Noag Se Ark

Noag se ark (Hebreeus: תיבת נח‎‎; Bybelse Hebreeus: Tevat Noaḥ) was volgens die Bybelse boek Genesis 'n groot skip wat Noag vir sy gesin en 'n paar van elke dier op aarde gebou het om die sondvloed wat die ganse wêreld oorstroom het, te oorleef.

Daar was agt mense op die ark: Noag, sy vrou en hulle drie seuns en skoondogters.

Noag Se Ark
Noag se ark
Creation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA
Noag Se Ark
Die bou van die ark, deur 'n onbekende Franse skilder, om en by 1675.
Noag Se Ark
'n Fresco in die Sixtynse kapel, deur Michelangelo.
Noag Se Ark
Noag se ark, deur Edward Hicks

Volgens Genesis het God Noag 'n bevel met instruksies gegee om die ark te bou. Sewe dae voor die vloed het God Noag beveel om die ark saam met sy gesin en diere te betree. Die verhaal beskryf verder dat die ark die vloed weerstaan het, en uiteindelik soos die waters weggesyfer het, het dit tot rus gekom op die berg Ararat.

Die storie word herhaal, met variases, in die Koran, waar die ark verskyn as Safina Nuh (Arabies: سفينة نوح‎‎ "Noag se boot").

Die Genesis vloedverhaal is soortgelyk aan verskeie vloedmites van 'n verskeidenheid kulture. Die vroegste bekende vloedmite is die Sumeriese mite gevind in die Epos van Zisudra

Soektogte vir Noag se ark is gemaak sedert ten minste die tyd van Eusebius (c.275–339 VC) en duur tot vandag voort. Daar is tans geen wetenskaplike bewyse vir 'n wêreldwye vloed nie, ook met vele ekspedisies is geen bewys van die ark gevind nie.

Beweerde verwysing in Chinese skrif

Vandag is die Chinese karakter vir 'n groot boot 'n samestelling van drie prentjies:

  1. 'n Vaartuig
  2. Die foneteiAgt
  3. Mond/persoon

Daar word beweer dat dit 'n verwysing is na die agt mense wat op die ark was.

Bybelteks

Die ark word in die Ou Testament van die Bybel in Genesis 6-8 beskryf:

Noag Se Ark  (11) Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld;

(12) Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.
(13) Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
(14) Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.
(15) Jy moet dit soos volg maak: die lengte van die ark moet honderd vyf en dertig meter wees, sy breedte twee en twintig en 'n half meter en sy hoogte dertien en 'n half meter.
(16) Jy moet 'n dak vir die ark maak en sy nok moet jy vyf en veertig sentimeter hoog maak. Verder moet jy 'n deur aan die kant van die ark insit en 'n onderste, middelste en boonste verdieping maak.
(17) Ek gaan 'n oorstroming oor die aarde laat kom om al wat daarop lewe, te verdelg, elke lewende ding onder die hemel. Alles wat op die aarde is, sal omkom,
(18) maar met jou wil Ek 'n verbond sluit. Jy moet in die ark ingaan, jy en jou seuns en jou vrou en jou skoondogters.
(19) Van al wat leef, van al die diere, moet jy twee van elk, manlik en vroulik, in die ark laat ingaan om saam met jou aan die lewe te bly.
(20) Van elke soort voël en dier, ook van dié wat kruip, van almal sal daar twee na jou toe kom om aan die lewe te bly.
(21) Jy moet vir jou kos saamvat, van alles wat geëet kan word, en dit by jou wegpak. Dit sal jou en die diere se kos wees.”
(22) Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het.

Noag Se Ark 

Tydlyn

Hier volg die Bybelse tydlyn rondom die tyd van Noag se ark:

Datum (vC) Jaar na Noag Gebeurtenis Kommentaar
2948 0 Noag gebore
2969 0 Noag word as profeet geroep Dit was waarskynlik 120 jaar voor die vloed: Gen 6:3 Toe sê die Here: “My Gees sal nie meer so lank in die mens bly nie, want hy is sterflik. Sy lewensduur sal nou honderd en twintig jaar wees.”
2448 500 Jafet word gebore Gen 5:32 Toe Noag vyf honderd was, het hy die vader geword van Sem, Gam en Jafet.
2446 502 Sem word gebore Twee jaar na die vloed was Sem 100 jaar oud. Gen 11:10 Hier volg die familieregister van Sem. Toe Sem 100 was, het hy die vader geword van Arpaksad, twee jaar na die oorstroming.
? ? God gee opdrag dat Noag die ark moet begin bou. Die Bybel is nie spesifiek hoe lank Noag aan die ark gebou het nie. Alhoewel Noag reeds 120 jaar voor die sondvloed as profeet geroep is, noem die Bybel egter eers dat Noag se seuns gebore is (Gen 5:32 en Gen 6:10) voor hy die opdrag gekry het om die ark te bou (Gen 6:11 en verder). Daarom kan 'n mens aflei dat Noag minder as 100 jaar aan die ark gebou het.
2348 600 Sondvloed Gen 7:6 Noag was ses honderd jaar toe die vloedwaters oor die aarde gekom het.
1998 950 Noag sterf Gen 9:28 Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef.
Gen 9:29 Noag was dus nege honderd en vyftig jaar toe hy gesterf het.

Grootte van ark

Vir 'n houtboot was die ark groot, maar nie onrealisties groot nie. Die volgende is 'n lys van die grootste houtskepe in die wêreld en hulle groottes:

  • Noag se ark: 137.16 × 22.86 × 13.716 m
  • Chinese skatskip: 127 × 52 m
  • Tessarakonteres: 128 × 18 m
  • Thalamegos: 115 × 14 m
  • Leontophoros: Ongeveer 110 m

Hierdie is egter klein in vergelyking met die grootste staalskepe vandag:

  • Prelude: 488 m
  • Seawise Giant: 458.46 m
  • Pierre Guillaumat: 414.22 m
  • Oasis class: 360 m
  • USS Nimitz: 332 m
  • RMS Titanic: 269 m

Volskaalse arke vandag

  • Die Nederlander, Johan Huibers, het in 2012 'n volskaalse ark gebou.
  • Daar is ook 'n volskaalse ark naby die Hongkong Internasionale Lughawe in China. Dit is 'n gebou en nie gemaak om te dryf, soos Johan Huibers se ark nie. Dit is 'n hotel, restaurant en speelpark.
  • Kentucky (deur Ken Ham)

Mite of werklik?

Baie mense (selfs Christene) glo dat die verhaal van Noag 'n mite is wat nie werklik gebeur het nie. Skeppingsleerders glo egter dat dit werklik gebeur het. Die volgende is vrae wat gewoonlik gevra word oor Noag se ark:

  • Sou al die diere op die ark pas?
  • Sou die ark stabiel wees? Sou dit nie omslaan nie?
  • Hoe het al die diere na die res van die wêreld versprei na die vloed?
  • Is die ark gevind?
  • Waar het al die water vandaan gekom?
  • Waar het al die water heen gegaan na die tyd?
  • Was die vloed globaal?
  • Is 'n globale vloed haalbaar?
  • Hoe kon varswater- en soutwatervisse 'n globale vloed oorleef?
  • Kon die wêreld se bevolking vandag van slegs 8 mense kom?

Voetnotas

Tags:

Noag Se Ark Beweerde verwysing in Chinese skrifNoag Se Ark BybelteksNoag Se Ark TydlynNoag Se Ark Grootte van arkNoag Se Ark Volskaalse arke vandagNoag Se Ark Mite of werklik?Noag Se Ark VoetnotasNoag Se ArkAardeBybelDierGenesisHebreeusNoagSkip

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anette EngelbrechtCovid-19-pandemieShakaIsraelSteenkoolMierKriekWitrenosterPlastiekVeelrassige pornografieLettergreepPaarl GimnasiumGeskiedenis van erotiese afbeeldingsOorlogRekenaarLetterkundeMaselsBoer Soek 'n VrouSkisofrenieWortelLGeskiedenis van die AardeWaterbesoedelingChemiese elementWikimedia-stigtingLys van elemente volgens simboolSosiale mediaGenesisTweede VryheidsoorlogAardkorsVerdampingLeierskapJan-Willem BreureDigvormVierde Industriële RevolusieTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSteenkool in Suid-AfrikaAardeVlagterminologieApartheidAfvalbestuurTrekarbeidAardverwarmingBergpredikasieSuid-Afrikaanse randGroepsgebiedewetSnaarinstrumentAnale seksWaarnemingTuisbladKankerNagmaalHarry PotterHerpes simplexVaginaJak de PriesterTuberkuloseBrongitisOntwikkelende landLemoenduifMaria MagdalenaRoland GarrosTelefoonAgtervoegselRuhan du ToitLys van nedersettings in Suid-AfrikaRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPenisverlengingDataverwerkingMisdaadromanSarah Rose KarrKwaZulu-NatalRefentse MorakeRuteniumLeeuRocco Siffredi🡆 More