Indium is 'n chemiese element met die simbool In en atoomgetal van 49.
| |||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | indium, In, 49 | ||||||||||||||||||
Chemiese reeks | swak metale | ||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 13, 5, p | ||||||||||||||||||
Voorkoms | |||||||||||||||||||
Atoommassa | 114.818 (3) g/mol | ||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Kr] 4d10 5s2 5p1 | ||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 18, 3 | ||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||||||
Toestand | vastestof | ||||||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 7.31 g/cm³ | ||||||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 7.02 g/cm³ | ||||||||||||||||||
Smeltpunt | 429.75 K (156.60 °C) | ||||||||||||||||||
Kookpunt | 2345 K (2072 °C) | ||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 3.281 kJ/mol | ||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 231.8 kJ/mol | ||||||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 26.74 J/(mol·K) | ||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | tetragonaal | ||||||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A6 | ||||||||||||||||||
Ruimtegroep | I4/mmm nommer: 139 | ||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | 3 (amfoteriese oksied) | ||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 1.78 (Skaal van Pauling) | ||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 558.3 kJ/mol | ||||||||||||||||||
2de: 1820.7 kJ/mol | |||||||||||||||||||
3de: 2704 kJ/mol | |||||||||||||||||||
Atoomradius | 155 pm | ||||||||||||||||||
Atoomradius (ber.) | 156 pm | ||||||||||||||||||
Kovalente radius | 144 pm | ||||||||||||||||||
Van der Waals-radius | 193 pm | ||||||||||||||||||
Diverse | |||||||||||||||||||
Magnetiese rangskikking | geen data | ||||||||||||||||||
Elektriese resistiwiteit | (20 °C) 83.7 nΩ·m | ||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | (300 K) 81.8 W/(m·K) | ||||||||||||||||||
Termiese uitsetting | (25 °C) 32.1 µm/(m·K) | ||||||||||||||||||
Spoed van klank (dun staaf) | (20 °C) 1215 m/s | ||||||||||||||||||
Young se modulus | 11 GPa | ||||||||||||||||||
Mohs se hardheid | 1.2 | ||||||||||||||||||
Brinell hardheid | 8.83 MPa | ||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 7440-74-6 | ||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | |||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Hierdie seldsame, sagte, pletbare en laagsmeltende metaal is chemies soortgelyk aan aluminium of gallium maar kom nouer ooreen met sink (sinkertse is die hoofbron van hierdie metaal). Die hooftoepassing van die element is om deursigtige elektrodes te vervaardig vanuit indiumtinoksied in vloeistofkristal vertooneenhede. Dit word baie gebruik in dunfilms om smeringslae te vorm (dit is tydens die Tweede Wêreldoorlog gereeld gebruik om die laers in hoë-werkverrigtingsvliegtuie te bedek). Dit word ook gebruik om buitengewoon lae smeltpunt legerings te maak en is 'n komponent van sommige loodvrye soldeersels.
Indium is 'n baie sagte, silwerwit, seldsame ware metaal met 'n helder glans. As suiwer indium-metaal gebuig word gee dit 'n skril klank af. Beide gallium en indium het die vermoë om glas te benat.
Een buitengewone eienskap van indium is dat sy mees algemene isotoop effens radio-aktief is; dit verval baie stadig deur beta-verval na tin. Hierdie radio-aktiwiteit word nie as gevaarlik beskou nie, hoofsaaklik omdat die halfleeftyd 4.41 x 1014 jaar is. Anders as sy periode 5-buurelement, kadmium, is indium nie 'n kumulatiewe gifstof nie.
Die eerste grootskaalse gebruik van indium was om die laers in hoë-werkverrigting vliegtuigenjins te bedek tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daarna het produksie van die element stadig toegeneem soos nuwe toepassings gevind is in laagsmeltende legerings, soldeersels en in die elektronika. In die 1950's is klein balletjies daarvan gebruik as die emitters en kollektors van PNP legeringvoegvlak transistors. In die middel en laat 1980's het die ontwikkeling van halfgeleiers en indiumtinoksied dun films vir vloeistofkristal vertooneenhede baie belangstelling verwek. Teen 1992 het dunfilmtoepassings die grootste eindgebruiker van indium geword.
Ander gebruike sluit in:
Indium (vernoem na die indigolyn in sy atoomspektrum) is ontdek deur Ferdinand Reich en Hieronymous Theodor Richter in 1863 terwyl hulle sinkertse getoets het met 'n spektograaf op soek na tallium. Richter het later in 1867 daarin geslaag om die metaal te isoleer.
Indium is 61ste op die lys van volopste elemente in die Aarde se kors teen ongeveer 0.25 dpm, wat beteken dat dit drie keer meer volop is as silwer wat teen konsentrasies van 0.075 dpm voorkom. Tot en met 1924 is slegs omtrent 'n gram van indium geïsoleer. Indium word vervaardig uit die residu van die verwerking van sinkertse maar kan ook in yster-, lood- en koperertse aangetref word. Kanada is die voorste vervaardiger van indium. Die Teck Cominco raffinadery in Trail, Brits Columbia is die grootste enkele bron met 'n produksie van 32 500 kg in 2005, 41 800 in 2004 en 36 100 kg in 2003.
Die hoeveelheid indium wat verbruik word is grootliks 'n funksie van wêreldwye vervaardiging van LCD-skerms. Wêreldwye vervaardiging beloop tans 476 ton per jaar vanuit mynbou en 'n verdere 650 ton per jaar uit herwinningsbronne. Aanvraag vir die element het in die afgelope paar jaar skerp gestyg met die groeiende gewildheid van LCD rekenaarskerms en televisies, wat tans verantwoordelik is vir bykans 50% van die totale verbruik. Meer doeltreffende vervaardiging en herwinning (veral in Japan) sorg vir 'n balans tussen vraag en aanbod. Die vraag na die metaal het toegeneem met die toenemende gebruik daarvan in LCD-skerms en televisies en die aanbod het afgeneem toe 'n aantal Chinese mynmaatskappye opgehou het om indium uit die uitskot van sinkverwerking te onttrek. In 2002 was die prys 94 V.S.A dollar per kilogram. Die onlangse wisseling in vraag en aanbod het gelei tot hoë en skommelende pryse vir indium wat tussen 2005 en 2007 gewissel het tussen $700/kg tot $1 000/kg. Die vraag na indium gaan waarskynlik toeneem met die grootskaalse vervaardiging van koperindiumgalliumselenied gebaseerde dun-film sonsel tegnologie deur verskeie maatskappye in 2008 soos onder andere Nanosolar en Miasole.
Uit die indium-inhoud van sinkertsneerslae kan afgelei word dat die wêreldwye reserwes van die metaal ongeveer 6 000 ton ekonomies ontginbare indium beloop. Hierdie syfers het aanleiding gegee tot beramings dat daar teen huidige verbruikstempos ongeveer slegs 13 jaar se ontginbare indium oor is. Die Indium Corporation, die grootste verwerker van indium, beweer egter dat gegewe die toenemende herwinningsrendemente tydens ontginning asook die herwinning uit 'n groter verskeidenheid basismetaal ertse (insluitende tin, koper en ander polimetalliese neerslae) en nuwe mynbou beleggings, dat die langtermyn verskaffing van indium volhoubaar, betroubaar en voldoende sal wees om die toenemende vraag te kan voorsien. Hierdie gevolgtrekking wil redelik klink in die lig daarvan dat silwer, 'n element wat minder volop is, tans teen 'n tempo van ongeveer 18 300 ton per jaar ontgin word, wat ongeveer 40 keer hoër is as die huidige indium ontginningstempo is.
Suiwer indium in metaalvorm word as nie-giftig deur die meeste bronne beskou. In die sweiswerk- en halfgeleiernywerhede waar indium blootstelling relatief hoog is, was daar tot op hede nog geen verslae van enige giftige nagevolge nie.
Dit mag egter nie die geval wees vir indiumverbindings nie: daar bestaan onbevestigde bewyse wat daarop dui dat indium 'n lae-vlak van giftigheid mag hê. Watervrye indiumtrichloried (InCl3) is byvoorbeeld ietwat giftig, terwyl indiumfosfied (InP) giftig is en ook vermoedelik kankerwekkend kan wees.
Wiki Commons bevat media in verband met Indium. |
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Indium, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.