Indo-Ariese Tale

Die Indo-Ariese tale is 'n subfamilie van die Indo-Irannese tale binne die Indo-Europese taalfamilie, saam met die Irannese tale en die Nuristani-tale.

Die meer as 'n honderd tale word deur omtrent een miljard mense oorwegend in Noord- en Sentraal-Indië, Pakistan, Bangladesj, Nepal, Sri Lanka en die Maledive gepraat. Van die belangrikste Indo-Ariese tale sluit in Hindi-Oerdoe (Hindoestani), Bengaals en die klassieke taal Sanskrit. Ook Romani, wat deur Roma in Europa gepraat word, behoort aan die Indo-Ariese tale. Die mees afgeleë Indo-Ariese taal is egter Fidjiaanse Hindi, een van die drie amptelike tale van die eilandstaat Fidji in Oseanië.

Indo-Ariese tale
Geografiese
verspreiding:
Suid-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europese tale
 Indo-Irannese tale
  Indo-Ariese tale
Onderafdelings:
Noordelike sone
Noordwestelike sone
Westelike sone
Sentrale sone
Oostelike sone
Suidelike sone
(die NW, W, S en O-sone sluit almal tale in wat tradisioneel as dialekte van Hindi beskou word)
Indo-Ariese Tale

Verspreiding van Indo-Ariese tale

Indo-Ariese Tale
Verspreiding van die Indo-Ariese tale binne die tale van Suid-Asië

Die Drawidiese tale, wat veral in Suid-Indië gepraat word, is nie aan die Indo-Ariese tale verwant nie, maar deur duisend jaar se taalkontak het hulle talle gemeenskaplike kenmerke ontwikkel. Dit vorm 'n taalfamilie in eie reg.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Hindoestani (Hindi-Oerdoe, 325 miljoen), Bengaals (190 miljoen), Pandjabi (129 miljoen), Marathi (72 miljoen), Rajasthani (50 miljoen), Gujarati (47 miljoen), Awadhi (40 miljoen), Bhojpuri (40 miljoen), Maithili (34 miljoen), Oriya (32 miljoen), Saraiki (26 miljoen), Sindhi (24,5 miljoen), Magahi (20,7 miljoen), Chhattisgarhi (18 miljoen), Nepalees (16 miljoen), Singalees (16 miljoen), Rangpuri (15 miljoen), Assamees (13 miljoen), Kannauji (9,5 miljoen), Hariyanavi (8 miljoen), Marwari (7,8 miljoen), Konkani (6 miljoen), Bundeli (5,6 miljoen), Kasjmiri (5,5 miljoen), Dogri (4 miljoen), Bhili (3,2 miljoen), Bagheli (2,7 miljoen), Garhwali (2,5 miljoen), Kumaoni (2 miljoen) en Braj (1,6 miljoen).

Bronne

  • (en) Cardona, George; Jain, Dhanesh, reds. (2003). The Indo-Aryan Languages. Routledge. ISBN 978-0-415-77294-5.
  • (en) Masica, Colin (1991). The Indo-Aryan Languages. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-29944-2.

Eksterne skakels

Tags:

BangladesjBengaalsEilandstaatEuropaFidjiFidjiaanse HindiHindiHindoestaniIndiëIndo-Europese taleIndo-Irannese taleIrannese taleMalediveNepalNuristani-taleOerdoeOseaniëPakistanRomaRomaniSanskritSri LankaTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BynierKongo-krisisGoudkus (streek)SeksposisieMuskietSean CombsGroepsgebiedewetMaroela MediaMeeueLübeckAdolf HitlerGrondwetDirekte en Indirekte redeNasionale VrouedagC. Louis LeipoldtLys van Suid-Afrikaanse skrywersOrale seksAl-FatihaLys van Afrikaanse televisiereekseTydWerkwoordKlankWaterkringloopLika BerningCarike KeuzenkampEmfiseemAmhariesTienerEuropaGrondbesoedelingEiffeltoringMiddelmisbruikSamestellingMondDierTegnologieRassisme in AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)OlifantMagsverheffingSeisoenHadedaBTWEkonomieVakbondNelson MandelaGroot-VisrivierWhatsAppSuid-Afrikaanse rand7de LaanSuurstofKalsiumApokriewe boekeDuitse maselsEkonomie van Suid-AfrikaChapmanspiek-rylaanKewerStedelike hitte-eilandReënDigtheidDie Stem van Suid-AfrikaDemokratiese Republiek die KongoNatriumsulfietRenaissanceBrandbergNic de JagerSpringbokkeFiela se kindDepressie (gemoedstoestand)HartseerEienaamBalletStaal20ste eeuSonnetRoemeens🡆 More