Al-Ankabut

Al-Ankabût (Arabies: العنكبوت, "Die Spinnekop") is die 29ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 69 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

العنكبوت
  Soera 29 van die Koran  
Klassifikasie Mekkaans
In Arabies Al-Ankabût
Transliterasie Al-Ankaboet
In Afrikaans "Die Spinnekop"
Deel 20
Ajat 69

Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Alief, Laam, Miem. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 41, waarin vertel word mense wat ander gode aanbid, is soos 'n spinnekop, wat die swakste soort huis bou wat daar is.

Volgens die soera het al die profete van God teenspoed gekry. Noag is dikwels gespot en Abraham is in die vuur gegooi. Maar God het die mense vernietig wat oortree het. Soos in vers 40 gesê word:

So het Ons iedereen vir sy sonde gestraf. En onder hulle was hy oor wie Ons ’n geweldige storm gestuur het, en onder hulle was een wat deur die aardbewing getref is, en onder hulle was hy wat in die aarde versink het, en onder hulle was hy vir wie Ons laat verdrink het. En dit was nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen.
Soera 29:40

Verwysings

Skakels

  • Al-Ankabut  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.
Vorige soera:
Al-'Kasas
Die Koran Volgende soera:
Ar-Rum
Soera Al-Ankabut

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaagSwedeStudievaardighedeLGBTKameeldoringAardverwarmingYsterAfrikaanse TaalmonumentNoag se arkDikdermSuid-Afrikaanse WeermagKremetartSportChristendomLimfvatstelselEuropaVivian BonnellLys van Suider-Afrikaanse soogdierePeruKapitaal (ekonomie)LekkerruikpeulVreemde Stad (album)20ste eeuKweperBeëdigde verklaringPeach van PletzenLys van Afrikaanse rolprenteBrandmondsindroomPlettenbergbaaiApostoliese GeloofsbelydenisHenry CavendishIndustriële RevolusieKlankverskynselsDesiré GardnerSuid-Afrikaanse InkomstediensGeloftedagMaliKatastrofiese beseringLeeuNiersteenTweede WêreldoorlogMajaPuberteitSpanjeLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameAkademiaMaskerNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaParysByvoeglike naamwoordUpingtonGeelsugCristina Fernández de KirchnerDie GeloftePadtekens in Suid-AfrikaNamibiese OnafhanklikheidsoorlogLongontstekingKwitansieNew YorkSuider-Afrikaanse ietermagogVeelrassige pornografieAntieke EgipteQJagluiperdHipertensieVerenigde StateBisIntelligensieGrondsoortePAnilingus🡆 More