Al-Fatiha

Al-Fâtiha (Arabies: الْفَاتِحَة, "Die Aanhef") is die 1ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat sewe ajat, of verse, wat 'n gebed vir leiding en genade is. Al-Fatiha word opgesê in Moslemse verpligte en vrywillige gebede, bekend as salaah.

الْفَاتِحَة
  Soera 1 van die Koran  
Klassifikasie Mekkaans
In Arabies Al-Fâtiha
Transliterasie Al-Fatiha, Al-Fatiga
In Afrikaans "Die Aanhef"
Deel 1
Ajat 7
ٱلۡفَاتِحَةِ
Al-Fatiha
Opskrifte van Al-Fatiha en van hoofstuk 2, Al-Baqara. Uit die Koran van Ibn al-Bawwab. Bagdad, 1000/1001. Chester Beatty-biblioteek.

Moslems beskou nie die opskrifte van die Koran se hoofstukke as deel van die goddelike openbaring nie. Die primêre letterlike betekenis van die uitdrukking "Al-Fatiha" is "Die Aanhef", wat kan verwys na die soera as die eerste hoofstuk van die Koran, die eerste hoofstuk wat ten volle opgesê word in elke rakah van salaah, of as opening in baie funksies in die Islamitiese lewe. Sommige Moslems vertolk dit as 'n geïmpliseerde vermoë van die soera om 'n persoon ontvanklik te maak vir geloof in God.

Opsomming

Die soera Al-Fatiha word volgens die Hadit opgedeel in twee helftes tussen Allah en die gelowige (die persoon wat dit opsê). Die eerste drie verse is Sy helfte en die laaste drie die gelowige s'n. Daar is verskille oor of die Basmala die eerste vers van die soera of enigsins 'n vers is. Die hoofstuk begin deur God te prys met die frase Alhamdulillah, en die stelling dat alle lof Allah toekom (vers 1/2), dat hy Ar-Rahman Ar-Rahim of die Barmhartige, die Genadige is (vers 2/3), en dat hy die Meester van die Oordeelsdag is (vers 3/4).

Die laaste drie verse, wat die gelowige s'n is, begin met die gelowige se stelling dat hy net Allah aanbid en Sy hulp soek (vers 4/5), en die versoek dat hy die gelowige lei op die regte pad (Sirat al-Mustaqim) van dié aan wie God Sy guns bewys het en nie dié van hulle wat afgedwaal het nie (verse 5-6/6-7).

Sommige Moslemse kommentators glo Jode en Christene is voorbeelde van dié wat afgedwaal het. Ander glo die verse verwys na mense in die algemeen en nie na 'n spesifieke groep nie.

Verwysings

Skakels

  • Al-Fatiha  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.
Vorige soera:
Die Koran Volgende soera:
Al-Ba'karah
Soera Al-Fatiha

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

John Brown (aktivis)Hamburgerg8ftoEdel Agtvoudige PadNiemetaalDigvormAnilingusMisdaadRymWhatsAppSuid-AfrikaAsiëMisdaadromanSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieEnsiklopedieOnse VaderErfenisKolorektale kankerBloeddrukMorfologie (taalkunde)KolonoskopieHoofpynWisselkoersErfenisdag (Suid-Afrika)Gregoriaanse kalenderAkwariumEnkelvoudige sinAntieke EgipteRuslandOpenbare redevoeringGriekwa-AfrikaansMahatma GandhiJode in Suid-AfrikaTelevisieJudaïsmeHemelvaartLyfstraf in skoleKoolstofdioksiedAkroniemLiesbreukDieregeluideTydWet op Afsonderlike GerieweKindermishandelingSitrusHindoeïsmeSuid-Afrikaanse InkomstediensWinnie Madikizela-MandelaMangelontstekingProteaKaapse MaleiersJeugdagLiewe HeksieOman AirLys van medisinale kruieByWoordeboek van die Afrikaanse TaalRooibloedselMielieVraag en aanbodWikimedia-stigtingOnderhandelinge om apartheid te beëindigHartaanvalRefentse MorakeAprilHerfsDoelwitKangogrotteAfkortingNiersteenSowjetunieGeskiedenis van Suid-AfrikaDurban🡆 More