Rugbywêreldbeker 2015

Die Rugbywêreldbeker 2015 (Engels: 2015 Rugby World Cup; Wallies: Cwpan Rygbi’r Byd 2015) is van 18 September tot 31 Oktober 2015 in Engeland en Wallis beslis.

Dit was die agtste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vierde in die Noordelike Halfrond. Engeland het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydse Vyfnasies Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aangebied.

Rugbywêreldbeker 2015
Rugbywêreldbeker 2015
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Wallis Wallis
Datums 18 September – 31 Oktober
Aantal nasies 20 (96 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Rugbywêreldbeker 2015 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner Rugbywêreldbeker 2015 Vlag van Australië Australië
Derde plek Rugbywêreldbeker 2015 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Toernooistatistiek
Wedstryde 48
Bywoning 2 477 805 (gem. 51 621 per wedstryd)
Drieë 271 (gemiddeld 5.65 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez (97)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Julian Savea (8)
2011
2019
Rugbywêreldbeker 2015
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 2003, 2007 en 2011 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2015 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2011-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Georgië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2015 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2019 in Japan gekwalifiseer het.

Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2015 is Nieu-Seeland, Australië, Suid-Afrika en Ierland as gunstelinge op die titel beskou. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Australië met 34–17 gewen en sodoende sy derde wêreldtitel ingepalm. Daarmee het Nieu-Seeland die eerste nasionale rugbyspan geword wat die beker kon verdedig en ook vir ’n derde keer kon wen. Daarbenewens was dit die tweede eindstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee spanne van die Suidelike Halfrond gesien het, ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika, en die eerste halfeindrondte sonder spanne van die Noordelike Halfrond. Twickenham het ná Edenpark in Auckland die tweede rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 1991-toernooi – gehuisves het. Suid-Afrika het in die derde en Argentinië in die vierde plek geëindig. Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis was daar geen debutante nie.

Die wedstryd tussen Japan en Suid-Afrika tydens die openingsnaweek, waarin Japan die beslissende drie in ekstra tyd teen die gunsteling Suid-Afrika kon druk, word algemeen as die “grootste ontsteltenis” in die rugbygeskiedenis beskou. Vervolgens het dié toernooi van die begin af baie media-aandag geniet. Die gasheer Engeland is ná nederlae teen Wallis en Australië reeds in die groepfase uitgeskakel; dit was die eerste keer in die toernooi se geskiedenis wat ’n nominale gasheer nie tot die uitklopfase kon vorder nie. Daarbenewens was Japan, as gevolg van minder bonuspunte, die eerste span met drie oorwinnings wat nie tot die kwarteindrondte kon vorder nie.

Toewysing

Rugbywêreldbeker 2015 
Kaart van die kandidaatlande vir die Rugbywêreldbeker 2015

Die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby (tot 2014: Internasionale Rugbyraad) het tot op 15 Augustus 2008 vir bode van belangstellende lande wat die Rugbywêreldbeker 2015 of Rugbywêreldbeker 2019 wou aanbied tyd gegee. Tot op hierdie datum was slegs ’n formele verklaring sonder gedetailleerde planne voldoende. ’n Rekord van tien lande het vervolgens hul belangstelling vir een van die twee toernooie aangekondig: Australië, Engeland, Ierland, Italië, Jamaika, Japan, Rusland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Van hierdie tien lande het ses hul kandidatuur in die eerste helfte van 2009 teruggetrek. Engeland, Italië, Japan en Suid-Afrika was vervolgens die moontlike kandidaatlande; met Engeland en Japan as gunstelinge.

Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Rugbyraad wat op 28 Julie 2009 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2015 aan Engeland toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2019 aan Japan toegewys is.

Engeland was daarmee vir die tweede keer ná 1991 (nominale) gasheer van ’n rugbywêreldbekertoernooi. Die Rugbywêreldbeker 2015 het tot die Verenigde Koninkryk se “Dekade van Sport” met groot sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 2012 en Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen, Statebondspele 2014 in Glasgow, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 (wat egter aan Rusland toegewys is) en Krieketwêreldbeker 2019 in Engeland en Wallis behoort.

Deelnemers

Kwalifisering

Naas die nominale gasheer Engeland, wat ook met sy deelname aan die kwarteindrondte van die Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer het, het ook die ander sewe deelnemers aan die kwarteindrondte en die vier derdeplek-spanne van die 2011-groepfase vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer. Vervolgens is agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Twee plekke elk is vir die nasionale spanne van die Amerikas en Europa gereserveer en een elk vir Afrika, Asië en Oseanië. Die oorblywende plek is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte beslis. As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 96 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Engeland en Wallis.

Die volgende spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer: Engeland as gasheer en kwarteindrondtespan 2011, Nieu-Seeland as verdedigende kampioen, Frankryk as naaswenner en Australië as derde plek in 2011, Wallis as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Ierland, Suid-Afrika en Argentinië, asook die derde plekke in die groepfase Skotland, Samoa, Tonga en Italië. In Augustus 2013 het Kanada as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle die Verenigde State met ’n algehele telling van 40–20 verslaan het. Amerikas 2 is in Maart die volgende jaar gevul toe die Verenigde State Uruguay met ’n algehele telling van 59–40 geklop het. In dieselfde maand het Georgië as Europa 1 gekwalifiseer en Roemenië as Europa 2. Twee maande later het Japan die enigste Asiatiese toekenning gewen. In Junie 2014 is Fidji bevestig as as kwalifiseerder van Oseanië as Oseanië 1. Een maand later het Namibië vir sy vyfde agtereenvolgende wêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe die span die Afrikabeker met ’n beter punteverskil beklink het. Uruguay het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Rusland met ’n algehele telling van 57–49 geklop het.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 20 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer. Dieselfde 20 lande het ook aan die toernooi in 2003 deelgeneem. Uruguay, wat Rusland vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2011.

Rugbywêreldbeker 2015 
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 96 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Rugbywêreldbeker 2015 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Twaalf beste spanne van die 2011-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Rugbywêreldbeker 2015  Engeland Nominale gasheer Agtste 2011 Kampioen (2003) A
Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië Regstreeks Agtste 2011 Derde plek (2007) C
Rugbywêreldbeker 2015  Australië Agtste 2011 Kampioen (1991, 1999) A
Rugbywêreldbeker 2015  Frankryk Agtste 2011 Naaswenner (1987, 1999, 2011) D
Rugbywêreldbeker 2015   Ierland Agtste 2011 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011) D
Rugbywêreldbeker 2015  Italië Agtste 2011 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011) D
Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland Agtste 2011 Kampioen (1987, 2011) C
Rugbywêreldbeker 2015  Samoa Sewende 2011 Kwarteindrondte (1991, 1995) B
Rugbywêreldbeker 2015  Skotland Agtste 2011 Vierde plek (1991) B
Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika Sesde 2011 Kampioen (1995, 2007) B
Rugbywêreldbeker 2015  Tonga Sewende 2011 Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011) C
Rugbywêreldbeker 2015  Wallis Agtste 2011 Derde plek (1987) A
Rugbywêreldbeker 2015  Fidji Oseanië 1 Sewende 2011 Kwarteindrondte (1987, 2007) A
Rugbywêreldbeker 2015  Georgië Europa 1 Vierde 2011 Groepfase (2003, 2007, 2011) C
Rugbywêreldbeker 2015  Japan Asië 1 Agtste 2011 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011) B
Rugbywêreldbeker 2015  Kanada Amerikas 1 Agtste 2011 Kwarteindrondte (1991) D
Rugbywêreldbeker 2015  Namibië Afrika 1 Vyfde 2011 Groepfase (1999, 2003, 2007, 2011) C
Rugbywêreldbeker 2015  Roemenië Europa 2 Agtste 2011 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011) D
Rugbywêreldbeker 2015  Uruguay Uitspeelwenner Derde 2003 Groepfase (1999, 2003) A
Rugbywêreldbeker 2015  Verenigde State Amerikas 2 Sewende 2011 Groepfase (1987, 1991, 1999, 2003, 2007, 2011) B

Stadions

Rugbywêreldbeker 2015 
Anders as oorspronklik beplan kon Manchester se Old Trafford tydens die Rugbywêreldbeker 2015 nie gebruik word nie

Ná die besluit van die Internasionale Rugbyraad op 28 Julie 2009 is die voorgestelde stadions vir die toernooi bekendgestel. Op 2 Mei 2013 is die finale plekke saam met die toernooiformaat bevestig. Elf stadions is in Engeland gekies, terwyl die Millenium-stadion in Wallis geleë is. Reeds in 2011 het die IRR die gebruik van die Millenium-stadion weens sy kapasiteit en ligging goedgekeur, ondanks die feit dat dit buite die gasheerland is. Slegs twee plekke (Kingsholm-stadion en Sandy Park) is spesifiek vir rugby ontwerp; twee is nasionale rugbystadions (Twickenham en Millennium); twee is veeldoelig (Wembley en Olimpiese Stadion) en die ander sewe is sokkerstadions.

Voorgestelde stadions wat nie die kortlys gemaak het nie, sluit in Stadium of Light in Sunderland, Ricoh Arena in Coventry, das St. Mary’s-stadion in Southampton, Pride Park-stadion in Derby, Anfield in Liverpool en Ashton Gate-stadion in Bristol. In April 2013 het Manchester United FC uit ’n ooreenkoms onttrek dat wedstryde op Old Trafford gespeel kan word. Die rede hiervoor is dat die stadion reeds bespreek was vir Rugby League-wedstryde en die Grand Finale daarvan en dat hulle nie die speeloppervlak beskadig wil hê nie. Met Rugby World Cup Limited wat graag wedstryde in Noordwes-Engeland wou sien, is Manchester City FC genader oor die verhuring van die Stad Manchester-stadion as plaasvervanger. Manchester City sou gasheer wou speel vir slegs een wedstryd gedurende die sokkerseisoen, twee minder as wat vir Old Trafford beplan is.

Op 2 Mei 2013 is die stadions vir die toernooi bevestig. Twickenham was gasheer vir die eindstryd, die twee halfeindstryde, een kwarteindstryd en vier groepwedstryde, waaronder die openingswedstryd. Die Millennium-stadion het twee kwarteindstryde en ses groepwedstryde gekry en Wembley die vierde een. Die Londense Olimpiese Stadion het die bronseindstryd en vier groepwedstryde gehuisves. Al die ander stadions is vir groepwedstryde gebruik.

Rugbywêreldbeker 2015  Londen, Groter Londen Rugbywêreldbeker 2015  Cardiff, Wallis Rugbywêreldbeker 2015  Newcastle, Tyne and Wear
Twickenham Wembley Olimpiese Stadion Millennium St. James’ Park
51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167 (Twickenham-stadion) 51°33′21″N 0°16′47″W / 51.55583°N 0.27972°W / 51.55583; -0.27972 (Wembley-stadion) 51°32′19″N 0°00′59″W / 51.53861°N 0.01639°W / 51.53861; -0.01639 (Olimpiese Stadion (Londen)) 51°28′40″N 3°11′00″W / 51.47778°N 3.18333°W / 51.47778; -3.18333 (Millennium-stadion) 54°58′32″N 1°37′18″W / 54.97556°N 1.62167°W / 54.97556; -1.62167 (St. James’ Park)
Kapasiteit: 82 000 Kapasiteit: 90 000 Kapasiteit: 54 000 Kapasiteit: 74 500 Kapasiteit: 52 387
Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015 
Rugbywêreldbeker 2015  Manchester, Groter Manchester Rugbywêreldbeker 2015  Birmingham, Wes-Midlands
Stad Manchester-stadion Villa Park
53°28′59″N 2°12′1″W / 53.48306°N 2.20028°W / 53.48306; -2.20028 (Stad Manchester-stadion) 52°30′33″N 1°53′5″W / 52.50917°N 1.88472°W / 52.50917; -1.88472 (Villa Park)
Kapasiteit: 47 805 Kapasiteit: 42 788
Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015 
Rugbywêreldbeker 2015  Leeds, Wes-Yorkshire Rugbywêreldbeker 2015  Leicester, Leicestershire
Elland Road King Power-stadion
53°46′40″N 1°34′20″W / 53.77778°N 1.57222°W / 53.77778; -1.57222 (Elland Road) 52°37′13″N 1°8′32″W / 52.62028°N 1.14222°W / 52.62028; -1.14222 (King Power-stadion)
Kapasiteit: 37 900 Kapasiteit: 32 262
Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015 
Rugbywêreldbeker 2015  Milton Keynes, Buckinghamshire Rugbywêreldbeker 2015  Brighton, Oos-Sussex Rugbywêreldbeker 2015  Gloucester, Gloucestershire Rugbywêreldbeker 2015  Exeter, Devon
Stadion MK Falmer-stadion Kingsholm-stadion Sandy Park
52°00′34″N 00°44′00″W / 52.00944°N 0.73333°W / 52.00944; -0.73333 (Stadion MK) 50°51′42″N 0°4′59.80″W / 50.86167°N 0.0832778°W / 50.86167; -0.0832778 (Falmer-stadion) 51°52′18″N 2°14′34″W / 51.87167°N 2.24278°W / 51.87167; -2.24278 (Kingsholm-stadion) 50°42′33.51″N 3°28′3.26″W / 50.7093083°N 3.4675722°W / 50.7093083; -3.4675722 (Sandy Park)
Kapasiteit: 32 000 Kapasiteit: 30 750 Kapasiteit: 16 500 Kapasiteit: 10 744
Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015  Rugbywêreldbeker 2015 

Formaat

Rugbywêreldbeker 2015 
Calverley-straat in Leeds, Wes-Yorkshire, op die vooraand van die Rugbywêreldbeker 2015

Die Rugbywêreldbeker 2015 is oor 44 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 18 September 2015 afgeskop op Twickenham met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en Fidji. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 31 Oktober met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Australië, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker verdedig het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2015 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
September/Oktober
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
Seremonies OS
Groep A 1 1 1 1 1 1 1 1 2
Groep B 1 1 1 1 1 2 1 1 1
Groep C 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Groep D 2 1 1 1 1 1 1 2
Uitklopfase
Oktober
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
31
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Rugbywêreldbeker 2015 
Die loting vir die Rugbywêreldbeker 2015 het op 3 Desember 2012 in die Londense Tate Modern plaasgevind

Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 lande wat in vier groepe van vyf spanne gedeel is met dieselfde formaat as wat in 2003, 2007 en 2011 gebruik is. Die loting vir die groepfase was op 3 Desember 2012, gedurende die kwalifisering, in die Londense Tate Modern waar die twaalf regstreekse kwalifiseerders in drie groepe gedeel is na aanleiding van hul posisie op die IRR-ranglys. Die loting het plaasgevind ná die Noordelike Halfrond se 2012 eindjaarrugbytoetsreeks wat op 1 Desember klaar was en van die ranglys ná die toetsreeks gebruik gemaak. Die loting se vroeë datum, drie jaar voor die toernooi, is gekritiseer en die wêreldbeheerliggaam het belowe om die volgende rugbywêreldbekertoernooi se loting nader aan die toernooi te laat plaasvind.

Die lootstelsel van vorige rugbywêreldbekertoernooie is behou met die twaalf regstreekse kwalifiseerders uit 2011 wat op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys is, gebaseer op hul plek op die IRR-ranglys op 1 Desember 2012:

  • Groep 1: Die vier beste gekeurde spanne
  • Groep 2: Die vier naasbeste gekeurde spanne
  • Groep 3: Die vier laagste regstreekse kwalifiseerders

Die oorblywende twee groepe bestaan uit die agt bykomende spanne, met die toewysing in elke groep gebaseer op die vorige Rugbywêreldbekertoernooi:

  • Groep 4: Oseanië 1, Europa 1, Asië 1 en Amerikas 1
  • Groep 5: Afrika 1, Europa 2, Amerikas 2 en uitspeelwedstrydwenner

Die groepe is soos volg (in hakies is die ranglysplasing vóór die loting:

Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4 Groep 5

Ná die loting op 3 Desember 2012 lyk die groepe soos volg):

Groep A Groep B Groep C Groep D

Rugbywêreldbeker 2015  Australië
Rugbywêreldbeker 2015  Engeland
Rugbywêreldbeker 2015  Wallis
Rugbywêreldbeker 2015  Fidji
Rugbywêreldbeker 2015  Uruguay

Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika
Rugbywêreldbeker 2015  Samoa
Rugbywêreldbeker 2015  Skotland
Rugbywêreldbeker 2015  Japan
Rugbywêreldbeker 2015  Verenigde State

Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland
Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië
Rugbywêreldbeker 2015  Tonga
Rugbywêreldbeker 2015  Georgië
Rugbywêreldbeker 2015  Namibië

Rugbywêreldbeker 2015  Frankryk
Rugbywêreldbeker 2015   Ierland
Rugbywêreldbeker 2015  Italië
Rugbywêreldbeker 2015  Kanada
Rugbywêreldbeker 2015  Roemenië

Groepfase

Rugbywêreldbeker 2015 
’n Reuse rugbybal, Match XV – die amptelike rugbybal van die Rugbywêreldbeker 2015 – by die Cardiff-kasteel in Wallis op die vooraand van die Rugbywêreldbeker 2015
Rugbywêreldbeker 2015 
Land Rover, borg van die Rugbywêreldbeker 2015, by die aanbieding van die Webb Ellis-beker

Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 2003, 2007 en 2011 is die 20 spanne wat vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer het in vier groepe verdeel. Die groepe is verdeel van Groep A tot Groep D en elke groep het bestaan uit vyf spanne. Elke groep het drie regstreekse kwalifiseerders van die Rugbywêreldbeker 2011 bevat, met die ander twee plekke wat deur die kwalifiseringstelsel gevul is. Elke land het een keer teen elke ander span in sy groep gespeel: elke land het dus vier wedstryde tydens die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • twee vir ’n gelykopuitslag;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.

Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):

  • ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe punte (’n verdoelde drie) of minder.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal het, is ’n kriteriastelsel gebruik om te bepaal watter span ’n hoër rang gehad het. Die kriteriastelsel het berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het. As geen uitslag met die stelsel bereik kon word nie, is die span wat die hoër rang op die amptelike ranglys van Wêreldrugby gehad het (soos gepubliseer op 12 Oktober 2015) die hoër rang toegeken.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

2015-effek op 2019-kwalifisering

Soos tydens die rugbywêreldbekertoernooie van 2007 en 2011 het die beste drie spanne in elke groep regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2019 in Japan gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Georgië, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.

Kaartjies en borgskappe

Rugbywêreldbeker 2015 
Amptelike 2015 Rugbywêreldbeker-winkel

Kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2015 is in vyf fases verdeel. Die eerste-fase-kaartjies is op 1 Januarie 2014 vrygestel toe oorsese aanhangers die geleentheid gebied is om verskeie kaartjiepakkette aan te skaf. Op 1 Februarie 2014 is gasvryheidspakkette vrygestel. In Mei en Junie dieselfde jaar is aanhangers die geleentheid gegee om kaartjies by rugbyklubs te koop. In September 2014 is met die algemene kaartjieverkoop begin en vanaf November 2014 is in die laaste fase die oorblywende kaartjies vrygestel. In Oktober 2014 is daar aangekondig dat daar reeds 950 000 van die 2,4 miljoen kaartjies verkoop is. Altesaam is daar 2,42 miljoen kaartjies verkoop, wat die 2007-toernooi se 2,25 miljoen oorskry en die 2011-toernooi se 1,6 miljoen uitoorlê.

Die wêreldwye vennote van die toernooi was Heineken, Land Rover, Société Générale, DHL, Emirates en Mastercard, en die amptelike borge sluit in Coca-Cola, Canon en Toshiba. Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Match XV-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995), Revolution- (1999), Xact- (2003), Synergie- (2007) en Virtuo-balle (2011) vir vorige toernooie verskaf het. Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Canterbury, Clifford Chance, EY, Dove en Duracell.

Betrokkenes

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van twaalf skeidsregters, sewe lynregters en vier televisieskeidsregters is vir die groepfase ingespan.

    Skeidsregters

    Lynregters
    Televisieskeidsregters

Spanne

Elke land kon 31 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 31 Augustus 2015 aan Wêreldrugby voorgelê word. Nadat die span voorgelê is, kon ’n beseerde speler vervang word, maar so ’n speler is nie toegelaat om weer by die span aan te sluit nie. Daar was ook ’n uitstaanperiode van 48 uur voordat die nuwe speler toegelaat is om die veld in te neem. Gevolglik sal ’n plaasvervanger wat op die vooraand van ’n wedstryd in die span ingeroep is, nie toegelaat word om in daardie wedstryd te speel nie.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2019.
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2019.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2019 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer het.

Groep A

Rugbywêreldbeker 2015 
Australië klop Engeland met 33–13 op Twickenham in Londen
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2015  Australië 4 4 0 0 141 35 +106 17 1 17
Rugbywêreldbeker 2015  Wallis 4 3 0 1 111 62 +49 11 1 13
Rugbywêreldbeker 2015  Engeland 4 2 0 2 133 75 +58 16 3 11
Rugbywêreldbeker 2015  Fidji 4 1 0 3 84 101 –17 10 1 5
Rugbywêreldbeker 2015  Uruguay 4 0 0 4 30 226 –196 2 0 0

Groep B

Rugbywêreldbeker 2015 
Suid-Afrika klop die VSA met 64–0 op die Olimpiese stadion in Londen
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika 4 3 0 1 176 56 +120 23 4 16
Rugbywêreldbeker 2015  Skotland 4 3 0 1 136 93 +43 14 2 14
Rugbywêreldbeker 2015  Japan 4 3 0 1 98 100 –2 9 0 12
Rugbywêreldbeker 2015  Samoa 4 1 0 3 69 124 –55 7 2 6
Rugbywêreldbeker 2015  Verenigde State 4 0 0 4 50 156 –106 5 0 0

Groep C

Rugbywêreldbeker 2015 
Nieu-Seeland klop Argentinië met 26–16 op Wembley in Londen
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland 4 4 0 0 174 49 +125 25 3 19
Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië 4 3 0 1 179 70 +109 22 3 15
Rugbywêreldbeker 2015  Georgië 4 2 0 2 53 123 –70 5 0 8
Rugbywêreldbeker 2015  Tonga 4 1 0 3 70 130 –60 8 2 6
Rugbywêreldbeker 2015  Namibië 4 0 0 4 70 174 –104 8 1 1

Groep D

Rugbywêreldbeker 2015 
Ierland klop Kanada op die Millennium-stadion in Cardiff met 50–7
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2015   Ierland 4 4 0 0 134 35 +99 16 2 18
Rugbywêreldbeker 2015  Frankryk 4 3 0 1 120 63 +57 12 2 14
Rugbywêreldbeker 2015  Italië 4 2 0 2 74 88 –14 7 2 10
Rugbywêreldbeker 2015  Roemenië 4 1 0 3 60 129 –69 7 0 4
Rugbywêreldbeker 2015  Kanada 4 0 0 4 58 131 –73 7 2 2

Uitklopfase

Rugbywêreldbeker 2015 
Nieu-Seeland nadat hulle in 2015 as die wêreldkampioen gekroon is
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindrondte
                   
17 Oktober – Twickenham        
 Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika  23
24 Oktober – Twickenham
 Rugbywêreldbeker 2015  Wallis  19  
 Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika  18
17 Oktober – Millennium
   Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland  20  
 Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland  62
31 Oktober – Twickenham
 Rugbywêreldbeker 2015  Frankryk  13  
 Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland  34
18 Oktober – Millennium
   Rugbywêreldbeker 2015  Australië  17
 Rugbywêreldbeker 2015   Ierland  20
25 Oktober – Twickenham
 Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië  43  
 Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië  15 Uitspeel om derde plek
18 Oktober – Twickenham
   Rugbywêreldbeker 2015  Australië  29   30 Oktober – Olimpiese Stadion
 Rugbywêreldbeker 2015  Australië  35
   Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika  24
 Rugbywêreldbeker 2015  Skotland  34  
 Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië  13

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 2015
Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2015.

Rugbywêreldbeker 2015 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 2015:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Rugbywêreldbeker 2015  Nieu-Seeland C 7 7 0 0 290 39 28 11 2
2 Rugbywêreldbeker 2015  Australië A 7 6 0 1 222 28 17 16 0
3 Rugbywêreldbeker 2015  Suid-Afrika B 7 5 0 2 241 26 15 25 2
4 Rugbywêreldbeker 2015  Argentinië C 7 4 0 3 250 27 23 21 2
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Rugbywêreldbeker 2015   Ierland D 5 4 0 1 154 18 14 12 0
6 Rugbywêreldbeker 2015  Frankryk D 5 3 0 2 133 13 13 14 0
7 Rugbywêreldbeker 2015  Skotland B 5 3 0 2 170 17 14 19 0
8 Rugbywêreldbeker 2015  Wallis A 5 3 0 2 130 12 11 15 1
In die groepfase uitgeskakel
9 Rugbywêreldbeker 2015  Japan B 4 3 0 1 98 9 7 13 0
10 Rugbywêreldbeker 2015  Engeland A 4 2 0 2 133 16 10 10 1
11 Rugbywêreldbeker 2015  Italië D 4 2 0 2 74 7 6 9 0
12 Rugbywêreldbeker 2015  Georgië C 4 2 0 2 53 5 5 6 0
13 Rugbywêreldbeker 2015  Fidji A 4 1 0 3 84 10 8 6 0
14 Rugbywêreldbeker 2015  Tonga C 4 1 0 3 70 8 3 8 0
15 Rugbywêreldbeker 2015  Samoa B 4 1 0 3 69 7 5 10 0
16 Rugbywêreldbeker 2015  Roemenië D 4 1 0 3 60 7 5 5 0
17 Rugbywêreldbeker 2015  Namibië C 4 0 0 4 70 8 6 6 0
18 Rugbywêreldbeker 2015  Kanada D 4 0 0 4 58 7 4 5 0
19 Rugbywêreldbeker 2015  Verenigde State B 4 0 0 4 50 5 2 7 0
20 Rugbywêreldbeker 2015  Uruguay A 4 0 0 4 30 2 1 6 0
Algeheel 48 2439 271 197 224 8

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Rugbywêreldbeker 2015  Nicolás Sánchez 97
2 Rugbywêreldbeker 2015  Handré Pollard 93
3 Rugbywêreldbeker 2015  Bernard Foley 82
Rugbywêreldbeker 2015  Dan Carter
5 Rugbywêreldbeker 2015  Greig Laidlaw 79
6 Rugbywêreldbeker 2015  Ayumu Goromaru 58
7 Rugbywêreldbeker 2015  Dan Biggar 56
8 Rugbywêreldbeker 2015  Tommaso Allan 44
9 Rugbywêreldbeker 2015  Owen Farrell 43
10 Rugbywêreldbeker 2015  Julian Savea 40
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Rugbywêreldbeker 2015  Julian Savea 8
2 Rugbywêreldbeker 2015  Nehe Milner-Skudder 6
3 Rugbywêreldbeker 2015  Bryan Habana 5
Rugbywêreldbeker 2015  Gareth Davies
Rugbywêreldbeker 2015  JP Pietersen
Rugbywêreldbeker 2015  Juan Imhoff
7 Rugbywêreldbeker 2015  Adam Ashley-Cooper 4
Rugbywêreldbeker 2015  Drew Mitchell
Rugbywêreldbeker 2015  D.T.H. van der Merwe
Rugbywêreldbeker 2015  Tommy Seymour

Sien ook

Notas

Verwysings

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 2015 

Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 2015 ToewysingRugbywêreldbeker 2015 DeelnemersRugbywêreldbeker 2015 StadionsRugbywêreldbeker 2015 FormaatRugbywêreldbeker 2015 Kaartjies en borgskappeRugbywêreldbeker 2015 BetrokkenesRugbywêreldbeker 2015 WedstrydeRugbywêreldbeker 2015 StatistiekRugbywêreldbeker 2015 Sien ookRugbywêreldbeker 2015 NotasRugbywêreldbeker 2015 VerwysingsRugbywêreldbeker 2015 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 2015EngelandEngelsFrankrykIerlandNoordelike HalfrondRugbywêreldbekerRugbywêreldbeker 1991Rugbywêreldbeker 1999Sesnasies-toernooiSkotlandWalliesWallisWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Robbie WesselsWoestynMaselsHarry KerrVermontProstaatkankerKunstenaarGetalJan-Willem BreureFosforVlag van Suid-AfrikaSharpeville-slagtingKwaggaApostoliese GeloofsbelydenisLHeks van HexrivierMiskruierReënMaroela MediaIdioomErdwurmProvinsies van Suid-AfrikaInsekRobert SobukweLeierHemelvaartKakiebosWynand StrydomReddingskakeAustraliëSias ReineckeMensWerkwoordDeelstate van die Verenigde State van AmerikaHoofkarakterHemelBesemMasturbasieElzette MaarschalkGrondbesoedelingLys van bekende Suid-AfrikanersSuiwelprodukGeskiedenis van die BoererepubliekeYouTubePersoonlikheidSekondêre sektor van die ekonomieSwangerskapKonsentrasiekampLys van medisinale kruieHamburgerOvulasieGqeberhaHernubare energieWet op NaturellengrondKhoikhoiKalsiumMikro-ekonomieAfrikanersSlag van BloedrivierTurksvyOligopolieSwartbewussynsbewegingVratHorlosieLongontstekingKlereKoolstofdioksiedEpilepsieWayback MachineWayde van NiekerkPoësieLys van nedersettings in Suid-AfrikaAkwariumVoëlVerdampingKlimaatsverandering in AfrikaJames AlexanderEwenaarVaginale kanker🡆 More