Perse

Die Perse (Persies: پارسیان) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Iran en hulle praat Persies, 'n Irannese taal.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Persies.

Hulle is die grootste etniese groep in Iran sowel as die grootste etniese groep onder die sprekers van Irannese tale. Perse vorm die titulêre nasie van Iran, wat tot 1935 as Persië bekend gestaan het, waar hulle 65% van dié land se bevolking uitmaak. Etniese Persiese minderhede bestaan in die lande van die ou Persiese Ryk. Daarbenewens het 'n Persiese diaspora deur 'n moderne migrasie gevestig, veral in Wes-Europa.

Perse

PersePersePersePersePerse
PersePersePersePersePerse
PersePersePersePersePerse
PersePersePersePersePerse
PersePersePersePerse


Totale bevolking: ca. 90 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Iran Iran ~50 miljoen

Vlag van Turkye Turkye 618 000
Vlag van Irak Irak 405 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 331 000
Vlag van Israel Israel 250 000
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 238 250
Vlag van Duitsland Duitsland 200 000
Vlag van Kanada Kanada 173 760
Vlag van Rusland Rusland 172 303
Vlag van Bahrein Bahrein 172 000
Vlag van Katar Katar 160 000
Vlag van Swede Swede 146 320
Vlag van Maleisië Maleisië 100 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 83 000
Vlag van Australië Australië 70 623
Vlag van Nederland Nederland 35 561
Vlag van Oostenryk Oostenryk 33 000–36 000
Vlag van Japan Japan 19 000
Vlag van Frankryk Frankryk 18 376
Vlag van Noorweë Noorweë 17 913
Vlag van Spanje Spanje 12 344
Vlag van Denemarke Denemarke 8 977
Vlag van Italië Italië 7 444
Vlag van Switserland Switserland 4 044
Vlag van Libanon Libanon 4 000–5 000
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 2 895
Vlag van Portugal Portugal 339

Taal: Persies, Luri
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Sjiïtiese Islam, asook Soennitiese Islam, Soefisme, ongebonde, Christendom, Baha’i, Judaïsme, Zoroastrisme
Verwante etniese groepe: Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Pasjtoene en Tadjiks; Azerbeidjanners
Perse
Kostuums van 'n antieke Persiese edelman en soldate

Die benaming is afgelei van die streek Persis noord van die Persiese Golf in die hedendaagse Iran. Vanaf hier het Kores die Grote, die stigter van die Achaemenidiese Ryk, in die 5de eeu v.C. al die ander Irannese ryke (soos die Mede) verenig en met die uitbreiding van sy ryk begin. Die verspreiding van die Perse het met die ekspansie van die Persiese Ryk gepaard gegaan. Hulle het in die streke van die Kaukasus, die Midde-Ooste, Sentraal-Asië en Noord-Indië gevestig. In hierdie tydperk was die Perse veral aanhangers van die Zoroastrisme, die amptelike godsdiens van die Persiese Ryk.

Na die Arabiese verowering van Persië tussen 633 en 654 het die meeste Perse die Sjiïtiese Islam as nuwe godsdiens aanvaar en die Sassanidiese Ryk is by die Rasjidoen-kalifaat (632–661) ingelyf. Dit is opgevolg deur die Omajjadiese Kalifaat (661–750) en die Abbasidiese Kalifaat (750–1258). In 1259 is die gebied deur Möngke Khan verower en by die Mongoolse Ryk ingelyf wat in 1370 deur die Timoeriede-dinastie vervang is. Vanaf die gebied van die huidige lande Afghanistan en Oesbekistan het Babur, 'n nakomeling van die Timoeriede, die Sultanaat van Delhi verower en die Mogolryk in Indië gevestig. Die Mogolryk was 'n Persinisierde ryk wat oor groot dele van die Indiese subkontinent gestrek het.

As gevolg van die Irannese Rewolusie in 1979 en die daaropvolgende stigting van die Islamitiese Republiek van Iran het groot getalle Perse in lande van Asië, Europa, Noord-Amerika en Oseanië gevestig, waaronder aanhangers van religieuse minderhede soos Baha’i, Christendom, Judaïsme en Soennitiese Islam.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DiasporaEtniese groepIranIrannese taleIrannese volkePersiesPersiese RykWes-Europa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hannes van WykVarkgriepNederduitse Gereformeerde KerkStuitjieDagroofvoëlsGewone luislangMadison IvyLikkewaanThabo MbekiAntieke EgiptePG du PlessisPieter BiewengaMisdaadLys van Suid-Afrikaanse skrywersTrappe van vergelykingWikimedia-stigtingChristeneTydKrieketGroot TrekGedigPlantSonsverduisteringLugbesoedelingNelson MandelaRooiwaterSuid-Afrikaanse InkomstediensBorskankerOntlastingWashington, D.C.Onderwys (geskiedenis)MensByeboerderyKrampDieregeluideVlag van BangladesjCarles PuigdemontDiarree2024 Japannese Grand PrixGoogle MapsAsmaAasblomHeilige SaterdagIranHemelvaartsdagKalenderApostoliese GeloofsbelydenisBoomLimfvatstelselHeliosfeerProstaatkankerLibiëEuropese Suidelike SterrewagHomofoonHerpes simplexSteve BikoVoorhuidMenseregteOsoonlaagKadmiumEstlandRussiesBipolêre gemoedsteuringKoninkryk van die NederlandeDoziNazi-DuitslandKappie (skryfteken)Samestellende afleiding🡆 More