Sosialisme: Politieke ideologie

Sosialisme is 'n ekonomiese en politieke stelsel waar die werkers (en nie hul werkgewers nie) beheer oor die produksiemiddele, soos masjinerie en landbougrond uitoefen.

Mense wat so 'n koöperatiewe samelewing bepleit word sosialiste genoem. Hulle glo daaraan dat goedere en dienste vir menslike gebruik, en nie vir winste geproduseer moet word nie. Sosialiste glo dat alles in die samelewing deur die koöperatiewe pogings van sy lede vervaardig moet word.

Sosialisme: Geskiedenis, Sien ook, Verwysings
New Harmony, 'n model gemeenskap soos deur Robert Owen in 1838 voorgestel

Daar is verskeie vorme van sosialisme, en geen enkele definisie dek die totale spektrum nie. Hulle stem ooreen in die opsig dat die werkers die hulpbronne en produksiemiddele moet besit. Hulle verskil egter van mekaar in terme van die rol van die vryemark en beplanning, asook die rol van bestuurders en die regering se rol in die ekonomie.

Geskiedenis

Robert Owen was die eerste sosialis. Sy volgelinge begin hulself in 1841 sosialiste te noem. Hy word steeds as die pionier van die Koöperatiewe Beweging in Brittanje beskou. Hy was van mening dat die werkers die maatskappye waar hulle werk moet besit. Die werkers sal dan die winste regverdig onder mekaar verdeel. Hy het so 'n nuwe model fabriek in New Lanark, Skotland opgerig.

Karl Marx is die bekendste sosialis, maar is eerder die argitek van die teorieë oor sosialisme en kommunisme. Hy het 'n omvattende boek oor kapitalisme, sosialisme en kommunisme geskryf, genaamd "Die Kommunistiese Manifes". Friedrich Engels was 'n mede-skrywer, en het baie van Marx se werk en navorsing befonds.

Verskeie sosialistiese politieke partye is gedurende die 19de eeu en vroeë deel van die 20ste eeu gevorm. Linkse politieke partye is oor die algemeen nuwer as hul regse eweknieë.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sosialisme GeskiedenisSosialisme Sien ookSosialisme VerwysingsSosialisme Eksterne skakelsSosialismeEkonomiePolitiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SinoniemToutrekLys van Afrikaanse rolprenteGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaCovid-19-pandemieMenseregtePersSomerWêreld- Ekonomiese ForumDroogteDoopOnderwysKnopiespinnekopWoestynStedelike hitte-eilandMusieksimboleBloedsomloopstelselBiologieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsBeroerteVennootskapIndiëGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondHerfsCalviniaYstertydperkWiki CommonsBurgerregteMusiekPussy RiotAfro-AmerikanersOnse VaderAfrikaanse woordelys en spelreëlsNieuwoudtvilleProstaatklierSeksMonopolieHeupVeeartsNasionale VrouedagJudaïsmeMandalaGroot Muur van ChinaSelfstandige naamwoordXenofobieMuskietBysteekNG gemeente JansenvilleGroot TrekKaapse florarykGoogleMisdaadHartversakingMcDonald'sMiteTeam Fortress 2Kongo-krisisBelastingProteïenReg tot ‘n gesonde omgewingNasiebouInligtingChemiese reaksieHondRenosterSarel Jacob PretoriusAarde se atmosfeerReënDieregeluide1200AnilingusPseudowetenskapKlereKatKangaroeMIV/vigs in Suid-Afrika🡆 More