Omar ibn al-Khattab of Aboe Hafsa ibn al-Chattib (Arabies: عمر بن الخطاب; omstreeks 586-590 tot 7 November 644), ook bekend as Omar die Grote en Al-Farooq, was die tweede en magtigste van die vier reggeleide kaliefs van Islam en een van die invloedrykste Moslem-leiers.
Hy was ’n metgesel van Mohammed en het Aboe Bakr in 634 as kalief opgevolg. Hy was ’n uitstekende wetgeleerde en dit het hom die titel Al-Farooq ("die een wat onderskei tussen reg en verkeerd") besorg en sy huis die naam Darul Adal ("huis van geregtigheid").
Omar عمر بن الخطاب | |
---|---|
Kalief van die Rasjidoen-kalifaat | |
Volle naam | Omar ibn al-Khattab of Aboe Hafsa ibn al-Chattib (عمر بن الخطاب) |
Titels | Al-Farooq ("die een wat onderskei tussen reg en verkeerd") Amir al-Mu'minin ("Leier van die gelowiges") |
Regeer | 23 Augustus 634 – 3 November 644 |
Voorganger | Aboe Bakr |
Opvolger | Oethman |
Gebore | 586; Mekka, Arabië |
Oorlede | 3 November 644; Medina, Arabië |
Begrawe | Al-Masjid an-Nabawi, Medina |
Eggenote |
|
Kinders | Seuns
Dogters
|
Vader | Khattab ibn Nufayl |
Moeder | Hantamah binti Khattab |
Broer | Zayd ibn al-Khattab |
Suster | Fatimah bint al-Khattab |
Afstammelinge | Farooqi |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Omar, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.