Sanna Marin: Finse politikus

Sanna Mirella Marin (gebore 16 November 1985) is 'n Finse politikus wat sedert 10 Desember 2019 as Finland se Eerste minister dien.

Sy is 'n lid van die Sosiale Demokrate van Finland, en is sedert 2015 'n lid van die Parlement van Finland. Sy was van 6 Junie 2019 tot 10 Desember 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasie gewees.Sy is tans die wêreld se jongste dienende staatshoof.

Sanna Marin
Sanna Marin
Sanna Marin in 2022

Ampstermyn
10 Desember 2019 – 20 Junie 2023
President Sauli Niinistö
Voorafgegaan deur Antti Rinne
Opgevolg deur Petteri Orpo

Minister van Vervoer en Kommunikasie
Ampstermyn
6 Junie 2019 – 10 Desember 2019
Eerste minister Antti Rinne
Voorafgegaan deur Anu Vehviläinen
Opgevolg deur Timo Harakka

Persoonlike besonderhede
Gebore Sanna Carolina Marin
16 November 1985 (1985-11-16) (38 jaar oud)
Helsinki, Finland
Politieke party Sosiaal-Demokratiese Party
Kind(ers) 1
Alma mater Universiteit van Tampere

Nadat Antti Rinne as eerste minister bedank het, het die Sosiale Demokrate op 8 Desember 2019 vir Marin as hul nuwe kandidaat vir eerste minister aangewys. Sy het by bevestiging deur die parlement op 34-jarige ouderdom beide die jongste dienende eerste minister in die geskiedenis geword en Finland se jongste eerste minister. Sy is ook die derde vroulike eerste minster van haar land, na Anneli Jäätteenmäki en Mari Kiviniemi.

Vroeë lewe

Marin is op 16 November 1985 in Helsinki gebore en het in Espoo en Pirkkala gewoon voordat sy na Tampere verhuis het.

Loopbaan

Marin het in 2004 aan Pirkkala Hoërskool op die ouderdom van 19 gematrikuleer. Sy het in 2017 'n meestersgraad in Administratiewe Wetenskappe aan die Universiteit van Tampere verwerf.

Marin het in 2006 by die Sosiaal-Demokratiese Jeugbeweging aangesluit, en van 2010 tot 2012 as die organisasie se eerste vise-president gedien.

Marin was 'n kandidaat tydens die Finse munisipale verkiesings van 2008 maar is nie verkies nie. Sy het van 2012 af aktief by politiek betrokke geraak. Tydens die Finse munisipale verkiesings van 2012 is sy op 27-jarige ouderdom verkies tot die stadsraad van Tampere, welke 'n deurbraak in haar politieke loopbaan was. Sy was vanaf 2013 tot 2017 die voorsitter van die stadsraad. Tydens die Finse munisipale verkiesings van 2017 was sy weer tot die stadsraad verkies. Sy is ook 'n lid van die Vergadering van die raad van die Tampere-streek. Sy was ook vanaf 2013 tot 2016 'n lid van die Pirkanmaa-streeksraad.

Marin was in 2014 tot adjunk-voorsitter van die Sosiale Demokrate verkies. Tydens die 2015 Finse parlementêre verkiesing was sy op 30-jarige ouderdom as lid van die parlement van Finland verkies as LP van die Pirkanmaa kiesafdeling of - distrik. Sy is vier jaar later weer verkies tydens die 2019 Finse parlementêre verkiesing. Sy het op 6 Junie 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasies geword.

In Desember 2019 is sy deur die Sosiale Demokrate genomineer om Antti Rinne as eerste minister van Finland op te volg. Rinne is wyd gekritiseer oor die wyse waarop hy 'n staking van die posdienste hanteer het; maar sou tot ten minste Junie 2020; wanneer 'n partykonvensie gehou word; die formele leier van die Sosiale Demokrate bly. Sy is met 'n meerderheidstem bo haar teenstander, Antti Lindtman, verkies. Daar is wyd gerapporteer dat Sanna Marin aan die hoof van die regering sal staan, wat gevorm is deur 'n koalisie van vyf partye waarin 12 uit 18 ministers in die kabinet vroue sal wees.

Marin en die Sosiale-Demokrate is tydens Finland se algemene verkiesing wat op 2 April 2023 plaasgevind het verslaan. Die SDP sal na verwagting 43 van die 200 parlementêre setels wen – drie meer as in die vorige verkiesing, maar net genoeg vir derde plek. Die SDP se vennote wat deel vorm van die sentrum-linkse koalisie het almal swakker gevaar as tydens 2019 se algemene verkiesing.

Die sentrum-regse Nasionale Koalisieparty (NKP), gelei deur die 53-jarige Petteri Orpo, het die stem met 'n geprojekteerde 48 setels gewen. Die NKP het in 2019 derde geëindig, maar sal nou die eerste poging gegun word om 'n nuwe regering te vorm. Die anti-immigrasie, nasionalistiese Finne-party het sy posisie as die tweede grootste groep in die parlement behou, nadat hulle na raming 46 setels gewen het, teenoor 37 in 2019.

Ontleders meen Marin se regering het steun verloor, ten spyte van haar persoonlike gewildheid, deur die nasionale skuld te laat ophoop. Die nasionale skuld het 70% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) verbygesteek sedert Marin aangestel is. Die skuldkwessie is volgens ontleders deur ongeveer een vyfde van die kiesers in meningspeilings as die belangrikste kwessie aangewys.

Verwysings

Eksterne skakels

Politieke poste
Voorafgegaan deur
Anu Vehviläinen
Minister van Vervoer en Kommunikasie
2019
Opgevolg deur
Timo Harakka
Voorafgegaan deur
Antti Rinne
Eerste minister van Finland
2019–
ingesetene

Tags:

Sanna Marin Vroeë leweSanna Marin LoopbaanSanna Marin VerwysingsSanna Marin Eksterne skakelsSanna Marin16 November1985Eerste ministerFinland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardeMeningsverskil oor aardverwarmingKarooMetaalRenaissanceNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyJan-Willem BreureGoogleSimboolSeksismeEiffeltoringLys van Kaapstad se voorstedeSelfstandige naamwoordSkilpadMeeueTsoenamiPreseminale vloeistofMangelontstekingBestuiwingHondKrapXenofobie in Suid-AfrikaVoedingKlimaatsverandering in AfrikaMenstruasieMadison IvyDrakensbergeTikTokNederlandsVerkragtingJakkalsPad na jou hartVerkoueAnale kankerWinterPablo PicassoSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieGevolge van aardverwarming op oseaneVulvaIndustriële RevolusieOlifantDistrik SesDesmond TutuWinnie Madikizela-MandelaIndiëVraag en aanbodChatGPTVoegwoordLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsTelevisieDemokrasieVolhoubaarheidPoësieKopieregNedersettingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidElon MuskLewerVoëlAluminiumElektrolietWikiRookgewoonteKunsmatige algemene intelligensieSinoniemGrondwetSonVincent van GoghMenseregteOntwerpAfrikanernasionalismeKindersiektesOlimpiese SomerspeleAntoniemFinale OplossingHemelvaart🡆 More