Turke

Die Turke (Turks: Türk milleti of Türkler), ook bekend as Anatoliese Turke (Anadolu Türkleri), is 'n Turkse etniese groep inheems aan Turkye en hulle praat Turks, 'n Turkse taal, as moedertaal.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turks.

Hulle is die grootste etniese groep in Turkye sowel as die grootste etniese groep onder die sprekers van Turkse tale. Etniese Turkse minderhede bestaan in die lande van die voormalige Ottomaanse Ryk. Daarbenewens het 'n Turkse diaspora deur 'n moderne migrasie gevestig, veral in lande van Wes-Europa.

Turke
Turke
Sommige van die beroemde of produktiewe Turke regoor die wêreld
Totale bevolking: ca. 63–69 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Turkye Turkye 55,6–60 miljoen

Vlag van Duitsland Duitsland 2,7–2,8 miljoen
Vlag van Bulgarye Bulgarye 588 318–800 000
Vlag van Irak Irak 500 000–600 000
Vlag van Frankryk Frankryk 500 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 500 000
Vlag van Nederland Nederland 396 414–500 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 350 000–500 000
Vlag van Turkse Republiek van Noord-Siprus Turkse Republiek van Noord-Siprus 280 000
Vlag van België België 200 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 196 222–500 000
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 150 000–200 000
Vlag van Rusland Rusland 109 883–150 000
Vlag van Kasakstan Kasakstan 104 792–150 000
Vlag van Swede Swede 100 000–150 000
Vlag van Sirië Sirië 100 000
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 77 959
Vlag van Switserland Switserland 70 440
Vlag van Australië Australië 66 919–150 000
Vlag van Jordanië Jordanië 60 000
Vlag van Libanon Libanon 50 000–80 000
Vlag van Libië Libië 50 000
Vlag van Griekeland Griekeland 49 000–80 000
Vlag van Kirgisië Kirgisië 40 953–50 000
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 38 000–110 000
Vlag van Denemarke Denemarke 28 892
Vlag van Roemenië Roemenië 27 700
Vlag van Kanada Kanada 24 910
Vlag van Italië Italië 22 580
Vlag van Israel Israel 22 000
Flag of Kosovo Kosovo 18 738
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 15 000–20 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 8 844
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 3 500

Taal: Turks
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam (nie-konfessionele • Alawitisme • Bektashisme • Twaalfer-Sjiïsme • Jafari)
Minderhede ongebonde • Christendom
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs en Turkmene

Die verspreiding van die Turke het veral met die uitbreiding van die Ottomaanse Ryk gepaard gegaan. Daardeur het hulle op die Balkanskiereiland, in die Midde-Ooste en Noord-Afrika gevestig. As gevolg daarvan leef Turkse minderhede nog in lande buite Turkye soos Bulgarye, Griekeland, Irak, Siprus, Sirië en Roemenië. Maar as gevolg van die Ottomaanse Ryk se verbrokkeling en ontbinding na die neerlaag in die Eerste Wêreldoorlog het die meeste Turke in Turkye gevestig.

Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", en die regering het Turke genooi om in dié land te gaan werk en woon. Sulke kontrakte het die Turkse regering onder andere met Europese lande soos België, Frankryk, Nederland, Oostenryk en Swede gesluit.

In Suid-Afrika het die Turkse immigrasie in die 19de eeu begin, nadat die destydse Britse Kaapkolonie en die Ottomaanse Ryk in 1861 diplomatiese verhoudings gesluit het. Tans leef sowat 3 500 Turke in Suid-Afrika, veral in groot stede soos Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepMoedertaalOttomaanse RykTurksTurkse taleTurkse volkeTurkyeWes-Europa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VersamelnaamSterMangelMadison IvyKaapse VlakteVolksrepubliek ChinaSelfoonVerenigde State van AmerikaVerkleurmannetjieHoofkarakterAfrikaanse Taalmonument (Welkom)HeelgetalNatuurbewaringSteenkoolSosiale mediaPlae van EgiptePolisieGoogleHibernasieGautengAkademiaSwawelGroepsgebiedewetE-posLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBybelSuikersiekteDundermSiya KolisiBorskankerJazzVoortrekkermonumentJohnny RapidSteve BikoKletsrymBruin huisslangKankerKompasRob HersovPeriodieke tabelCarike KeuzenkampCristiano RonaldoLys van NG gemeentesNic de JagerKaapstadStedelike hitte-eilandSpeelkaartLongontstekingSinoniemBorsteHulpwerkwoordKlein gekolde katLien se lankstaanskoeneSuid-EuropaLys van medisinale kruieGeestesteuringArabiesHeupNeo-NazismeWillie JoubertSpinnekopKewerTrigeminale neuralgieDurbanStam (taalkunde)KatRina HugoTermietKangogrotteVoegwoordPastoorLyfstraf in skoleGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaDroomMonopolieDagboekLys van myne in Suid-AfrikaAkkedis🡆 More