Azerbeidjanners: Die tweede grootste Turkse etniese groep

Die Azerbeidjanners (Azerbeidjans: Azərbaycanlılar, آذربایجانلیلار) of Azeris (Azərilər, آذریلر), ook bekend as Azerbeidjanse Turke (Azərbaycan Türkləri آذربایجان تورکلری), vorm naas die Turke die tweede grootste Turkse etniese groep, die grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en naas die Perse die tweede grootste etniese groep in Iran.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Azerbeidjans.

Hulle vorm die titulêre nasie van Azerbeidjan, waar hulle sowat 91,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Azerbeidjans, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Azerbeidjanners
Azerbeidjanners: Die tweede grootste Turkse etniese groep
Totale bevolking: ca. 28–35 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Iran Iran meer as 15 miljoen óf

12,9–18 miljoen óf
18–27 miljoen
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 8,2 miljoen
Vlag van Rusland Rusland 603 070–1,5 miljoen
Vlag van Turkye Turkye 530 000–800 000
Vlag van Georgië Georgië 284 761
Vlag van Kasakstan Kasakstan 85 292
Vlag van Oekraïne Oekraïne 45 176
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 44 400
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan 33 365
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 24 377–400 000
Vlag van Nederland Nederland 18 000
Vlag van Kirgisië Kirgisië 17 823
Vlag van Duitsland Duitsland 15 219
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 7 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 6 220
Vlag van Belarus Belarus 5 567
Vlag van Kanada Kanada 4 580
Vlag van Letland Letland 1 657
Vlag van Oostenryk Oostenryk 1 000
Vlag van Estland Estland 923
Vlag van Litaue Litaue 648
Vlag van Noorweë Noorweë 501
Vlag van Australië Australië 290

Taal: Azerbeidjans
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Sjiitiese Islam, minderhede van Soenniete, Baha’i, Zoroastrisme, ongebonde, Christendom
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene; Perse
Azerbeidjanners: Die tweede grootste Turkse etniese groep
Etniese kaart van die Kaukasus-streek
Azerbeidjanners: Die tweede grootste Turkse etniese groep
Sjah Ismail I (1487–1524), stigter van die Safawidiese Ryk in 1501, was van Azerbeidjanse afkoms

Wêreldwyd leef tussen 28 en 35 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 15 miljoen in Iran en sowat 8,2 miljoen in Azerbeidjan. In Iran leef hulle veral in die noordooste in die streek Azerbeidjan, saam met minderhede soos Koerde, Armeniërs en Perse. Hulle vorm die meerderheid in die vier Irannese provinsies van Wes-Azerbeidjan, Oos-Azerbeidjan, Ardabil en Zanjan. In Rusland leef tussen 603 070 en 1,5 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 130 000 in die Noord-Kaukasiese Republiek van Dagestan. In Turkye leef tussen 530 000 en 800 000 Azerbeidjanners, veral in die oostelike provinsies van Iğdır en Kars. 284 761 Azerbeidjanners leef in die suidooste van Georgië, waar hulle 6,5% van dié land se bevolking uitmaak en die grootste etniese minderheid vorm.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AzerbeidjanAzerbeidjansEtniese groepIranKaukasusMoedertaalNasiePerseTurkeTurkse taleTurkse volke

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfieSowjetunieVormVoedingLys van Afrikaanse televisiereekseHibernasieSuider-AfrikaLiewe HeksieKoos BekkerOrgasmeWetenskapVolhoubare ontwikkelingDesmond TutuCheslin KolbeVerlede tydAtlantiese OseaanNaaldekokerMiltKlimaatveranderingSlangSikloonAppelMigrasie van voëlsCradock-4HaaieErosietipesSlawernySeksuele stimulasieOntdekking van die chemiese elementeBrandstofMagnetismeKriekPlae van EgipteDwelmmiddelMetaalKompasNatuurrampLien se lankstaanskoenePaarl GimnasiumKrimpvarkieVersamelnaamNG gemeente MurraysburgNG gemeente TheunissenAnneli van RooyenHindoeïsmeLys van Suid-Afrikaanse musikanteLys van medisinale kruieGrondAardedagSuid-Afrikaanse InkomstediensJaco JacobsUitwerking van klimaatsveranderingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVersoeningsdagLys van Kaapstad se voorstedeTweede VryheidsoorlogVryheidsdagJohn Brown (aktivis)VerkleurmannetjiePampoentjies20ste eeuNederduitse Gereformeerde KerkMeningsverskil oor aardverwarmingEben EtzebethSeksismeNatriumKoolhidraatWitbloedselMaagsweerDroomDesimale breukeOopbroninhoudE-posSASOLWiskundeHeidelberg, Gauteng🡆 More