Salaah (Arabies: صلوات ,صلاة) is die praktyk van gebed in die Islam.
Vyf Pilare van die Islam |
---|
Dit is een van die Vyf Pilare van die Islam, die belangrikste pligte vir Moslems. Om salaah te maak moet 'n persoon se gedagtes in 'n toestand van rituele suiwerheid wees, wat van 'n staat van ablusie (wuḍū) afkomstig is. Ander, minder gebruiklike, woorde is soembain, sombaing en sombajang.
Soenni-Moslems moet elke dag op vyf tye salaah maak. Hierdie tye word deur die beweging van die son bepaal. Die oproep tot gebed (athaan) is noodsaaklik voor elke verpligte gebed.
Die profeet Mohammed het gesê: "Iemand wat Allah se plesier soek en met geloof op die athaan reageer, sal in die Paradys toegelaat word."
Moslems bid vyf keer per dag. Dit is verpligtend vir alle Moslems wat puberteit bereik het, buiten dié wat geestelik gestrem is, te siek is, menstrueer of nageboortelike bloeding het. Dié wat siek of fisiek ongeskik is, mag bid terwyl hulle sit of lê. In teenstelling met die weeklikse Vrydaggebed is die salaah nie spesifiek aan die moskee gebonde nie. Indien meer as twee mense saam salaah maak, word die woorde en bewegings deur 'n imam gelei om dit sinchronies te hou.
Elke gebed vind op ’n spesifieke tyd (whaktoe) plaas. Dié tye word volgens die son se beweging bepaal. Die vyf salaahs is:
I. Fadjer of soeboeg – oggend; voor dagbreek
II. Thoer of zoeger – middaggebed
III. Asser – tussen die middaggebed en sonsondergang
IV. Magrieb – ná sonsondergang
V. Isjaai – laataand; voor slapenstyd
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Salaah, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.