Tâ-Hâ (Arabies: طه, "Tô-haa") is die 20ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 135 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar, in die tweede Mekkaanse tydperk (615-619 n.C.),.
طه Soera 20 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Tâ-Hâ | |
Transliterasie | Ta-Ha | |
In Afrikaans | "Tô-haa" | |
Deel | 16 | |
Ajat | 135 |
Die soera word so genoem omdat dit begin met die allegoriese letters (Muqattaʿat) "ta-ha", wat beskou word as een van die name van die profeet Mohammed. Die skrywer Christoph Luxenberg se siening is dat die letters Ta-Ha 'n kognitiewe tussenwerpsel van verbasing of bewondering is, soos "a-ha!" of "sjoe!".
Van die onderwerpe wat behandel word, is die roep van Moses, die uittog van die Israeliete en die tog oor die Rooisee, die aanbidding van die goue kalf en die sondeval. Die hooftema is die bestaan van God. Dit behandel dié tema met verhale oor Moses en Adam. Dit is die hoofstuk wat Omar oorreed het om hom tot die Islam te bekeer.
Die oudste manuskrip van die Koran wat bewaar gebly het wat die soera Ta Ha bevat, is een in die Mingana-versameling op die Birminghamse Koranmanuskrip van 0-25 A.H.
Vorige soera: Maryam (soera) | Die Koran | Volgende soera: Al-Anbiya |
Soera Ta-Ha | ||
---|---|---|
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ta-Ha, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.