Mohammed: Arabiese politieke leier en die stigter van Islam

Mohammed of Moegammad (570 – 8 Junie 632; Arabies: محمد, Muḥammad, ) was ’n religieuse, politieke en militêre leier van Mekka.

Hy het Arabië onder ’n Islamitiese regeringsvorm verenig. Die Moslems en Baha’i glo hy is ’n profeet van God. Die Moslems beskou hom as die hersteller van die onveranderde oorspronklike monoteïstiese geloof van Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesus en ander profete.

Mohammed: Lewensloop, Notas, Verwysings
Die Moskee van die Profeet in Medina omstreeks 1900.
Mohammed
Mohammed: Lewensloop, Notas, Verwysings
Die naam Mohammed geskrif met Arabiese kalligrafie.
Gebore
Muḥammad ibn `Abd Allāh

ca. 29 Augustus 570
Sterf8 Junie 632
Medina (tans in Saoedi-Arabië)
NasionaliteitArabies
Bekend virStigter van Islam
EggenootKhadijah bint Khuwaylid (595–619)
Sawda bint Zamʿa (619–632)
Aisha bint Abi Bakr (619–632)
Hafsa bint Umar (624–632)
Zaynab bint Khuzayma (625–627)
Hind bint Abi Umayya (629–632)
Zaynab bint Jahsh (627–632)
Juwayriya bint al-Harith (628–632)
Ramlah bint Abi Sufyan (628–632)
Rayhana bint Zayd (629–631)
Safiyya bint Huyayy (629–632)
Maymuna bint al-Harith (630–632)
Maria al-Qibtiyya (630–632)
Kindersal-Qasim, `Abd-Allah, Ibrahim (seuns)
Zainab, Ruqayyah, Umm Kulthoom, Fatimah Zahra (dogters)
Ouer(s)`Abd Allah ibn `Abd al-Muttalib (vader)
Aminah (moeder)
Mohammed: Lewensloop, Notas, Verwysings
Volgens die Islamitiese geloof het Mohammed die engel die eerste keer in die Hira-grot gesien.

Lewensloop

Daar is geen bronne uit die tyd van Mohammed waaruit ’n lewensbeskrywing saamgestel kan word nie. Die oudste geskrif wat bekend is, is die Sira van Ibn Ishaq (byna 750); ander lewensbeskrywings is (gedeeltelik) daarop gebaseer.

Jeug

Mohammed is op 29 Augustus 570 n.C. in die Arabiese stad Mekka gebore; sy geboortedag word op Mawlid an-Nabi herdenk. Sy vader, wie se naam Abdullah was, het ’n maand voor Mohammed se geboorte gesterf. Sy moeder, Amina, is oorlede toe hy drie jaar oud was, en sy pleegmoeder, ’n Bedoeïen, toe hy ses was. Daarna het sy oupa, Abd al-Muttalib, twee jaar lank vir hom gesorg. Na die afsterwe van sy oupa het sy oom, Abu Talib, vir hom gesorg – ook tydens Mohammed se volwasse lewe.

Profeetskap

In 610, toe Muhammad 40 jaar oud was, het hy na die berg Jabal an-Noer naby Mekka gestap. Volgens die Islamitiese geloof het die engel Gabriël hom in die Hira-grot op die berg ontmoet. Mohammed het flou geword toe hy die engel sien omdat hy verstom was oor hoe groot hy was. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie. Hieronder is wat die engel vir Mohammed gesê het:

Lees in die Naam van u Heer, die Skepper –
wat die mens uit ’n bloeddruppel skep.
Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige,
wat deur middel van die pen onderrig,
die mens leer wat hy nie geken het nie.

Toe Mohammed by sy huis en vrou Khadijah terugkom het hy vir haar alles vertel wat gebeur het. Daarna het hy nuwe openbaringe ontvang en opdrag gekry om die boodskap wat God aan hom gegee het te verkondig. Toe Mohammed die eerste keer preek, was die meeste van Mekka se inwoners, wat destyds nog afgode aanbid het, nie baie ingenome nie. Maar daar was ook mense wat na sy prediking en boodskappe geluister het. Hulle was die eerste volgelinge van die nuwe Islamitiese godsdiens.

Leiers van Mekka het Mohammed se aanhangers gestraf en gemartel. Party van die gelowiges is deur die Mekka-leiers die doodstraf opgelê. Mohammed het hierdie dade teengestaan en voortgegaan om Islam te bevorder.

Notas

Verwysings

Eksterne skakels

Profete van Islam, soos in die Koran genoem. Mohammed: Lewensloop, Notas, Verwysings 
ʾĀdam Iederies Nūḥ Hüd Salih Ibrāhīm Loet Ismāʿīl Iṣḥāq Yāqub Yūsuf Ajjoeb
آدم ادريس نوح هود صالح إبراهيم لوط اسمعيل اسحاق يعقوب يوسف أيوب
Adam Henog Noag Eber Selag Abraham Lot Ismael Isak Jakob Josef Job

Suayb Mūsa Haroen Dhoelkifl Dawud Süleyman Iljas Al-Yasa Yunus Zakarija Jahja ʿĪsā Mohammed
شعيب موسى هارون ذو الكفل داود سليمان إلياس اليسع يونس زكريا يحيى عيسى
Mohammed: Lewensloop, Notas, Verwysings 
Mohammed
Jetro Moses Aäron Esegiël Dawid Salomo Elija Elisa Jona Sagaria Johannes Jesus

Tags:

Mohammed LewensloopMohammed NotasMohammed VerwysingsMohammed Eksterne skakelsMohammed5706328 JunieAbraham in IslamAdam en EvaArabiesArabiëBaha’iGodIslamJesus in IslamMekkaMonoteïsmeMosesMoslemNoag in Islam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PornhubBrongitisSemenISBN (identifier)Seksuele penetrasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Publieke domeinLeeuGesinsdagSinoniemVier temperamenteXhosaFritz HaberWoordeboek van die Afrikaanse TaalTongaanse nasionale rugbyspanGrasOnderwys (geskiedenis)SonnestelselNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweRenteOutismeVuurLetterkundeMisdaad2024 Australiese Grand PrixKasterolieMangelNasiebouWiskundeCleopatra VIINederduitse Gereformeerde KerkArabiesProstaatkankerHennie MaasRugbywêreldbeker 1991TarentaleOrthopteraVoorhuidBateAntjie KrogEkonomie van Suid-AfrikaDigvormGeelsugLiewe HeksieGeelslangWeeluisOlimpiese godeOntbinding van die SowjetunieCristiano RonaldoWortelkanaalAleksei NawalniNazi-saluutMarsKappie (skryfteken)BybelLys van kleureKrokus Stadsaal-aanvalPenisOraniaAasblomOrganometaalchemieWaterhertPersOntsteking (geneeskunde)HomofoonPieter BiewengaWallisStuitjieSwangerskapGeorgië🡆 More