Soenni: Grootste tak van Islam

Soenni (Arabies: سُنِّي, Sunnī) is die grootste tak van Islam.

Die naam kom van die woord "Soenna", wat as die voorskrifte van die profeet Mohammed beskou word. Die verskil tussen Soenni en Sjia is dat hulle glo verskillende kaliefs het Mohammed opgevolg; dit het later groter politieke, teologiese en juridiese afmetings aangeneem. Soenni word ook Soennisme genoem en hul aanhangers Soenni's of Soenniete.

Soenni: Kalifaat, Volgelinge, Verwysings
Lande met ’n Moslemgemeenskap van meer as 5%.

   Soenni

   Sjia

   Ibadi

Soenni: Kalifaat, Volgelinge, Verwysings
Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Soenni: Kalifaat, Volgelinge, Verwysings
Lande onder die gesag van die Ottomaanse Kalifaat in 1683

Volgens die Soennitiese tradisie het Mohammed nie ’n opvolger aangewys nie en sy volgelinge het dus ná sy dood sy skoonpa, Aboe Bakr, in ooreenstemming met die Soenna as die eerste kalief gekies. Dit bots met die siening van die Sjiiete, wat glo Mohammed het sy skoonseun en neef Ali ibn Abi Talib tydens die gebeure by Ghadir Khumm as sy opvolger aangewys.

Ali het eindelik die vierde kalief geword. Anders as die drie kaliefs voor hom, was hy van dieselfde clan as Mohammed, Banu Hashim. Die feit dat hy ’n bloedverwant van Mohammed was, is nog ’n rede hoekom die Sjiiete hom as die profeet se regmatige opvolger beskou. Politieke spanning tussen die Soenniete en Sjiiete het deur die loop van die Islamitiese geskiedenis voortgeduur, met wisselende mates van intensiteit. Dit is in onlangse tye vererger deur etniese konflikte en die opkoms van Wahabisme.

Soenniete maak 87-90% van die wêreld se Moslems uit. Dit is die grootste godsdiensdenominasie, gevolg deur die Rooms-Katolieke Kerk.

Die Koran en hadit vorm die basis van die geloof en sjaria-uitsprake word hoofsaaklik op grond van dié bronne gemaak.

Kalifaat

Die term "kalifaat" verwys na die eerste regeringstelsels in Islam en verteenwoordig die politieke mag en eenheid van die Moslemwêreld. Dit was aanvanklik bekend as die Rasjidoen-kalifaat en het ’n kalief aan die hoof gehad wat dikwels bekend was as Amir al-Mu'minin (أمير المؤمنين), "Aanvoerder van die Gelowiges". Die eerste vier kaliefs volgens die Soenniete was die sogenaamde "reggeleide" kaliefs: Aboe Bakr As-Siddiq, Omar ibn al-Khattab, Oethman ibn Affan en Ali ibn Abi Talib.

Hierna het Soenni verskillende heersers as kalief erken totdat die kalifaat op 3 Maart 1924 in Turkye grondwetlik afgeskaf is. Die Ottomaanse Ryk was ses eeue lank die grootste Soennitiese ryk in die wêreld. Met sy val ná die Eerste Wêreldoorlog en die ontstaan van Turkye het die kalifaat tot ’n einde gekom. Dit het gelei tot Islamitiese protesbewegings soos die Kalifaatbeweging in Indië, wat ná sy onafhanklikwording van Brittanje in die Soenni-oorheerste Pakistan en die sekulêre Indië verdeel is. Pakistan is later weer verdeel in Pakistan en Bangladesj.

Die val van die Ottomaanse Kalifaat het ook gelei tot die opkoms van Saoedi-Arabië, ’n absolute monargie wat die steun gehad het van Brittanje en Muhammad ibn Abd al-Wahhab, die stigter van Wahabisme. Dit het ’n aansienlike toename in aanhangers van Wahabisme, Salafisme en Djihadisme meegebring.

’n Gevolg van die Koue Oorlog was dat Afgaanse vlugtelinge in Pakistan aangespoor is om radikaal te raak. Hulle is opgelei en bewapen om te veg teen die kommunistiese regering, wat deur die Sowjetunie gerugsteun is, en dit het gelei tot die stigting van die Taliban. Die Taliban het die mag van die kommuniste in Afganistan oorgeneem en ’n regering saamgestel onder die leierskap van Mohammed Omar, wat aangespreek is as die "emir van die gelowiges", ’n eretitel vir die kalief. Die Talibanregering is deur Pakistan en Saoedi-Arabië erken tot nadat die aanvalle op 11 September 2001 deur Osama bin Laden, ’n Saoedi van geboorte wat deur die Taliban skuilplek aangebied is, gelei het tot ’n oorlog teen terreur en die Taliban.

Die gebeure van die 20ste eeu het gelei tot gegriefdheid in sekere Soennitiese gemeenskappe oor die verlies in aansien in voorheen Soennities oorheerste gebiede soos die Levant, Mesopotamië, die Balkan, die Kaukasus en die Indiese subkontinent. Die jongste poging deur ’n groep Salafi's om weer ’n Soennitiese kalifaat te vestig kan gesien word in die verskyning van die Islamitiese Staat, waarvan die leier, Abu Bakr al Baghdadi, onder sy volgelinge bekend is as kalief en Amir-al-maumineen ("Aanvoerder van die gelowiges"). Djihadisme word egter van binne die Moslemgemeenskap teengestaan.

Volgelinge

Soenniete glo die volgelinge van Mohammed was die beste Moslems. Dié geloof is gebaseer op profetiese tradisies soos die een verhaal wat vertel word deur Abdullah, seun van Masoed, waarin Mohammed gesê het: "Die beste mense is my generasie, dan dié wat ná hulle kom, dan dié wat ná hulle kom." Soenniete glo ook die metgeselle was ware gelowiges, want dit was hulle wat die taak opgelê is om die Koran saam te stel. Verder word vertellings deur die metgeselle (hadit) deur die Soenniete beskou as ’n tweede bron van kennis oor die Islamitiese geloof.

In ’n studie waarvan die resultate in Januarie 2011 gepubliseer is, is bevind daar is 1,62 miljard Moslems oor die wêreld heen, en daar word geraam 85-90% van hulle is Soenniete.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Soenni KalifaatSoenni VolgelingeSoenni VerwysingsSoenni Eksterne skakelsSoenniArabiesIslamKaliefMohammedSjiaSoenna

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LuiperdNatuurrampAlkoholismeDuitslandWynand StrydomKernkragWebblaaierHemelvaartsdagLMagnesiumHomoniemWikimedia-stigting7de LaanSuikersiekteJesus van NasaretNagapieGqeberhaLys van nedersettings in Suid-AfrikaMateriaalSwitserlandTranspirasieCSSVraag en aanbodLetterlike en figuurlike taalgebruikNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaPols-oksimeterNederlandsPikkewynAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSonnestelselSonja HerholdtMaroela MediaYsterFiksieRivierOorstromingSkildklierViëtnamSuid-Afrikaanse WeermagWaterKorrupsieWerkersdagOrthopteraHulpwerkwoordRenaissanceKasteel die Goeie HoopWhatsAppBonné de BodVakbondSophie SchollNiersteenReg tot ‘n gesonde omgewingVerenigde KoninkrykRonelda KamferTrevor NoahAarde se atmosfeerWet op NaturellengrondIronieHoofkarakterMetamfetamienWinnie Madikizela-MandelaTwaalf Stamme van IsraelAfrikanersArmoedeverligtingVeeartsWaterbesoedelingHeuningKunsVerkragtingFranklin D. RooseveltGeskiedenis van die BoererepubliekeWerkwoordSkaakInfeksie🡆 More