Adam In Islam

Adam (Arabies: آدم ʾĀdam) is volgens sommige die eerste mens, en daarom is hy in Islam die eerste profeet op aarde.

Moslems bejeën sy rol as die vader van die mensdom met gesag. Hulle verwys ook na sy vrou, Eva (Hawwa), as die "moeder van die mensdom". Moslems beskou Adam as die eerste Moslem omdat die Koran dit stel dat al die profete dieselfde geloof van onderwerping aan God gepredik het. En volgens die Koran het Allah die mens Moslems (onderwerpers aan God) genoem in geskrifte voor en in die Koran.

ʾĀdam
آدم
Adam
Islamitiese profeet
Adam In Islam
Die naam ʾĀdam in Islamitiese kalligrafie,
gevolg deur "vrede vir hom".
Bekend vir  Eerste mens
Familie
Gade  حواء Hawwā (Eva)
Kinders  Kain, Abel, Set

Verder bid Abraham in die Koran en vra Allah om sy nageslag as Moslems groot te maak.

’n Oorsig van die Skepping

Die Koran en hadit gee dieselfde weergawe van die skepping van Adam en Eva. Toe Allah die engele inlig dat hy ’n opvolger op aarde gaan plaas, het hulle gevra of die mens bloedvergieting en skade sou veroorsaak, maar Hy het vir hulle gesê Hy weet wat hulle nie weet nie. Hy het Adam uit klei geskep en lewe in hom geblaas. Hadit voeg by hy is Adam genoem na die klei waaruit hy gemaak is, of die "vel" (adim) van die aarde.

Volgens die Koran het al die engele Allah gehoorsaam toe Hy vra dat hulle voor Adam buig, buiten ’n djien met die naam Iblies wat onder die engele teenwoordig was. Hy het geantwoord: Ek is beter as hy; U het my uit vuur geskape, terwyl U hom uit klei geskape het. Ek gaan my nie aan [hom] prostreer nie.

Volgens Soennitiese hadit het God ’n ribbebeen van Adam geneem terwyl hy geslaap het om Eva te skape. Hoewel die skepping van Adam en Eva in die Koran genoem word, word die presiese metode van die skepping nie genoem nie. Volgens die Koran het God vir Adam en Eva opdrag gegee om die vrugte van een boom in die Tuin van Eden nie te eet nie, maar Iblies het hulle oorreed om daaraan te proe. Hulle het hulle toe begin bedek, want hulle het besef hulle is nakend. Daarvoor is Adam en Eva na die aarde verban.

Verwysings

Eksterne skakels


Profete van Islam, soos in die Koran genoem. Adam In Islam 
ʾĀdam Iederies Nūḥ Hüd Salih Ibrāhīm Loet Ismāʿīl Iṣḥāq Yāqub Yūsuf Ajjoeb
آدم ادريس نوح هود صالح إبراهيم لوط اسمعيل اسحاق يعقوب يوسف أيوب
Adam Henog Noag Eber Selag Abraham Lot Ismael Isak Jakob Josef Job

Suayb Mūsa Haroen Dhoelkifl Dawud Süleyman Iljas Al-Yasa Yunus Zakarija Jahja ʿĪsā Mohammed
شعيب موسى هارون ذو الكفل داود سليمان إلياس اليسع يونس زكريا يحيى عيسى
Adam In Islam 
Mohammed
Jetro Moses Aäron Esegiël Dawid Salomo Elija Elisa Jona Sagaria Johannes Jesus

Tags:

Adam en EvaArabiesIslamKoranMoslem

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Grootste rampe in Suid-AfrikaFotoAkademiaKlimaatsverandering in AfrikaLeestekenKatoenJapie GreylingWeer (meteorologie)SkoolToerismeSharpeville-slagtingDemi Lee MooreTswanaNoord-Sotho (taal)Provinsies van Suid-AfrikaAmateurradioBeaufortskaalWiskundige terminologieKommaHolocaustWerkwoordStudievaardighedeGeldRussiese inval in Oekraïne sedert 2022LatynRobert SobukweEngelsEnsiklopedieNelson MandelaEksponentPlastiekXenofobie in Suid-AfrikaSamestellende afleidingProksemikaStam (taalkunde)Jaco JacobsMagnesiumPrimêre sektor van die ekonomieWoordeboek van die Afrikaanse TaalMonopolyIngrid JonkerMiddeloorontstekingMiskruierSpinnekopJohannesburgWiki CommonsWapen van Suid-AfrikaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaWebwerfHemelvaartAfrikaPenisNoord-KaapBeeldspraakAfrikanernasionalismeMagneetBestuiwingChroniese siekteImpakte van toerismeMaanHokkieMuskietAndrew DavisArabiesGeletterdheidPriemgetalRugbyLyfstraf in skoleSimmetrieCristiano RonaldoSpringbokkeBedryfstelsel (inligtingstegnologie)MetaalBoelieryStaatstoelaeWaterElandré🡆 More