorbeeld:
- fiemies
- semels
- masels
- pampoentjies (kindersiekte)
Geen meervoud


Sekere enkelvoude het geen ooreenstemmende meervoudsvorm nie. In sulke gevalle kan die lidwoord 'n ook nie gebruik word nie, byvoorbeeld:
Kyk ook
- Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
- Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
- Wiki: Riglyne vir voorbladartikels
- Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
- Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling
- Wiki: Algemene spelfoute
- Speltoetser
- Spelling
- Woordeboek
- Hoofletter
- Koppelteken
- Deelteken
- Kappie (leesteken)
- Akuut-aksentteken
- Gravis-aksentteken
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir meervoud.
This article uses material from the Wikipedia article Meervoud, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (duhoctrungquoc.vn) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.