Mohs Se Hardheidskaal

Mohs se hardheidskaal is 'n skaal van 1 tot 10 wat die relatiewe hardheid van 'n mineraal aandui.

Die skaal karakteriseer die krapweerstand van verskeie minerale deur hulle vermoë om ander sagter materiale te krap. Dit is ontwikkel deur die Duitse mineraloog Friedrich Mohs en is een van verskeie definisies van hardheid in materiaalkunde.

Mohs Se Hardheidskaal
Gedenkplaat vir Friedrich Mohs in Wenen, Oostenryk.

Mohs se skaal is gebaseer op tien maklik bekombare minerale. Materiale word gekenmerk teen die skaal deur die hardste materiaal te vind wat hulle kan krap.

Die tabel hieronder gee vergelykings met absolute hardheid soos gemeet met 'n hardheidsmeter. Mohs se skaal is 'n suiwer ordinale skaal aangesien korund byvoorbeeld byna dubbel so hard is as topaas terwyl diamant byna vier keer harder is as korund.

Hardheid Mineraal Absolute Hardheid
1 Talk

(Mg3Si4O10(OH)2)

1
2 Gips (CaSO4·2H2O) 3
3 Kalsiet (CaCO3) 9
4 Fluoriet (CaF2) 21
5 Apatiet

(Ca5(PO4)3(OH-,Cl-,F-))

48
6 Ortoklase Veldspaat (KAlSi3O8) 72
7 Kwarts (SiO2) 100
8 Topaas

(Al2SiO4(OH-,F-)2)

200
9 Korund (Al2O3) 400
10 Diamant (C) 1500

'n Alternatiewe tabel hieronder is beskikbaar om vir addisionele stowwe voorsiening te maak wat tussen die twee vlakke mag val.

Hardheid Mineraal
1 Grafiet
2 Gips
3 Kalsiet
4 Fluoriet
5 Apatiet
6 Ortoklase veldspaat
7 Kwartsglas silika
8 Kwarts
9 Topaas
10 Granaat
11 Versmelte sirkonia
12 Versmelte aluminiumoksied
13 Silikonkarbied
14 Boorkarbied
15 Diamant

Tags:

DuitslandMateriaalkundeMineraalMineraloog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StikstofGianna MichaelsHaelPapegaaieVoegwoordTekstielDramaNic de JagerRieldans23 AprilWeervoorspellingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMielieTeam Fortress 2SkuinsstreepSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994BreinkaartSowjetunieMassaGoudVrouLys van Suid-Afrikaanse skrywersTrigeminale neuralgieJode in Suid-AfrikaAardedagDialoog in fiksieBelastingBeeldspraakVerenigde State van AmerikaHaasTrappe van vergelykingAntoniemMartin Luther King jr.Aarde se atmosfeerSeksuele penetrasieBrittany Ashton HolmesLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)VratCleopatra VIISteenkool in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureToerismePubliekCristiano RonaldoPaasfeesKimberleyIndustriële RevolusieMikro-ekonomieLarry PageLandbou in Suid-AfrikaFabelPolisieAalwynGoudkus (streek)Gewone breukeHomoniemSwart menseKewerKolitisInsekVarkEienaamBewaringstatusAfrikaanse taalleerAfrikaansVaste stofBewussynSeksposisieManie LibbokTelefoonRooikatSelfieMeettegniekEmo AdamsGriekwa-AfrikaansSwawel🡆 More