Wayde Van Niekerk: Suid-Afrikaanse naelloper

Wayde van Niekerk (gebore 15 Julie 1992) is ’n Suid-Afrikaanse naelloper wat in die 200 meter en 400 meter meeding.

Sy persoonlike beste tye is onderskeidelik 19,84 sekondes en 43,03 sekondes. Hy is die Suid-Afrikaanse rekordhouer vir die 400 meter. Hy is die eerste atleet ooit wat die 100 meter onder 10 sekondes, 200 meter onder 20 sekondes en 400 meter onder 44 sekondes hardloop.

Wayde Van Niekerk: Loopbaan, Medaljes, Persoonlike beste tye
Wayde van Niekerk in 2015

Van Niekerk het die silwermedalje in die 400 meter by die 2014 Statebondspele gewen en ’n brons in die 4 x 400 meter-aflos tydens die 2013 Somer-Universiade. Hy het Suid-Afrika in 2013 en 2015 by die Wêreldatletiekkampioenskap verteenwoordig. In 2015 het hy die goue medalje in die 400 meter gewen. In 2016 wen hy die goue medalje tydens die Olimpiese Spele met 'n wêreldrekord van 43.03 sekondes in die 400 meter wedloop.

Loopbaan

Wayde Van Niekerk: Loopbaan, Medaljes, Persoonlike beste tye 
Wayde van Niekerk in die Paryse Stade de France in 2015
Wayde Van Niekerk: Loopbaan, Medaljes, Persoonlike beste tye 
Wayde van Niekerk, Femi Ogunode, Miguel Francis en Jonathan Borlée (v.l.n.r.) tydens die Memorial Van Damme in Brussel, September 2015
Wayde Van Niekerk: Loopbaan, Medaljes, Persoonlike beste tye 
Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro

Van Niekerk is in 1992 in Kaapstad gebore. Hy was ’n leerling aan Grey-kollege voordat hy aan die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer het. Hy het sy internasionale debuut by die 2010 Wêreldjunioratletiekkampioenskap gemaak waar hy vierde in die 200 meter was met ’n tyd van 21,02 sekondes. Hy het ook in 'n uitdunronde vir die 4 x 100 meter-aflos saam met Gideon Trotter gehardloop. Sy deurbraak op seniorvlak het gekom toe hy op agttienjarige ouderdom in 2011 aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap deelgeneem het en die 200 meter gewen het met ’n tyd van 20,57 sekondes. Hy het in dieselfde item aan die Afrikajunioratletiekkampioenskap deelgeneem maar nie die eindronde gehaal nie. Hy het min deelgeneem in 2012, maar het talent begin toon vir die 400 meter met ’n beste tyd van 46,43 sekondes.

Die 2013-seisoen het Van Niekerk se opkoms as 400 meter-atleet ingelyf. Hy het sy tweede nasionale titel (hierdie keer vir die 400 meter) van sy loopbaan gewen tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in 2013 met ’n tyd van onder 46 sekondes. Hy het die Meeting de Dakar gewen voordat hy na Europa is waar hy tydens die Golden Spike Ostrava tweede gekom het teen die Olimpiese kampioen, Kirani James; hier het hy sy tyd na 45,09 sekondes verbeter. Hy het by die 2013 Somer-Universiade aan die 400 meter deelgeneem en net-net ’n plek in die eindronde gemis as vinnigste nie-kwalifiseerder. Hy het vir die eerste keer ’n internasionale medalje gewen as lid van die Suid-Afrikaanse span wat ’n bronsmedalje in die 4 x 400 meter gewen het. Sy vertoning het daartoe gelei dat hy vir die 2013 Wêreldatletiekkampioenskap gekwalifiseer het, waar hy slegs in die uitdunrondes deelgeneem het.

Die gevolg van die nasionale titel wat Van Niekerk in 2014 gewen het, met ’n beste tyd van 44,92 sekondes, was dat hy bo-aan die wêreldranglys geplaas is. Na ’n oorwinning tydens die Fanny Blankers-Koen-spele in Nederland het hy in New York ’n tweede plek teen LeShawn Merritt behaal tydens die New York Diamantliga; sy tyd van 44,38 was ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord en ’n verbetering van Hendrick Mokganyetsi se tyd van September 2000. ’n Beste tyd van 20,19 sekondes in die 200 meter tydens die Athletissima-byeenkoms het hierop gevolg. Vir die 2014 Statebondspele het hy vir altwee naelloopitems ingeskryf en sy eerste individuele seniormedalje gewen toe hy tweede gekom het in die 400 meter teen Kirani James. Hy het die halfeindronde gehaal in die 200 meter maar kon nie op die sukses van die langer naelloop voortbou nie.

Tydens die 2015 IAAF-wêreldkampioenskap het Van Niekerk die goue medalje in die 400 meter gewen met ’n persoonlike beste tyd van 43,48 sekondes. Dit was ook die vierde vinnigste tyd in die geskiedenis vir dié item en die vinnigste tyd deur iemand wat nie ’n Amerikaner is nie.

Op 12 Maart 2016 het hy die 107de atleet geword wat die 100 meter in onder 10 sekondes kon aflê. Dit het daartoe bygedra dat hy die eerste persoon is om die 100 meter in onder 10 sekondes, die 200 meter in onder 20 sekondes en die 400 meter in onder 44 sekondes af te lê.

Van Niekerk het gekwalifiseer vir die Olimpiese Somerspele 2016 en was die draer van die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie.

Medaljes

Internasionale medaljes
Datum Kompetisie Plek Uitslag Item
2013 Universiade Kazan 3de 4x400 m-aflos
2014 Afrika-atletiekkampioenskap Marrakesj 2de 400 m
Statebondspele Glasgow 2de 400 m
2015 Wêreldatletiekkampioenskap Beijing 1ste 400 m
2016 Afrika-atletiekkampioenskap Durban 1ste 200 m
Afrika-atletiekkampioenskap Durban 1ste 4x100 m-aflos
Olimpiese Somerspele Rio de Janeiro 1ste 400 m
2017 Wêreldatletiekkampioenskap London 1ste 400 m
Wêreldatletiekkampioenskap London 2de 200 m

Persoonlike beste tye

  • 100 meter – 9,94 sek (2017)
  • 150 meter – 15,89 sek (2011)
  • 200 meter – 19,84 sek (2017)
  • 300 meter – 30,81 sek (2017) Wêreldbeste
  • 400 meter – 43,03 sek (2016) Afrika- en wêreldrekord

Persoonlike lewe

Van Niekerk is die neef van die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Cheslin Kolbe.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Caster Semenya
Vlagdraer vir Wayde Van Niekerk: Loopbaan, Medaljes, Persoonlike beste tye  Suid-Afrika
Rio de Janeiro 2016
Opgevolg deur
Connor Wilson

Tags:

Wayde Van Niekerk LoopbaanWayde Van Niekerk MedaljesWayde Van Niekerk Persoonlike beste tyeWayde Van Niekerk Persoonlike leweWayde Van Niekerk Sien ookWayde Van Niekerk VerwysingsWayde Van Niekerk Eksterne skakelsWayde Van NiekerkSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VersamelnaamGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondKompasKlimaatSinoniemCorioliskragLys van chemiese elemente volgens atoomgetalWitbloedselOorstromingRacheltjie de BeerVratOligopolieKindermishandelingCalviniaDemokratiese Republiek die KongoOmgewingskwessies in Suider-AfrikaEnsiklopedieDonkieWaterJansenvilleGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSkoolElon MuskJeugdagMaagAfvalbestuurDirekte en Indirekte rede7de LaanSonkragDroomHamburgerGrondbesoedelingAppelSeksDokterVlinderKolonoskopieTweede Nuwe JaarTsoenamiLien se lankstaanskoeneLys van kinderspeletjiesOutismeRuslandGesondheidOraniaErfenisSeksueel oordraagbare infeksieGordelroosStereotipeLeierReg tot ‘n gesonde omgewingKletsrymCleopatra VIIMahatma GandhiBeurtkragTydOopbroninhoudWêreld- Ekonomiese ForumEkostelselKinderregteAnneli van RooyenHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSkilpadLewerWiki CommonsSokkerDiepaartromboseMonopolieReënvalbepalingJaco JacobsKameelperdPinksterMynbouLenteKimberleyKatoen🡆 More