Die Hui-Chinese (Chinees: 回族, Pinyin: Huízú, Xiao'erjing: خُوِذُو/حواري, Dungan: Хуэйзў/Huejzw) is een van die 56 amptelik erkende etniese groepe (nasionaliteite) in die Volksrepubliek China.
Hulle is etnies en taalkundig nou verwant aan die Han-Chinese, met die uitsondering dat die Hui-Chinese oorwegend aanhangers van die Soennitiese Islam is, en hul jong seuns word besny. Kleiner Islamitiese etniese groepe wat nie deur die Chinese regering as eie nasionaliteite erken word nie, word by die Hui-Chinese ingereken.
Hui-Chinese | |
---|---|
Totale bevolking: | 10 586 087 |
Belangrike bevolkings in: | Volksrepubliek China Kirgisië |
Taal: | Mandaryns (insluitende Dungan) en ander Chinese tale |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Sino-Tibettaanse volke soos Han-Chinese. |
Hui-Chinese is naas Han-Chinese en Zhuang die derde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Volgens die sensus van 2011 leef in die Volksrepubliek China 10 586 087 Hui-Chinese, veral in die streke Noordwes-China en die sentrale Zhongyuan. Groot bevolkings van Hui-Chinese leef in die provinsies Ningxia (2 173 820 of 20,52%), Gansu (1 258 641 of 11,88%), in die outonome gewes Xinjiang (983 015 of 9,28%) en Henan (957 964 of 9,04%). Nes Oeigoere is Hui-Chinese een van die grootste groep Moslems in die Volksrepubliek China.
Hui-Chinese praat as moedertaal oorwegend Mandaryns met plaaslike dialekte. Hul dialek word in die aangrensende lande Kirgisië, Kasakstan, Oesbekistan en Tadjikistan Dungan (東干語) genoem. In liturgiese opsig word hul taalgebruik deur leenwoorde uit Arabies, Persies en Turks gekenmerk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hui-Chinese, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.