Koerde

Die Koerde (Koerdies: کورد, Kurd) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Irak, Iran, Sirië en Turkye en hulle praat Koerdies, 'n Irannese taal asook Gorani en Zazaki.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Koerdies.

Koerde leef hoofsaaklik in die streek van Koerdistan wat oor die noorde van Irak, die noordweste van Iran, die noordooste van Sirië en die suidooste van Turkye strek.

Koerde
Koerde
Totale bevolking: ca. 30–32 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Turkye Turkye 12–16 miljoen

Vlag van Irak Irak 4–6,5 miljoen
Vlag van Iran Iran 3,35–8 miljoen
Vlag van Sirië Sirië 1,3–2,5 miljoen
Vlag van Duitsland Duitsland 800 000
Vlag van Israel Israel 100 000–200 000
Vlag van Frankryk Frankryk 150 000
Vlag van Swede Swede 83 600
Vlag van België België 80 000
Vlag van Nederland Nederland 70 000
Vlag van Rusland Rusland 63 800
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 50 000
Vlag van Kasakstan Kasakstan 42 300
Vlag van Armenië Armenië 37 500
Vlag van Switserland Switserland 35 000
Vlag van Denemarke Denemarke 30 000
Vlag van Jordanië Jordanië 30 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 23 000
Vlag van Griekeland Griekeland 22 000
Vlag van Georgië Georgië 20 800
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 15 400
Vlag van Kirgisië Kirgisië 13 200
Vlag van Kanada Kanada 11 685
Vlag van Finland Finland 10 700
Vlag van Australië Australië 7 000
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 6 100

Taal: Koerdies en Zaza-Gorani-tale
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam, maar ook Sjiïtiese Islam en Soefisme; Minderhede van Deïsme, Agnostisisme, Jesiede, Zoroastrisme, Christendom en Judaïsme
Verwante etniese groepe: Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Ossetiërs, Pasjtoene, Perse en Tadjiks
Koerde
Vlag van Koerdistan en die Koerde
Koerde
Verspreiding van Koerde in die Midde-Ooste volgens die CIA in 1986

Wêreldwyd leef tussen 30 en 32 miljoen Koerde, waarvan tussen 12 en 16 miljoen in Turkye (15–25% van die bevolking), 4 tot 6,5 miljoen in Irak (15–23%), 3,35 tot 8 miljoen in Iran (5–10%) en 1,3 tot 2,5 miljoen in Sirië (6–15%). Hulle vorm die belangrikste etniese minderheid in drie van die vier lande; in Iran vorm Koerde die tweede belangrikste etniese minderheid naas die Azerbeidjanners. Daarbenewens vorm Koerde inheemse minderhede in die drie lande van die Kaukasus: Armenië, Azerbeidjan en Georgië. Behalwe die Turkse suidooste leef belangrike groepe van Koerde nog in groot stede soos Ankara en Istanboel, waar hulle naas Turke die belangrikste bevolkingsgroep vorm.

Die meeste Koerde is aanhangers van die Soennitiese Islam met minderhede van Sjiïsme en Soefisme. Jesiede vorm 'n eie etnies-godsdienstige groep wat soms as Koerde beskou word met hul eie geloof.

As gevolg van politiese konflikte in die Midde-Ooste het 'n Koerdiese diaspora van sowat 2 miljoen in lande van Wes-Europa soos Duitsland, Noord-Amerika en Oseanië gevestig. Koerdiese nasionaliste maak sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog en die ondergang van die Ottomaanse Ryk aanspraak op 'n eie Koerdiese staat in Koerdistan.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepGoraniIrakIranIrannese taleIrannese volkeKoerdiesKoerdistanSiriëTurkyeZazaki

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BestuiwingLys van politieke partye in Suid-AfrikaVulvaMetaalOvulasiePornhubErdwurmTwaalf Stamme van IsraelHoofstadNommertekenWiki CommonsLianie MayMantisJan van RiebeeckKrapDroogteKunsSowjetuniePesachToestand van materieDuitslandSteenkoolReddingskakeKameelTuisbladLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandStresWieg van die MensdomKoos KombuisInflasieAdolessensieChemiese verbindingMagnetismeBraaiEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaAmandelTweede VryheidsoorlogAgtervoegselFiksieBloeddrukKlimaatsverandering in Suid-AfrikaLeierMierNylrivierJanie du PlessisEmfiseemRassismeVoëlgriepByvoeglike naamwoordKolorektale kankerSuid-Afrikaanse GrensoorlogMuishondWes-KaapSomerNaaldekokerKaliforniese KanaaleilandeTrevor NoahLionel MessiLugbesoedelingVreesSuid-Afrikaanse MenseregtekommissiePaasfeesWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolKunstenaarCheslin KolbeSebraCounter-Strike (videospeletjie)Afro-AmerikanersKatOlimpiese Somerspele 2024Seksueel oordraagbare infeksieGetalInternetBeeldspraakSkaakVerantwoordelikheidTranspirasie🡆 More