Elektriese Resistiwiteit

Elektriese resistiwiteit (ook bekend as spesifieke elektriese weerstand of volume resistiwiteit) is 'n mate van hoe sterk 'n materiaal die vloei van elektriese stroom opponeer.

'n Lae resistiwiteit wys op 'n materiaal wat die gemaklike beweging van elektriese lading toelaat. Die SI-eenheid van elektriese resistiwiteit is die ohm meter (Ω m).

Definisies

Elektriese Resistiwiteit 
'n Stuk resistiewe materiaal met elekriese kontakte aan beide kante.

Electriese resistiwiteit ρ (Grieks: rho) is gedefinieer deur

    Elektriese Resistiwiteit 

waar

    ρ is die statiese resistiwiteit (gemeet in SI in volt-meter per ampère, V m/A);
    E is die grootte van die elektriese veld (gemeet in SI in volts per meter, V/m);
    J is die grootte van die stroomdigtheid (gemeet in SI in ampère per vierkante meter, A/m²).

Die elektriese resistiwiteit ρ kan ook gegee word deur,

    Elektriese Resistiwiteit 

waar

    ρ is die statiese resistiwiteit (gemeet in SI in ohm-meters, Ω m);
    R is die elektriese weerstand van 'n uniforme monster van die materiaal (gemeet in SI in ohms, Ω);
    Elektriese Resistiwiteit  is die lengte van die stuk materiaal (gemeet in SI in meters, m);
    A is deursnitarea van die monster (gemeet in SI in vierkante meters, m²).

Laastens word elektriese resistiwiteit ook gedefinieer as die inverse van die geleiding σ (sigma), van die materiaal, of

    Elektriese Resistiwiteit 

Verduideliking

Resistiwiteit het eenhede van ohm-meter (Ω.m), in plaas van die meer intuitiewe ohm per meter (Ω/m), die rede hiervoor kan waarskynlik die beste verduidelik word deur die weerstand die onderwerp te maak vanaf die definisie;

    Elektriese Resistiwiteit 

Die weerstand van 'n gegewe monster sal toeneem met die lengte, maar afneem met die deursnitarea. As die algemene vergelyking met hidroliese stelsels gebruik word, om 100 liter water per minuut deur 'n tuinslang te probeer druk sal redelike weerstand tot gevolg hê. 100 liter per minuut deur 'n 100mm deursnee pyp sal baie makliker gaan, en mider druk benodig. Dus vehoging in deursnitarea verlaag die weerstand. Soortgelyk sal 'n 5m tuinslang 'n sekere tyd neem om 'n 20 liter emmer vol te maak. Om dieselfde emmer met dieselfde druk in die tuinslang vol te maak, sal 'n 100m tuinslang heelwat langer neem. Soos die lengte groter word vehoog die weerstand.

Weerstand word gemeet in ohm. Lengte oor area het eenhede van 1/afstand. Om met ohm te eindig, moet resitiwiteit in eenhede van "ohms × afstand" wees (SI ohm-meter).

Tabel van resistiwiteite

Hierdie tabel wys die resistiwiteit en temperatuur koëffisiënt van verskeie materiale teen 20 °C (68 °F)

Materiaal Resistiwiteit (Ω·m) by 20 °C Temperatuur koëffisiënt* [K−1] Verwysing
Silwer 1.59×10−8 0.0038
Koper 1.72×10−8 0.0039
Goud 2.44×10−8 0.0034
Aluminium 2.82×10−8 0.0039
Kalsium 3.36x10−8 ?
Wolfram 5.60×10−8 0.0045
Sink 5.90×10−8 ?
Nikkel 6.99×10−8 ?
Yster 1.0×10−7 0.005
Tin 1.09×10−7 0.0045
Platinum 1.06×10−7 0.00392
Lood 2.2×10−7 0.0039
Mangaan 4.82×10−7 0.000002
Konstantan 4.9×10−7 0.000 008
Kwik 9.8×10−7 0.0009
Nichroom 1.10×10−6 0.0004
Koolstof 3.5×10−5 −0.0005
Germanium 4.6×10−1 −0.048
Silikon 6.40×102 −0.075
Glas 1010 to 1014 ?
Harde rubber approx. 1013 ?
Swawel 1015 ?
Paraffin 1017 ?
Kwarts (fused) 7.5×1017 ?
PET 1020 ?
Teflon 1022 to 1024 ?
Materiaal Resistiviteit (nΩ·m) Digtheid (g/cm³) Resistiviteit-digtheid produk (nΩ·m·g/cm³)
Natrium 47.7 0.97 46
Litium 92.8 0.53 49
Kalsium 33.6 1.55 52
Kalium 72.0 0.89 64
Aluminium 26.50 2.70 72
Koper 16.78 8.96 150
Silwer 15.87 10.49 166

Sien ook

Notas en Verwysings

Verdere leesstof

  • Paul Tipler (2004). Physics for Scientists and Engineers: Electricity, Magnetism, Light, and Elementary Modern Physics (5th ed.). W. H. Freeman. ISBN 0-7167-0810-8.

Eksterne skakels

Tags:

Elektriese Resistiwiteit DefinisiesElektriese Resistiwiteit VerduidelikingElektriese Resistiwiteit Tabel van resistiwiteiteElektriese Resistiwiteit Sien ookElektriese Resistiwiteit Notas en VerwysingsElektriese Resistiwiteit Verdere leesstofElektriese Resistiwiteit Eksterne skakelsElektriese ResistiwiteitElektriese ladingElektriese stroomMeterOhmSI

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NedersettingDermpoliepSteve HofmeyrGeslagsorgaanBeerPleonasmeSkaapBruin menseLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Eienskappe van binêre bewerkingsLewende en nie-lewende dingeLetterlike en figuurlike taalgebruikSkedelSolidariteitSwamVan Breda-moordeGeelhoutGewone seekatKlereRegardt van den BerghMaanPuberteitVryemarkekonomieRiviersonderendElektroniese fondsoordragOntkiemingLys van Islamitiese feeste en herdenkingsWebjoernaalGrondsoorteKapitalismeLys van Suid-Afrikaanse musikanteOogproblemeAssimilasie (taalkunde)PlastiekSeksueel oordraagbare infeksieAkuutSkoolSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KrugerwildtuinRegering van Suid-AfrikaLeierXenofobie in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse PolisiediensGisSeekoeiVerkragtingHomofoonSkildklierTaalHerbivoorRassismeVerplegingMantisVulvaSlaginstrumentStikstofMensMoesonSkeletVerkleinwoordTydbestuurOptel en aftrekOnderwysVaginale kankerBoet TroskiePaarlKatMorfeemKlankKoningsproteaBobby CannavaleNylrivierHoutPeriodieke tabel🡆 More