Henog

Henog (Hebreeus: חֲנוֹךְ, H̱anōḵ; Grieks: Ἑνώχ, Henṓkh) is ’n figuur uit die Hebreeuse Bybel van voor die Sondvloed.

Hy was die seun van Jered en die pa van Metusalag.

Henog
God het Henog "na Hom toe weggeneem", soos staan in Genesis 5:24. (Illustrasie uit Figures de la Bible van 1728, deur Gerard Hoet.

Volgens Genesis het Henog 365 jaar oud geword voordat hy deur God weggeneem is: "Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem." (Genesis 5:24.) Sommige Christene vertolk dit as dat Henog lewend opgevaar het na die hemel.

Henog is die onderwerp van baie Joodse en Christelike tradisies en word beskou as die skrywer van die Boek van Henog.

Die Nuwe Testament het drie verwysings na Henog uit die afstammelinge van Set (Lukas 3:37, Hebreërs 11:5 en Judas 1:14-15).

Henog in Genesis

Henog verskyn in Genesis as die sewende van die 10 aartsvaders van voor die sondvloed. Volgens Genesis het al die aartsvaders van voor die vloed verskeie eeue gelewe. In Genesis 5 word ’n stamboom van dié 10 figure (van Adam tot Noag) aangegee, met die ouderdom waarop elkeen was toe sy seun gebore is, asook die ouderdom van almal toe hulle dood is.

Henog word deur baie as die uitsondering beskou, want God het hom weggeneem "sonder dat hy gesterf het" (Hebreërs 11:5). Verder was hy volgens Genesis 5:22-29 toe 365 jaar oud, wat baie jonger as die ander is – hulle het almal ouer as 700 jaar geword. Die kort deel van Henog in Genesis 5 eindig met die kriptiese opmerking "toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem". (Genesis 5:24.)

Apokriewe boeke van Henog

Drie omvattende apokriewe boeke word dikwels aan Henog toegeskryf:

Hierdie boeke vertel hoe Henog opgevaar het na die hemel en as bewaker van al die hemelse skatte aangestel is, asook as hoof van die aartsengele en die uitvoerder van God se opdragte. Al die geheime en misterieë is ook aan hom geleer. In 3 Henog word hy geïdentifiseer as die Metatron, die engel wat God se woord oordra. Hy word beskou as die een wat God se openbaring aan Moses oorgedra het en as die dikteerder van die Boek van Jubileë.

Verwysings

Skakels

  • Henog  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Henog in GenesisHenog Apokriewe boeke van Henog VerwysingsHenog SkakelsHenogGrieksHebreeusHebreeuse BybelSondvloed

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EksponentKrokodilTegnologieSuikersiekteWêreldboekedag23 AprilArabies-Israeliese konflikSeksueel oordraagbare infeksieLuiperdPubliekByung-Chul HanYsterJakkalsWaterbesparing in Suid-AfrikaAngssteuringSiekteBestaansboerderyNasionalismeLabia (geslagsdele)KunsVaginaMotLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGeldOos-KaapLatynEskomSikloonMiddeloorontstekingWinnie Madikizela-MandelaVratMenseregtedagAfvalbestuurArmoedeverligtingPad na jou hartBeeldspraakFabelOnse VaderCristiano RonaldoVlinderWaterbesoedelingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaOntwerpSkarlakenkoorsSweedsKoorsTydTransatlantiese slawehandelWeervoorspellingOranjerivierPlantBoelieryJudaïsmeCheslin KolbeKoolhidraatRoesNoord-KaapAkademiaEweknienetwerkNarsistiese persoonlikheidsteuringToestand van materieWiskundige terminologieWisselkoersPapierKinderregteImpakte van toerismeSeptimius AwardsFibonacci-reeksMiltFacebookTienerVryheidsdagSelfmoord🡆 More