Khoisan

Khoisan is 'n saambindende naam vir twee etniese groepe wat in Suider-Afrika leef, naamlik die Khoikhoi en die San.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suider-Afrika. Vir die taalfamilie, sien Khoisan-tale.

Hulle deel fisiese en vermeende taalkundige eienskappe apart van die Bantoe-meerderheid van die streek. Kultureel word die Khoisan verdeel in die kossoekende San of Boesman, en die Khoi, of meer spesifiek Khoikhoi, vroeër bekend as "Hottentote", wat vee mak maak. Hulle praat veral Khoisan-tale wat bekend is vir hul klikgeluide, maar intussen is Afrikaans die belangrikste taal van die Khoisan.

Khoisan
Khoisan
Begin vuur met die hand. San-mense in Botswana
Totale bevolking: ca. 400 000
Belangrike bevolkings  in: Suider-Afrika (Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika)
Taal: Afrikaans, Khoisan-tale
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Khoikhoi, San, Damaras en Namas

Die San het die inheemse bevolking van Suider-Afrika gevorm, voordat die Bantoevolke uit Sentraal- en Oos-Afrika ná die suide migreer en hul streek bereik het, wat daartoe gelei het dat die Bantoe-bevolking die Khoisan-bevolking verplaas en die oorheersende bevolking van Suider-Afrika geword het. Oor die tyd het sommige Khoi die mak maak van vee opgegee en die jagter-versamelaar-ekonomie van die San aanvaar, waarskynlik as gevolg van 'n droë klimaat, en word nou as San beskou. Eweneens het die Bantoegroep van die Damaras wat ná die suide migreer het later landbou opgegee en die Khoi se ekonomie aanvaar. Groot Khoisan-bevolkings bly in verskeie droë gebiede in die streek, veral in die Kalahari-woestyn. Die Khoisan is volgens genetiese studies die oudste nog bestaande menslike groep.

Fotogalery

Verwysings

Verdere leeswerk

  • (en) Barnard, Alan (2004) Mutual Aid and the Foraging Mode of Thought: Re-reading Kropotkin on the Khoisan. Social Evolution & History 3/1: 3–21.
  • (en) Smith, Andrew; Malherbe, Candy; Guenther, Mat and Berens, Penny (2000), Bushmen of Southern Africa: Foraging Society in Transition. Athens: Ohio University Press. ISBN 0-8214-1341-4

Eksterne skakels


Etniese groepe in Suid-Afrika Khoisan 

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateGriekwasKaapse MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesNoord-Sotho'sSuid-Sotho'sSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes

Tags:

Khoisan FotogaleryKhoisan VerwysingsKhoisan Verdere leeswerkKhoisan Eksterne skakelsKhoisanAfrikaansBantoevolkeBoesmanKhoikhoiKhoisan-taleMak maakSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuider-AfrikaTaalwetenskappeVee

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DeelwoordKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSiya KolisiVratNetbalSjimpanseeIrma SternProteaPastoorOogproblemeFluoorVolksrepubliek ChinaKapitaal (ekonomie)SeisoenCradock-4DwelmmiddelNarsistiese persoonlikheidsteuringBloedsomloopstelselMiddelmisbruikSeekoeiKarnivoorLabia (geslagsdele)KolonoskopieKarooLuiperdE-posByung-Chul HanMigrasie van voëlsWolkAfrikaansVaalrivierC.J. LangenhovenWikipediaUnited Democratic FrontOrthopteraLys van Suid-Afrikaanse skrywersLongontstekingVerlede tydTaalLetsiteleDriedimensioneelErfenisCorioliskragVoyeurismePaarl GimnasiumPerdElon MuskVoedselkettingTikTokSanskritPriemgetalSkildklierGeweldWitbloedselOligopolieDesimale breukeDubbelpuntVolhoubaarheidLionel PetersonSelfieBreinvliesontstekingKlavierLyfstraf in skoleAardbewingHomofoonTafelbergKletsrymProstaatkankerAborsie in Suid-AfrikaSelfstandige naamwoordVergelykings (taalkunde)Trappe van vergelykingKernkragRuimteNasiebouWinnie Madikizela-Mandela🡆 More