Iridium

Iridium is 'n chemiese element met die chemiese simbool Ir en 'n atoomgetal van 77.

77 osmiumiridiumplatinum
Rh

Ir

Mt
Iridium
Algemeen
Naam, simbool, getal iridium, Ir, 77
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 9, 6, d
Voorkoms silwerwit metaal
Atoommassa 192,217 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f145d76s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 15, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 22,56 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 19 g/cm³
Smeltpunt 2739 K
(2466 °C)
Kookpunt 4 098 K
(3 825 °C)
Smeltingswarmte 41,12 kJ/mol
Verdampingswarmte 563 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25,10 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 2 713 2957 3 252 3 614 4 069 4 659
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Ruimtegroep Fm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kode A1
Oksidasietoestande −3,−1, 0, 1, 2, 3, 4, 5, 6
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 2,20 (Skaal van Pauling)
Portaal Iridium Chemie

Mynbou

Suid-Afrika het in 2018 met 87% van die iridiumproduksie die wêreldmark oorheers. Zimbabwe het 8% voortgebring en Kanada en Rusland beide 3%. Dit is 'n byproduk van die mynbou van platinumgroepmetale en een van die raarste metale van die wêreld. Dit maak slegs 0,000.000.03% van die aardkors se massa uit. Die jaarlikse wêreldproduksie is ongeveer 7 ton.

Toepassings

'n Toepassing wat in die jare 2020 baie belangrik geword het, is die katalise van die elektrolitiese watersplitsing. Die populêrste tegnologie vir die vervaardiging van sg. groen waterstof gebruik 'n katalisator was 65% Ir en 35% Pt bevat. Dit is 'n probleem vir die oorgang na groen tegnologie. Die koste van die eletroliseproses kan deur massaproduksie van die apparate dalk nog baie verminder word, maar iridium is nie volop genoeg vir wêreldwye massaproduksie nie.

Daar is egter baie navorsing om alternatiewe te vind, soos kobaltnitried Co2N op kobalt Co Hierdie materiaal is maklik duisendmaal goedkoper.

Chemiese eienskappe

Iridium is baie inert. 'n Smeltkroesie van iridium kan ure lank in koningswater gekook word sonder om aangetas te word. Dit word ook niet deur gesmelte goud, koper, nikkel of yster aangetas nie. In teenstelling tot platinum wat by hoër temperature met koolsof reageer, bly iridium ook hierdeur onaangetas.

Rou iridium word gewoonlik verkry as 'n legering met osmium wat osmiridium genoem word. Dit is 'n baie hard metaal wat egter gepoeier kan word deur dit in gemelte sink op te los waarmee dit 'n legering vorm. Die sink kan by hoër temperature afgedistilleer word. Die osmiridiumpoeier wat verkry word, kan in 'n fluks van bariumnitraat geoksideer word. Dit vorm bariumosmate en iridiumoksied (IrO2). In salpetersuur opgelos kan die osmium verwyder word omdat osmiumtetroksied vlugtig (maar ook baie toksies en blindmakend) is. Die iridiumoksied bly as poeier agter en kan in koningswater opgelos word.

Iridium kan in oplosbare iridate omgesit word deur dit met natriumperoksied Na2O2 saam te smelt.

Verwysings

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend


Tags:

Iridium MynbouIridium ToepassingsIridium Chemiese eienskappeIridium VerwysingsIridium Eksterne skakelsIridiumAtoomgetalChemiese elementChemiese simbool

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DansKookpuntKhoikhoiBronadresOrtopedieSkoolGeletterdheidKoerantEienaamAB de VilliersLys van Afrikaanse televisiereekseRobbeneilandOutismeEnsiklopedieJan van TonderRymSlawernyErfenishulpbronTrekarbeidNamakwalandMeervoudNelson MandelaVerkragtingLettergreepVryheidsmanifesSuiwelprodukIntensiewe vormAfvalbestuurNasionale VrouedagVaalrivierSteve BikoRina HugoLionel PetersonApartheidDialoog in fiksieAardeBloemfonteinDelft, KaapstadAppendiksDurbanSinoniemSweedsSoortnaamRoofdierLys van elemente volgens simboolHeks van HexrivierStedelike hitte-eilandRivierDolfynDie ontstaan van die drama3D-rolprentWikiquoteBernice WestEuropaErica BoyerMorfeemMagsverheffingSirkelTolla van der MerweOnse VaderPinksterWitbloedselSteenkoolTamatieTelkomGeslagGrootste rampe in Suid-AfrikaMetaalVars waterToekoms van die AardeGianna MichaelsMaroela MediaInligtingStaatstoelaeChristiaan Frederik Beyers🡆 More