Lgbt: Afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender

LGBT is ’n afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender.

Dit word wyd beskou as sinoniem met die gay gemeenskappe. Dit word sedert die 1990's gebruik en het die ouer afkorting LGB vervang wat gebruik is in plaas van die ou term "gay" met verwysings na die LGBT-gemeenskap. Aktiviste het gevoel die term "gay gemeenskap" verteenwoordig nie almal na wie dit verwys volkome nie. Die afkorting word deur die meeste gemeenskappe aanvaar wat op seksuele en gender-identifikikasie geskoei is.

Lgbt: Afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender
Die reënboogvlag.

Sommige groepe verkies die afkortings LGBTQ (vir die byvoeging van "queer" of "questioning"), LGBTI (vir "interseksueel") of selfs LGBTQIA+ om die hele spektrum van menslike seksualiteit en gender in te sluit, ook aseksuele.

Hier volg ’n kort beskrywing van elke term:

  • Lesbiër: Vroulike homoseksuele persoon
  • Gay: Manlike of vroulike homoseksuele persoon
  • Biseksueel: Aantrekking tot die teenoorgestelde geslag sowel as tot die dieselfde geslag
  • Transgender: Iemand wie se selfidentiteit nie ooreenstem met sy geslag nie. Sulke mense ondergaan dikwels ’n geslagsverandering.
  • Queer: Gewoonlik jonger mense wat die woord queer gebruik om hulself te beskryf.
  • Interseksueel: Mense wat met beide manlike en vroulike seksorgane gebore is.
  • Aseksueel: Iemand wat geen seksuele aantrekking tot ander voel nie.

Geskiedenis van die term

Lgbt: Afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender 
LGBT-publikasies, Pride-parades en soortgelyke gebeure, soos die Bologna Pride in 2008 in Italië, laat die term "LGBT" al hoe meer weg in plaas daarvan om voortdurend nuwe letters by te voeg en ’n stryd te voer oor die volgorde waarin die letters moet voorkom.

Voor die seksuele rewolusie van die 1960's is die term "derde geslag" soms gebruik, maar dit is nooit algemeen aanvaar nie.

Die eerste erkende term, "homoseksualiteit", het aanvanklik negatiewe konnotasies gehad. In die 1950's en 1960's het sekere mense eerder "homofilie" gebruik, en sedert die 1970's "gay". Die Sweedse psigiater en skrywer Lars Ullerstam het die term "seksuele minderheid" voorgestaan na aanleiding van die term "etniese minderheid".

Namate lesbiërs op die voorgrond getree het, het die term "gay en lesbies" meer algemeen geword. Die Dogters van Bilitis het in 1970 ontbind weens dispute oor of hulle op feminisme of LGBT-regte moet fokus. Omdat gelykheid belangrik was vir feministiese lesbiërs, het hulle die verskille tussen die geslagte en die woorde "butch" en "femme" as patriargaal beskou. Baie lesbiërs het selfs geweier om saam met gay mans te werk. Ander lesbiërs het dié gebelgde menings as nadelig vir die gay saak beskou. Biseksuele en transgender mense het ook erkenning gesoek as wettige kategorieë in die groter minderheidsgemeenskap.

Met die veranderings wat in die 1970's en 1980's ingetree het ná die Stonewall-onluste van 1969 in New York het sommige gays en lesbiërs minder verdraagsaam geraak teenoor biseksuele en transgender mense. Kritiek was dat transgenders stereotipes uitbeeld en dat biseksuele net gay mans is wat bang is om eerlik oor hul identiteit te wees. Al die gemeenskappe het gesukkel om hul eie identiteit op te bou en maniere te vind om saam met ander seksuele en genderminderheidsgroepe te werk; dit duur vandag nog voort.

Van 1988 af het aktiviste in Amerika die afkorting LGBT begin gebruik. Eers in die 1990's het gays, lesbiërs, biseksuele en transgenders egter gelyke respek binne die beweging gekry. Hoewel die aanvaarding van al die groepe steeds omstrede was, het die term LGBT gedien as ’n positiewe simbool van inlsuiting.

Die afkorting sluit nie alle kleiner groepe in nie, maar daar word algemeen aanvaar hulle is wel deel van die beweging en die term het mettertyd gehelp om mense wat andersins randgemeenskappe is, na die beweging te lok.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BiseksualiteitGayLesbiërTransgender

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BelastingBakterieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeQwaqwaSuid-Afrikaanse GrensoorlogHipoteseVeelrassige pornografieAfrikanernasionalismeVaginaSeksuele penetrasieVryheidsdagShakaSteenbokskeerkringSeksuele oriëntasieFinale OplossingMonumentAvenue des Champs-ÉlyséesBevolkingDildoAgnes StraubPenisPlagiaatAntisemitismeVlag van Suid-AfrikaRekenaarlêerstelselJo BlackVratNommertekenKaasInternetLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMasturbasieLee Hsien LoongTrappe van vergelykingLinuxWiskundePampoentjiesRock and Roll OverSpringbokkeOsoonuitputtingKoue OorlogKakaoboonDistrik SesGoogle MapsVoorhuidBalletBinêre getallestelselInternasionale Fonetiese AlfabetKweekhuiseffekSewe wonders van die wêreldVarkgriepKoorsblaarLuiperdShine4MoraliteitSteve BikoTweede VryheidsoorlogAlexander KarelinAkroniemMakkerrolprentDie aartappeletersNederlandsInsekJohn MiltonShivaWolkGebande muishondHeydar Aliyev Internasionale LughaweJak de PriesterSuidlandersKaapkolonieLieweheersbesieStedelike gebiedDavid BaszuckiKakiebosGrondsoorteJaar🡆 More