Profesie is die verkondiging van godsdienstige voorspellings deur persone wat hulself as die gestuurdes van 'n godheid beskou.
Profete (afgelei van die Oud-Griekse pro-phetes "voorspreker", "afgesant") legitimeer hul verkondiging – in teenstelling met rasioneel gebaseerde voorspellings en waarseggings – met 'n spesifieke opdrag wat 'n godheid aan hulle gegee het. Hulle maak daarop aanspraak dat hulle hierdie opdrag deur intuïsie of 'n visie ontvang het om dit in die openbaar te verkondig.
Profesie is 'n bekende en ingewikkelde fenomeen wat hoofsaaklik uit die Ou Nabye Ooste oorgelewer is en waardeur veral die Abrahamitiese monoteïstiese godsdienste gekenmerk word. Profesieë is aanvanklik mondeling bekend gemaak, maar later in baie gevalle opgeteken om aan latere geslagte oorgedra te word. Hulle fokus nie slegs op toekomstige gebeure nie, maar oefen dikwels ook kritiek aan die verlede of teenswoordige tyd van hul adressate. Na enkele voorspellings van 'n profeet word as profesie, voorspelling of belofte verwys.
Die term word daarnaas soms ook vir die stigters van ander religies gebruik:
Profete van Islam, soos in die Koran genoem. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Profesie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.