Armene

Die Armene of Armeniërs (Armeens: հայեր, hayer ) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Armenië en die omstrede Republiek van Nagorno-Karabach wat Armeens, 'n Indo-Europese taal, as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Armeens.

Hulle vorm naas die Azerbeidjanners die tweede grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en die titulêre nasie van Armenië, waar hulle sowat 98% van dié land se bevolking uitmaak.

Armene
Armene
Totale bevolking: ca. 6–8 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Armenië Armenië ~3 miljoen

Vlag van Rusland Rusland 1,2–2,9 miljoen
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 483 366–1,5 miljoen
Vlag van Frankryk Frankryk 250 000–750 000
Vlag van Georgië Georgië (uitsluitende Abchasië) 248 929
Vlag van Republiek Artsach Republiek Artsach 146 573
Vlag van Iran Iran 120 000
Vlag van Libanon Libanon 100 000
Vlag van Sirië Sirië 100 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 100 000
Vlag van Griekeland Griekeland 80 000
Vlag van Argentinië Argentinië 70 000
Vlag van Turkye Turkye 60 000
Vlag van Kanada Kanada 55 740
Vlag van Pole Pole 50 000
Vlag van Abchasië Abchasië 41 864

Taal: Armeens
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Christendom: Armeens-Apostoliese Kerk • Rooms-Katolieke KerkProtestantisme
Verwante etniese groepe: Ander Indo-Europese volke
Armene
Hayk, die legendariese stigter en apostel van die Armeense nasie – skildery deur Mkrtum Hovnatanian (1779–1846)

Die meeste Armene is aanhangers van die Armeens-Apostoliese Kerk, die wêreld se oudste nasionale kerk. Die Christendom het kort ná Jesus Christus se dood Armenië bereik as gevolg van die twee apostels Thaddeüs en Bartolomeüs se suksesvolle pogings. In die 4de eeu het die Koninkryk van Armenië die eerste land geword wat die Christendom as 'n staatsgodsdiens aanvaar het, nog voor die destydse Romeinse Ryk.

As gevolg van die Armeense volksmoord (1915–1916) in die Ottomaanse Ryk tydens die Eerste Wêreldoorlog het 'n groot Armeense diaspora in Westerse lande en die destydse Russiese Ryk gevestig. Wêreldwyd leef tussen 6 en 8 miljoen Armene, waarvan meer as 3 miljoen in Armenië, tussen 1,2 en 2,9 miljoen in Rusland, tussen 483 366 en 1,5 miljoen in die Verenigde State en tussen 250 000 en 750 000 in Frankryk. Die klein Armeense gemeenskap in Suid-Afrika word op sowat 200 siele beraam.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArmeensArmeniëAzerbeidjannersEtniese groepIndo-Europese taleKaukasusMoedertaalNasieRepubliek van Nagorno-Karabach

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DriehoekLys van myne in Suid-AfrikaSeekoeiAnglo-BoereoorlogOnderwerp (taalkunde)WolfSirkelBestuiwingDonkieLeierReg tot ‘n gesonde omgewingInnes en Franna BenadéApokriewe boekePeriodieke tabelSoutsuurKoolstofdioksiedWaterSkuinsstreepVlekvrye staalTrappe van vergelykingWoordeskatWitbloedselAardkorsCorioliskragMiddelmisbruikMaatskappyGeslagsgelykheidWinterDemokrasieBiodiversiteitVryheidsdagEngelandCleopatra VIIAluminiumCovid-19-pandemieRenaissanceOm-te-infinitiefkonstruksieTerracottaleërKitaarYouTubeNierversakingReënNatuurlike hulpbronFinansiële staatMonopolieSwart menseGevolge van aardverwarming op oseaneMona LisaDruiweVerantwoordelikheidSteenkool in Suid-AfrikaMisdaadromanSublimasieBoomslangTelkomFinale OplossingBlaarJan van TonderGeelsugZack du PlessisKlimaatsverandering in Suid-AfrikaErosieTrekarbeidWerkloosheidKrieketVlagterminologieSelfvertroueWêreldwye webHartseerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyDemokratiese AlliansieMenseregtedagKleurIndustriële RevolusieBywoordAsemhaling🡆 More