Ios: Mobiele bedryfstelsel wat deur Apple Inc. eksklusief vir sy eie hardeware ontwikkel is

iOS (oorspronklik iPhone OS genoem) is 'n mobiele bedryfstelsel wat deur Apple Inc.

eksklusief vir sy eie hardeware ontwikkel is. Tans word die meeste van Apple se mobiele toestelle deur hierdie bedryfstelsel aangedryf, insluitende die iPhone, iPad en iPod Touch. Dit is tans die tweede gewildste mobiele bedryfstelsel wêreldwyd na Android.

iOS
Kort opsomming van die logo.
Ios: Mobiele bedryfstelsel wat deur Apple Inc. eksklusief vir sy eie hardeware ontwikkel is
Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 29 Junie 2007
Nuutste weergawe 13.6 (17G68)/ 15 Julie 2020
Nuutste betaweergawe 14.0 Beta 2 (18A5319i)/ 7 Julie 2020
Programmeertaal C, C++, Objective-C, Swift
Platform ARMv8-A (iOS 7 en latere)
ARMv7-A (iPhone OS 3–iOS 10)
ARMv6 (iPhone OS 1–iOS 4.2.1)
Beskikbaar in Veeltalig (40 tale)
Lisensie Proprietêre sagteware
Webblad www.apple.com/ios/

iOS is oorspronklik in 2007 bekend gestel as die bedryfstelsel vir Apple se slimfoon iPhone, maar later ook gebruik om ander Apple-toestelle aan te dryf soos die musiekspeler iPod Touch (vanaf September 2007) en die tabletrekenaar iPad (vanaf Januarie 2010). In Maart 2018 was daar meer as 2,1 miljoen iOS-toepassings in Apple se toepassingswinkel beskikbaar, waarvan sowat een miljoen vir gebruik op die iPad bestem is.

iOS is 'n derivaat van Apple se macOS-bedryfstelsel vir tafel- en skootrekenaars en baseer op Apple se oopbron-bedryfstelsel Darwin wat op sy beurt op basis van NeXTStep (vanaf 1986) ontwikkel is - 'n BSD-Unix-bedryfstelsel met 'n Mach-kern en 'n destyds innovatiewe grafiese gebruikerskoppelvlak.

Met die vrystelling van die nuwe bedryfstelsel iPadOS as 'n aangepaste weergawe van iOS vir gebruik op iPad-tabletrekenaars op 24 September 2019 bly iOS beperk tot iPhone-slimfone en iPod touch-toestelle.

Verwysings

Tags:

AndroidApple Inc.Bedryfstelsel (inligtingstegnologie)IPod

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MangelontstekingPsigopatieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)ArmoedeverligtingXenofobieYstertydperkSeksueel oordraagbare infeksieVigsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaPapegaaieJan-Willem BreureHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLionel PetersonGqeberhaAnneli van RooyenWolkTrekarbeidLuislangeSteenkool in Suid-AfrikaMaagsweerLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsProsaDuitslandMetamfetamienSkaakADieretuinPêrelBernice WestGeelsugRicus NelLourensrivierSkilpadTwaalf Stamme van IsraelKultuurOseaanbesoedelingLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandKasteel die Goeie HoopMaroela MediaDeon MeyerMynbouOlimpiese Somerspele 2024MierRooikatLandbouGeslagsgelykheidBeesVoortrekkermonumentWerkwoordLys van elemente volgens simboolChristendomOutismeTrevor NoahMaagdelikheidFrankrykBysteekGeboorteSelfvertroueAarde se atmosfeerKolorektale kankerInternetLongontstekingSeekoeiAardverwarmingNelson MandelaKinderregteOvulasieJeugdagSoogdier2024 Chinese Grand PrixAkroniemCutt GlasHemelBesemPesachBeesvleis🡆 More