Termiese Geleidingsvermoë

Termiese geleidingsvermoë, λ, in fisika is die intensiewe eienskap van 'n materiaal wat sy vermoë om hitte te gelei aandui.

Termiese geleidingsvermoë is die hoeveelheid warmte Q, wat deur 'n dikte L in rigting loodreg tot die oppervlak met oppervlakte A gelei word as gevolg van 'n temperatuurverskil ΔT onder gestadigde toestande en wanneer die hitte-oordrag slegs afhanklik is van die temperatuurgradiënt.

      termiese geleidingsvermoë = tempo van warmtevloei × afstand / (oppervlak × temperatuurgradiënt)
      λ = Q × L / (A × ΔT)

Eenhede

Watt per meter-kelvin of W/mK is 'n afgeleide eenheid van die SI-stelsel.

Dit is die eenheid waarin termiese geleidingsvermoë gewoonlik uitgedruk word.

Voorbeelde

Oor die algemeen is daar 'n verband tussen termiese- en elektriese geleidingsvermoë; Metale is dan ook tipies goeie warmtegeleiers. Daar is egter uitsonderings: die noemenswaardigste hiervan is diamant wat 'n hoë termiese geleidingsvermoë het (tussen 1000 en 2600 W·m-1), terwyl dit 'n baie lae elektriese geleidingsvermoë besit.

Die onderstaande tabel is saamgestel uit data uit die CRC Handbook of Chemistry and Physics Geargiveer 24 Julie 2017 op Wayback Machine. Alle waardes is vir materiale by kamertemperatuur (298 K), tensy anders vermeld.

Termiese geleidingsvermoëns van alledaagse materiale:

Materiaal Termiese geleidingsvermoë (298 K)

W·m-1·K-1

Diamant 895-2300
Silwer 429
Koper 401
Goud 317
Aluminium 237
Geelkoper 120
Platinum 71.6
Yster 80.2
Lood 35.3
Kwik 8.514
Kwarts (273K) 6.8-12
Ys (273K) 2.2
Glas 1.35
Water 0.6062
Hout 0.04 (balsa) – 0.35 (den)
Wol 0.04
Polistireen 0.033
Lug (100 kPa) 0.0262
Silika aerogel 0.017

Termiese geleidingsvermoë verander met temperatuur. Vir die meeste materiale verminder dit effens soos die temperatuur styg. Aangesien diamant 'n hoë termiese geleidingsvermoë het en natuurlike blou diamant selfs 'n hoër geleidingsvermoë het kan 'n mens die edelgesteentes vir egtheid toets deur van 'n toetser van termiese geleidingsvermoë gebruik te maak.

Verwante begrippe

Die omgekeerde van termiese geleidingsvermoë is termiese weerstand wat in kelvin-meter per watt (K·m·W-1) gemeet word.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

  • Halliday, David; Resnick, Robert; & Walker, Jearl(1997). Fundamentals of Physics (5th ed.). John Wiley and Sons, INC., NY ISBN 0-471-10558-9.
  • Ooreenstemmende artikel in die Engelstalige Wikipedia: en:Thermal conductivity

Tags:

Termiese Geleidingsvermoë EenhedeTermiese Geleidingsvermoë VoorbeeldeTermiese Geleidingsvermoë Verwante begrippeTermiese Geleidingsvermoë Sien ookTermiese Geleidingsvermoë Eksterne skakelsTermiese Geleidingsvermoë VerwysingsTermiese GeleidingsvermoëFisika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Regardt van den BerghOrale seksRonelda KamferEkonomieKunsmatige algemene intelligensieKongo-krisisSeksuele opwekkingRoossenekalAfrikaanse Protestantse KerkSuiwelprodukNasionale PartySuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024WaterpokkiesOnderwys in Suid-AfrikaTradisionele literatuurSeksueel oordraagbare infeksieLongVoornaamwoordSuikerbekkiesWayback MachineEngelsProteïenDierLewerKonjunktivitisAkademiaLikkewaanRuan PienaarFopnuusGroepsdrukPêrelGlobaliseringLys van elemente volgens simboolPomeloInligtingstegnologieSkilpadAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAppendiksKlein vyf diereBernice WestFilosofieAardverwarmingRamsar-vleilande in Suid-AfrikaHidroëlektrisiteitMenslike seksuele gedragLys van Afrikaanse skrywersLys van bekende Suid-AfrikanersStilleweVulkanismeBeroerteCarles PuigdemontUniegebouLys van medisinale kruieSinoniemSonsteekWaar ruwe rotseBruin menseKakiebosTrevor ManuelWalt DisneyPornografiese subgenresLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesNamakwalandSelfieKasteel die Goeie HoopVlinderNazi-DuitslandJan CombrinkJeugdagWindkragAdolessensieTweede Nuwe JaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Rudi ClaaseGrootste rampe in Suid-AfrikaSteve BikoPornografie🡆 More