Oeigoere

Die Oeigoere (Oeigoers: ئۇيغۇر, Уйғур, Uyghur, ; Chinees: 维吾尔族, Pinyin: Wéiwúěr zú) is 'n Turkse etniese groep inheems aan Sentraal-Asië.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oeigoers.

Hulle woon hoofsaaklik in Xinjiang, 'n "outonome" provinsie van die Volksrepubliek China. Hulle is aan ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Turke en Turkmene verwant. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Turkestan, Oos-Turkmenistan of Oeigoeristan verwys.

Oeigoere
Oeigoere
Jong Oeigoere in Xinjiang
Totale bevolking: ca. 20 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Volksrepubliek China China 10–15 miljoen

Vlag van Kasakstan Kasakstan 223 100
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 55 220
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië ~50 000
Vlag van Kirgisië Kirgisië 49 000
Vlag van Turkye Turkye 45 800
Vlag van Rusland Rusland 3 696
Vlag van Oekraïne Oekraïne 197

Taal: Oeigoers
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene
Oeigoere
Vlag van Oos-Turkestan en die Oeigoere, Kök Bayraq ("blou banier")
Oeigoere
Verspreiding van etniese groepe in Xinjiang, Volksrepubliek China
Oeigoere
Verspreiding van taalfamilies in Xinjiang, Volksrepubliek China
Oeigoere
Oeigoeriese kinders in die historiese middestad van Hotan

Wêreldwyd leef omtrent 20 miljoen Oeigoere, waarvan tussen 10 en 15 miljoen in Xinjiang. In die Volksrepubliek China behoort die Oeigoere tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Kasakke, Oesbeke en Kirgisiërs. Oeigoere is naas Han-Chinese, Zhuang, Hui-Chinese en Mantsjoes die vyfde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Nes Hui-Chinese is Oeigoere een van die grootste groep Moslems in die Volksrepubliek China.

Massale immigrasie van etniese Han-Chinese is egter besig om die inheemse bevolking te verdring en hulle kultuur te vernietig.

Daar is diasporagemeenskappe van Oeigoere in Pakistan, Kasakstan, Kirgisië, Mongolië, Oesbekistan, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Turkye; asook 'n kleiner een in Taoyuan in die Hunan-provinsie van China. Oeigoerse woonbuurte kan in die groot Chinese stede soos Beijing en Sjanghai gevind word. Daar is ook klein, maar aktiewe Oeigoerse gemeenskappe in die Verenigde State van Amerika, veral in Los Angeles, San Francisco, New York Stad en Washington, D.C.; sowel as Toronto en Vancouver in Kanada.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AzerbeidjannersChineesEtniese groepKasakkeKirgisiërsOeigoersOesbekePinyinSentraal-AsiëTurkeTurkmeneTurkse volkeVolksrepubliek ChinaXinjiang

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JudaïsmeStereotipeSkaakOudtshoornMaatskappyGesonde dieetNommertekenAfrikaanse WikipediaAnrich HerbstMagnetismeRobert SobukweElektrolietHerpes simplexRefleksieHoofpynEmfiseemPerdBreinPaasfeesHokkieRefentse MorakeKompasDuitsBelastingVraag en aanbodWinnie Madikizela-MandelaNiemetaalDistrik SesDaggaAfleiding (taalkunde)Heks van HexrivierSportMilitêre diensplig in Suid-AfrikaCradock-4Steve BikoKriekLugbesoedelingEkonomiese sektorDie Stem van Suid-AfrikaSatellietVergelykings (taalkunde)DubbelpuntHoenderDroomBernice WestMierPornografieLys van nedersettings in Suid-AfrikaAl-Fatiha3D-rolprentSpinnekopSosiale mediaTekstielBlaarBorsteDriedimensioneelVaalrivierBek-en-klouseerElektrodeLetterlike en figuurlike taalgebruikToerismeBorsSikloonVulvaAkuutKerngeneeskundeMahatma GandhiWoestynUitwerking van klimaatsveranderingOrthopteraSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieEjakulasieHindoeïsmeByFinansiële staat🡆 More