'n Kweper (of Kweperboom) (Engels: Quince, Nederlands: Kweepeer, Latyn: Cydonia oblonga) is 'n plant uit die roosfamilie (Rosaceae).
Die plant is vrugdraend en die vrugte word ook na verwys as kwepers.
Kweper | |
---|---|
Kweper | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rosaceae |
Genus: | Cydonia |
Spesie: | C. oblonga |
Binomiale naam | |
Cydonia oblonga Miller |
Dit is vroeër jare algemeen in tuine aangeplant vir die vrugte wat vir konfyt gebruik is. Kwepers word veral vars in Suid-Afrika van die boom af geëet, geskil en met sout bestrooi. Dit word ook gekook in suiker en in pasteie gebruik. Dit kan ook heel en ongeskil by 160 grade in 'n oond gebak word tot dit sag is (+/- 1 tot 1 1/2 uur). Bedien dan met room of kondensmelk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kweper, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.