In die periodieke tabel van elemente is 'n periode 'n horisontale ry van die tabel.
Periode-indelings word gedoen volgens die elektronkonfigurasie van die elemente. Elke periode eindig aan die regterkant van die tabel met 'n edelgas waarvan die buitenste elektronskil heeltemal gevul is. Omdat die skille nie almal ewe veel elektrone bevat nie, is die periodes nie almal ewe lank nie. Daar is 'n direkte verband tussen die periodenommers en die hoofkwantumgetalle van die skil wat in die periode gevul word.
Die aantal elektronskille van 'n atoom bepaal tot watter periode dit behoort. Elke skil word in verskillende subskille verdeel, wat met toenemende atoomgetal rofweg in die onderstaande volgorde gevul word:
1s 2s 2p 3s 3p 4s 3d 4p 5s 4d 5p 6s 4f 5d 6p 7s 5f 6d 7p 8s 5g 6f 7d 8p ...
Aangesien die heel buitenste elektrone chemiese eienskappe bepaal, is dit gewoonlik soortgelyk binne periodieketabelgroepe. Elemente langs mekaar binne 'n groep het soortgelyke fisiese eienskappe, ondanks die beduidende verskil in massa. Elemente langs mekaar binne 'n periode het soortgelyke massa, maar verskillende eienskappe.
Daar is altesaam sewe periodes in die periodieke tabel wat van 1 tot 7 genommer is.
Ander groeperinge in die periodieke tabel is:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Periode (periodieke tabel), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.