Isak

Isak, ook gespel as Izaäk, Izak of Jitschak (Hebreeus: יִצְחָק of יִשְׂחָק, Jitschak), was volgens tradisie in die Hebreeuse Bybel die tweede aartsvader en die enigste seun van Abraham by sy vrou Sara.

Isak was die vader van Jakob en Esau. Hy sou op die berg Moria (Tempelberg) deur sy vader geoffer word in opdrag van God, maar word deur die tussenkoms van 'n engel gered. Hy word in Genesis as 'n nomadiese vors voorgestel. Hy kom ook verskillende kere in die Koran voor as Ishaq (Arabies: اسحاق, ʾIsḥāq).

Isak
'n Engel weerhou Abraham daarvan om sy seun Isak te offer; skildery van Rembrandt (1635)

Van al die aartsvaders het Isak die oudste geword en hy was ook die enigste een wie se naam nie mettertyd verander is nie. Daarbenewens was hy die enigste aartsvader wat Kanaän nooit verlaat het nie, hoewel hy dit eenmaal probeer doen het, maar deur God teruggeroep is. In vergelyking met die ander aartsvaders is Isak se lewensloop minder kleurryk – daar word weinig fynere besonderhede oor sy lewe vermeld. In alle verhale waarin hy 'n rol speel, staan hy nie net in sy pa en seuns se skadu nie, maar ook in dié van sy vrou Rebekka wat sterk uitgebeeld word. Hy leef met Rebekka, anders as die ander aardsvaders en hul vroue, in 'n monogame huwelik.

Lewensloop

Kindertyd

Isak is een van die min mense in die Bybel van wie iets oor die persoon se kindertyd vermeld word, aanvanklik met die aankondiging van sy geboorte. Toe God aan Abraham en Sara te kenne gee dat Isak gebore sou word, lag Sara heimlik in haar binneste oor die aankondiging. Sy was ver verby die vrugbare tyd in haar lewe, en die voorspelling het vir haar onmoontlik gelyk. Toe die kind egter gebore word, sê sy: "God het my laat lag van vreugde! Almal wat dit hoor sal saam met my lag".

Abraham het sy seun laat besny toe hy agt dae oud was. Isak het groter geword en is gespeen en Abraham het 'n groot fees gereël om dit te vier. Toe Sara sien dat Ismael, die kind wat Abraham by haar slavin Hagar verwek het, met Isak gekskeer, dring sy by haar eggenoot aan dat Ismael en sy moeder verban moet word, sodat Isak die enigste erfgenaam van Abraham kon wees. Abraham twyfel, maar God beveel hom om aan sy vrou se wens te voldoen. Uit elk van die twee seuns sou immers 'n nasie voortkom.

God se opdrag om Isak te offer

'n Keer stel God Abraham op die proef en beveel hom om vir Isak as brandoffer te offer. Abraham neem Isak na die streek waar die Tempelberg geleë is. Daar bou Abraham 'n altaar en stapel hout op, hierna bind hy sy seun Isak vas en laat hom op die hout van die altaar lê. Abraham neem toe sy mes om sy seun daarmee te dood. Op daardie oomblik roep 'n engel uit die hemel dat hy nie moet voortgaan nie, want God is alwetend en weet dat Abraham selfs nie sy enigste seun van Hom sal weerhou nie. In plaas daarvan om Isak te offer neem Abraham toe 'n ram wat met sy horings verstrik geraak het in 'n bos daar naby, en offer die dier.

Huwelik

Toe Isak 40 jaar oud was, stuur Abraham sy oudste slaaf na Paddan-Aram om vir sy seun 'n vrou te gaan soek. Uiteindelik word 'n geskikte kandidaat, Rebekka, gevind en sy trou met Isak. Toe dit egter blyk dat sy geen kinders kon kry nie, bid Isak tot God om haar vrugbaar te maak en sy gebed word verhoor. Rebekka skenk vervolgens die lewe aan 'n tweeling: Esau en Jakob. Isak hou meer van Esau, terwyl Rebekka Jakob eerste stel.

Enkele jare later dwing 'n hongersnood Isak om na Gerar te verhuis, waar Abimeleg die koning was. Isak verwys na Rebekka as sy suster, soos Abraham vroeër in soortgelyke omstandighede gedoen het deur sy vrou Sara as sy suster voor te stel. Toe Abimeleg hiervan te wete kom, berispe hy Isak dat hy hom bedrieg het.

Toe Isak later ryk word en sy kudde van vee vermenigvuldig, word die Filistyne van Gerar so jaloers daaroor dat hul al die waterputte wat deur Isak se slawe uitgegrawe is weer met grond opvul. Isak gee gehoor aan Abimeleg se raad om te vertrek en rig sy tent op in die vallei van Gerar, waar hy nuwe waterputte grawe, maar hy ervaar weer probleme. Ná 'n tyd keer hy terug na Berseba, waar hy sy woonplekke opknap. Hier verskyn die Here aan hom en vernuwe Sy belofte aan Isak en seën hom. Ook hier vorm Abimeleg 'n alliansie met Isak.

Hoë leeftyd

Op gevorderde leeftyd word Isak heeltemal blind. Hy roep Esau, die oudste van sy tweelingseuns, en vra hom om te gaan jag en 'n bok te skiet, sodat hy die vleis daarvan kon eet, waarna hy van plan was om Esau te seën. Terwyl Esau egter op jag is, gebruik Jakob, met die medewerking van sy moeder, Rebekka, 'n slim set, deur hom voor te doen as Esau, sonder dat sy blinde vader daarvan weet. Hierdeur gee Isak dan aan Jakob die seën, en maak hom sodoende die belangrikste erfgenaam, terwyl Esau die ondergeskikte seun moes word.

Isak sterf toe hy 180 jaar oud word te Mamre by Kirjat-Arba, nou Hebron, waar sy vader en moeder ook gesterf het. Hy word deur albei sy seuns, wat intussen vrede gemaak het, begrawe.

Verwysings

Tags:

Isak LewensloopIsak VerwysingsIsakAartsvadersAbrahamArabiesGenesis (boek)HebreeusHebreeuse BybelJakobKoranTempelberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Heks van HexrivierPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLSeksuele penetrasieLys van elemente volgens simboolJakobSkaapAfrikaanse TaalmonumentCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKondensasieKoerantGoeie VrydagVeelvoudige sinHoofpynBesnydenisMantisWerkersdagSprokieWes-KaapDaggaHeuningbyWelwillendheidsdagGriepKewerChapmanspiek-rylaanNoord-Sotho (taal)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameJaarGawes van die Heilige GeesBysteekGevolge van aardverwarming op oseaneFibonacci-reeksDialoog in fiksieKurt-Lee ArendseAntisemitismeSeekoeiJakkalsDokterVloeistofFotoNoord-KaapJansenvilleBateSiya KolisiXhosaStadProksemikaJan-Willem BreureDistrik SesLieweheersbesieWeervoorspellingPersoon (taalkunde)NiemetaalMagnesiumAkademiaDie GelofteGeslagWeer (meteorologie)HindoeïsmeHector PietersonAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVoedselkettingMonopolyVolhoubaarheidMotorvoertuigDikdermAmateurradioProstaatkankerLandbouVratEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaWaterpokkiesBeaufortskaalHerfsDepressie (gemoedstoestand)StudievaardighedeWaterSteve Biko🡆 More