Oesbeke

Die Oesbeke (Oesbekiese enkelvoud: Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک; meervoud: Oʻzbeklar, Ўзбеклар) vorm die grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië en die tweede grootste naas die Turke.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oesbekies.

Hulle vorm die titulêre nasie van Oesbekistan, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Oesbekies, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Oesbeke
Oesbeke
Totale bevolking: ca. 30 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Oesbekistan Oesbekistan ~24 miljoen

Vlag van Afghanistan Afghanistan 2,8 miljoen
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 1,2 miljoen
Vlag van Kirgisië Kirgisië 980 000
Vlag van Rusland Rusland 499 862
Vlag van Kasakstan Kasakstan 490 000
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 300 000
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan 260 000
Vlag van Australië Australië 80 000
Vlag van Pakistan Pakistan 70 133
Vlag van Turkye Turkye 45 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 22 400
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 15 960
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 14 800
Vlag van Mongolië Mongolië 560

Taal: Oesbekies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Islam (Soenniete of Kulturele Islam), minderhede van ongebondes. Histories Tengriisme
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene
Oesbeke
Etniese kaart van Sentraal-Asië
Oesbeke
'n Litografie van twee Oesbeke uit Afghanistan in 1841
Oesbeke
'n Oesbek in tradisionele klere, 1840's

Naas Oesbeke leef nog klein minderhede soos Russe (5,5%), Tadjiks (5%), Kasakke (3%), Karakalpakke (2,5%), Tartare (1,5%) en ander (7%) in Oesbekistan. Oesbekiese minderhede leef in lande soos Afghanistan (9%), Tadjikistan (14%), Kirgisië (14%), Rusland, Kasakstan (2,5%), Saoedi-Arabië, Turkmenistan (6%), Pakistan, Turkye en die Volksrepubliek China.

Wêreldwyd leef omtrent 30 miljoen Oesbeke, waarvan sowat 24 miljoen in Oesbekistan, 2,8 miljoen in Afghanistan, 1,2 miljoen in Tadjikistan en byna 1 miljoen in Kirgisië. In die Volksrepubliek China behoort die Oesbeke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Kasakke en Kirgisiërs.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepMoedertaalNasieOesbekiesOesbekistanSentraal-AsiëTurkeTurkse taleTurkse volke

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoorsRob HersovAfkortingSeekatMiltNapoleon BonaparteVoorsetselKleurVakbondCarike KeuzenkampHoofpynBybelEkonomieSelfmoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiereStadUnie van Suid-AfrikaWes-KaapGesonde dieetVerlede tydTrappe van vergelykingHomoniemKlereHector PietersonAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDemi Lee MooreAfrikanersUnited Democratic FrontTransatlantiese slawehandelSkilpadNasionale VrouedagDriehoekSonpaneelRymBynierEngelandEugenetikaKrampJodeMenstruasieKonsonantSwartkwasmuishondKarakteriseringWet op Bantoe-onderwysLimfvatstelselSeevlakstygingFilistyneLidwoordSprokieVerenigde KoninkrykVlagterminologieHorlosieSoortnaamAkuutGemeenskapsorganisasieVermenigvuldigingNierPrivaat maatskappyArabies-Israeliese konflikSpoorvervoer in Suid-AfrikaDrie-eenheidMigrasie van diereBoontjieRenosterWatersuiweringHortologieOnse VaderGeslagsgelykheidRookgewoonteWortelPampoentjiesMetaalSpringbokKultuur🡆 More