Hondsdolheid

Hondsdolheid, ook bekend as rabies (uitgespreek ry-bies), is 'n dodelike virussiekte wat in diere soos honde, jakkalse, meerkatte, hiënas, vlermuise asook die mens voorkom.

Die virus word in speeksel uitgeskei en tas die senustelsel aan. Die virus word deur die byt van 'n doldier na die mens oorgedra. Alle besmette diere is gevaarlik aggressief in die dolstadium van die siekte.

Hondsdolheid
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Hond wat hondsdolheid onder lede het.
'n Hond wat hondsdolheid onder lede het.
ICD-10 A82
DiseasesDB 11148
MedlinePlus   001334
eMedicine med/1374eerg/493 ped/1974
MeSH D011818
Hondsdolheid Mediese waarskuwing

Louis Pasteur het in 1885 'n entstof teen die siekte ontwikkel. Hondsdolheid word veroorsaak deur die Lyssa virus (hondsdolheidvirus). Die siekte word versprei wanneer 'n besmette dier speeksel oordra of wanneer 'n mens of 'n ander dier gebyt of gekrap word. Die speeksel kan die siekte oordra wanneer dit in aanraking kom met die oë, mond of neus. In 99% van hondsdolheidgevalle, in lande waar die siekte voorkom, word dit deur hondebyt veroorsaak. In die Amerikas is vlêrmuisbyte die mees algemene oorsaak van hondsdolheid by mense en minder as 5% is afkomstig van honde. Knaagdiere word selde met hondsdolheid besmet. Die hondsdolheidvirus reis na die brein deur die perifere senuwees te volg. Die siekte kan slegs gediagnoseer word na die aanvang van simptome.

Inentingsprogramme en dierebeheer het die risiko van hondsdolheid, afkomstig van honde, verlaag in talle wêrelddele.

 Hondsdolheid veroorsaak elke jaar ongeveer 24 000 to 60 000 sterftes ter wêreld. Meer as 95% van die sterftes onder mense kom in Afrika en Asië voor. Hondsdolheid is teenwoordig in meer as 150 lande en op al die vastelande behalwe Antarktika. Verskeie lande insluitend Amerika, Kanada, Japan, Australië en Wes-Europa het geen hondsdolheid onder honde nie, en in talle klein eilandnasies is hondsdolheid ook afwesig. In Suid-Afrika is dit endemies en is daar in 2021 nog meer as 'n dosyn gevalle by mense aangeteken. Meer as 3 miljard mense woon in streke van die wêreld waar hondsdolheid voorkom.

Tekens en simptome

Hondsdolheid 
'n Persoon met hondsdolheid, 1959

   Die tydperk wat verloop vandat die infeksie plaasvind in mense totdat die eerste simptome verskyn (inkubasietydperk) duur tipies 1 – 3 maande. Inkubasietydperke so kort as vier dae en langer as ses jaar is gedokumenteer. Die aanvanklike tekens en simptome is dikwels aspesifiek soos bv. koors en hoofpyn. Die hondsdolheid vorder en veroorsaak inflammasie van die brein en/of meninges. Tekens en simptome kan insluit gedeeltelike verlamming, angstigheid, slaaploosheid,verwarring, abnormale gedrag, waansin, hallusinasies en soms selfs 'n koma. Die persoon kan ook hidrofobie ontwikkel.

Mense sterf gewoonlik 2 tot 10 dae nadat die eerste simptome verskyn het. Oorlewing is seldsaam; selfs wanneer die korrekte en intensiewe sorg toegepas word. Jeanna Giese was die eerste pasiënt om in 2004 met die Milwaukee protokol behandel te word, en was ook die eerste mens op rekord om hondsdolheid te oorleef sonder om profilakse te ontvang na blootstelling aan die virus.

Hidrofobie

Hondsdolheid 
'n Hondsdol hond

Hidrofobie of watervrees is die historiese naam vir hondsdolheid.  Dit verwys na bepaalde simptome in die latere stadium van infeksie wat behels dat pasiënte met moeite sluk, paniekerig raak wanneer vloeistof aangebied word en nie hul dors kan les nie. Enige soogdier wat met die virus besmet is, kan met hidrofobie manifesteer.

Die afskeiding van speeksel word uitermate verhoog en enige poging om iets te drink, of self die suggestie om te drink, kan ondraaglike, pynlike spasmas van die spiere in die keel en larinks veroorsaak.

Hidrofobie word algemeen assosieër met rasende hondsdolheid wat 80% van alle mense affekteer wat besmet word. Die oorblywende 20% kan 'n verlammende vorm van hondsdolheid ervaar wat gekenmerk word deur spierswakheid, verlies aan sensasie en verlamming. Hierdie tipe hondsdolheid veroorsaak nie watervrees nie.

Oordrag

 Alle warmbloedige spesies – insluitend mense – kan met hondsdolheid besmet raak en simptome ontwikkel.

Die virus is gewoonlik teenwoordig in die senuwees en speeksel van 'n simptomatiese doldier. Die roete van infeksie is gewoonlik, maar nie altyd nie, deur die byt van 'n besmette dier. In baie gevalle is die besmette dier uitermate aggressief en vertoon hulle nie-kenmerkende gedrag.

Oordrag van mens tot mens is baie seldsaam, alhoewel 'n paar gevalle aangemeld is deur oorplantingchirurgie. Terloopse kontak, soos om aan iemand te raak wat hondsdolheid het, of om kontak te maak met nie-aansteeklike vloeistof of weefsel (urine, bloed, ontlasting), konstitueer nie blootstelling nie en vereis ook nie na-blootstelling profilakse nie. Die virus is wel teenwoordig in semen en vaginale vloeistof en kan deur seksuele kontak versprei.

Nadat 'n mens deur 'n byt geinfekteer is, dring die virus die perifere senuweestelsel binne. Dit volg dan die afferente senuwees in die rigting van die sentrale senuweestelsel. Gedurende hierdie fase is dit moeilik om die virus in die gasheer waar te neem. Wanneer die virus die brein bereik veroorsaak dit enkefalitis; die prodromale stadium wat die beginpunt van die simptome is. Wanneer die pasiënt simptome begin vertoon, is die behandeling nie meer effektief nie en die mortaliteit is 99%.

Diagnose

 Hondsdolheid kan baie moeilik wees om te diagnoseer omdat dit maklik verwar word met ander siektes of met blote aggressiwiteit. Bevestiging van die diagnose word deur fluoresserende teenliggaamtoetse gedoen, 'n immunohistochemiese prosedure wat deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie aanbeveel word. Die mikroskopiese analise van monsters is die enigste direkte manier om die hondsdol antigeen te identifiseer binnne 'n kort tyd en teen verlaagde koste – ongeag die geografiese oorsprong en status van die gasheer. Diagnose kan ook baie betroubaar na-doods gedoen word op monsters van die brein. Alhoewel diagnose ook moontlik is van speeksel, urine en serebrospinale vloeistofmonsters, is dit nie so sensitief en betroubaar soos breinmonsters nie. Indien moontlik, moet die dier wat betrokke was by die toediening van die byt, ook ondersoek word vir hondsdolheid.  As dit moontlik is moet die dier wat betrokke is by die byt, ook ondersoek word vir hondsdolheid.

Goedkoper diagnose sal beskikbaar raak vir lae-inkomste omgewings; akkurate diagnose kan gemaak word teen 'n tiende van die koste van tradisionele toetsing deur gebruik te maak van ligmikroskopietegnieke.

Voorkoming

 Byna alle gevalle van hondsdolheid was fataal totdat 'n entstof in 1885 deur Louis Pasteur en Emile Roux ontwikkel is. Hulle oorspronklike entstof is geoes uit besmette hase nadat die virus in die senuweeweefsel uitgedroog is vir 5 tot 10 dae om dit te laat verswak. Soortgelyke entstowwe, afkomstig van senuweeweefsel, word steeds in sommige lande gebruik en dit is baie goedkoper as moderne selkultuur-entsof.

Die Missouri Departement van Gesondheid se verslag (The Missouri Department of Health and Senior Services Communicable Disease Surveillance 2007 Annual Report) dui aan dat daar maatreëls is wat die risiko verlaag om hondsdolheid op te doen:

  •  Katte en honde moet geënt word teen hondsdolheid
  • Troeteldiere moet onder toesig gehou word
  • Geen wilde of rondloperdiere moet hanteer word nie
  • Maak kontak met dierebeheer-owerhede wanneer diere opgemerk word wat rondloop of vreemde gedrag vertoon
  • Was bytplekke met seep en water vir 10–15 minute en kry mediese hulp om te bepaal of na-blootstelling profilakse benodig word.

28 September is Internasionale dag teen Hondsdolheid wat poog om inligting te versprei en die voorkoming van die siekte bevorder.

Behandeling

Behandeling na blootstelling kan die siekte verhoed, indien die behandeling binne 10 dae van infeksie toegedien word. Was die wond so gou as moontlik met seep en water vir sowat vyf minute. Povidoonjodium of alkohol word aanbeveel om die virus verder te verswak.

Wanneer 'n vlermuis in die slaapkamer gevind word, word dit beskou as 'n rede om na-blootstelling profilakse (post-exposure prophylaxis, PEP) toe te pas omdat 'n mens nie weet of die dier jou dalk in die nag gebyt het nie. Wanneer dit sonder verwyl toegedien word, is  PEP 100% doeltreffend teen hondsdolheid.

Prognose

In mense wat nie geënt is nie, is hondsdolheid byna altyd noodlottig nadat neurologiese simptome ontwikkel het.

Vyf van die eerste 43 pasiënte (12%) wat behandel is met die Milwaukee-protokol, het oorleef  en diegene wat behandeling ontvang het, het langer oorleef as diegene wat nie behandel is nie.

Ander soogdiere

Hondsdolheid is aansteeklik in soogdiere; drie fases word erken. Die eerste fase is 'n een- tot drie dag tydperk wat gekenmerk word deur gedragsveranderinge en is bekend as die prodromale fase. Die tweede is die opwekkende stadium, wat drie tot vier dae duur. Hierdie fase is dikwels bekend as "woedende hondsdolheid", vanweë die neiging van die betrokke dier om hiper-reaktief te wees teenoor eksterne stimuli en enigiets te byt wat naby is. Die derde is die verlamde stadium en word veroorsaak deur skade aan die motorneurone. Inkoördinasie word opgemerk weens verlamming in die agterste ledemate; slagoffers kwyl en sukkel om te sluk, wat veroorsaak word deur die verlamming van die gesig- en keelspiere. Die dood word gewoonlik veroorsaak deur respiratoriese arres.

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Tags:

Hondsdolheid Tekens en simptomeHondsdolheid DiagnoseHondsdolheid VoorkomingHondsdolheid BehandelingHondsdolheid PrognoseHondsdolheid Ander soogdiereHondsdolheid VerwysingsHondsdolheid BronHondsdolheid Eksterne skakelsHondsdolheidDierHiënaHondJakkalsMeerkatMensVirusVlermuis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofstadSinoniemMierHeks van HexrivierUitwerking van klimaatsveranderingMisdaadAkademiaHernubare energieKlimaatveranderingAarde se atmosfeerDuitsHulpwerkwoordKongo-krisisGroepsdrukBoelieryVloeistofHolocaustKatjieNiersteenSean CombsKalsiumMorfologie (taalkunde)Migrasie van voëlsWortelWhatsAppProvinsies van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteFotoLewerKoolhidraatLys van Kaapstad se voorstedeAborsie in Suid-AfrikaJakkalsElektrodeNamibwoestynPubliekOopbroninhoudVaste stofNeurenberg-verhoreDokterFranse RewolusiePornografieHannes van WykSwartrenosterLys van Afrikaanse televisiereekseSeksueel oordraagbare infeksieVraag en aanbodSonKatWerwelkolomMenseregteTydVersamelnaamMenslike seksuele gedragCleopatra VIIOrale seksAfvalbestuurVoortrekkermonumentHartAtriale fibrillasieBloeddrukKaapstadVoegwoordMusieksimboleWikiquoteIndiëStollingsgesteenteCorioliskragKerrieAartappelEk is 'n Afrikaan (toespraak)Dialoog in fiksieErektiele disfunksieSwart nasionalismeGlas🡆 More