Jakob In Islam: ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word

Yāqub (volle naam Yāqub ibn Isḥāq ibn Ibrāhīm; Arabies: يَعْقُوب), ook bekend as Jakob, is ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word.

Hy word erken as ’n patriarg wat dieselfde monoteïstiese geloof gepredik het as sy voorvaders: Ibrahim (Abraham), Ishaq (Isak) en Ismail (Ismael). Sy naam kom 16 keer in die Koran voor. In die meeste van dié gevalle word hy saam met ander Hebreeuse patriarge genoem as ’n vroom en antieke profeet wat deel van die "uitverkorenes" was.

Yaʿqūb
يَعْقُوب
Jakob
Islamitiese profeet
Josef, sy pa, Jakob, en broers in Egipte (1583).
Josef, sy pa, Jakob, en broers in Egipte (1583).
Ander name  יַעֲקֹב, Yaʿakov
Laaste rusplek  Grot van die Patriarge, Hebron
Familie
Vader  ʾIsḥāq
Moeder  Rebekka
Gade  Ragel, Lea
Kinders  Yūsuf e.a.

Lewe en erfenis

Jakob In Islam: ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word 
Die Grot van die Patriarge in Hebron, waar Jakob ook volgens tradisie begrawe is.

Volgens Moslems was Jakob die seun van Isak en het hy deur sy hele lewe die eenheid van God gepredik. Soos in die Christen- en Jodedom, glo Islam Jakob het 12 seuns gehad wat elk die stamvader van die 12 stamme van Israel was. Jakob speel ’n aansienlike rol in die verhaal van Josef en daar word 25 keer na hom verwys. Die Koran stel dit verder dat God ’n gelofte met Jakob aangegaan het en God het hom ’n opregte leier gemaak.

Jakob is baie spesiaal in die Islam omdat hy die erfenis van sy voorvaders voortgesit het. Die Koran verwys dikwels na hom as ’n man met mag en visie, en benadruk dit dat hy in die geselskap van die uitverkorenes was. Die Koran lui:

En dít was Ons bewyse wat Ons aan Abraham gegee het om teen sy volk te gebruik. Ons verhef in grade wie Ons wil. Waarlik, u Heer is Allerwys, Alleswetend.

En Ons het hom Isak en Jakob gegee. Ons het hulle elkeen gelei, en Ons het Noag voorheen gelei, en ook sy afstammelinge: Dawid en Salomo en Job en Josef en Moses en Aäron. En so beloon Ons diegene wat aan ander goed doen.

– Koran, Soera 6:83-84

Voorvalle in die Bybel waar Jakob met ’n engel worstel, kom nie in die Koran voor nie en word deur Moslems verwerp. Hulle glo ook nie Jakob het Isak bedrieg deur hom te laat glo hy is sy tweelingbroer, Esau, nie (Genesis 27:22) omdat hulle hom as ’n regverdige profeet van God beskou en glo Isak moes geweet het Jakob is meer spesiaal as sy ander kinders. Die Koran noem ook nie Jakob se droom van die leer tussen die hemel en aarde nie (Genesis 28:11-19) en Moslems verwerp dit dus ook.

Jakob was saam met Abraham die vrugbaarste patriarg. Uit sy 12 seuns is baie ander groot profete gebore, onder andere Yunus (Jona), Dawud (Dawid), Sulayman (Solomo) en Isa (Jesus).

Moslems glo Jakob is in die Grot van die Patriarge begrawe (onder Moslems bekend as die Ibrahimi-moskee). Die terrein, in die antieke stad Hebron, is die tweede heiligste plek vir Jode (naas die Tempelberg in Jerusalem), en word ook hooggeag deur Christene. Volgens al drie gelowe is dit die plek waar drie Bybelse pare begrawe is: Abraham en Sara, Isak en Rebekka, en Jakob en Lea.

Verwysings

Eksterne skakels


Profete van Islam, soos in die Koran genoem. Jakob In Islam: ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word 
ʾĀdam Iederies Nūḥ Hüd Salih Ibrāhīm Loet Ismāʿīl Iṣḥāq Yāqub Yūsuf Ajjoeb
آدم ادريس نوح هود صالح إبراهيم لوط اسمعيل اسحاق يعقوب يوسف أيوب
Adam Henog Noag Eber Selag Abraham Lot Ismael Isak Jakob Josef Job

Suayb Mūsa Haroen Dhoelkifl Dawud Süleyman Iljas Al-Yasa Yunus Zakarija Jahja ʿĪsā Mohammed
شعيب موسى هارون ذو الكفل داود سليمان إلياس اليسع يونس زكريا يحيى عيسى
Jakob In Islam: ’n profeet van Islam wat in die Koran genoem word 
Mohammed
Jetro Moses Aäron Esegiël Dawid Salomo Elija Elisa Jona Sagaria Johannes Jesus

Tags:

AbrahamAbraham in IslamArabiesBybelIsakIslamIsmael in IslamJakobKoranMonoteïsme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rumatoïede artritisSoortnaamResensieWoordsoortPlantDricus du PlessisDirekte en Indirekte redeBloeddrukOlifantKostuumsSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMeettegniekAkroniemSkooluniformKoerantEskomJode in Suid-AfrikaImpakte van toerismeKlein vyf diereSeptimius AwardsSlag van Cuito CuanavaleMisdaadNeonGeslagGeldFotosinteseSuid-AfrikaAarverkalkingVoortrekkermonumentNiersteenTrekarbeidWayde van NiekerkTegnologieNieuwoudtvilleWeervoorspellingMetafoorRymElektroniese of digitale mediaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKunsmisHartReënvalbepalingBosluisbytkoorsGroepsgebiedewetSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Siya KolisiClanwilliam-sandvisFiela se kindYouTubeManie LibbokHartversakingKlavierTweede Nuwe JaarAardedagKoolhidraatSkoenlapperWêreld- Ekonomiese ForumVars waterMaatskappyMagneetRivierVisTennisNeurenberg-verhoreGreen PornoPlaattektoniekGasSteenkool in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse digtersVeeartsPikkewynDesmond Tutu🡆 More