Braj (ब्रजभाषा, Braj Bhāshā) is 'n Indo-Ariese taal wat in die Indiese deelstate Uttar Pradesh en Rajasthan deur sowat 1,6 miljoen mense gepraat word.
Dit word soms as 'n dialek van Hindoestani beskou, maar ook as 'n Wes-Hindi-taal in eie reg. Braj was gedurende die 19de eeu saam met Awadhi ('n variant van Oos-Hindi), voordat dit deur Hindoestani vervang is, een van die twee oorheersende literêre tale van Noord-Sentraal-Indië. Agra en Delhi is van die grootste Indiese stede waar Braj gepraat word en van sy moedertaalsprekers is veral aanhangers van die Hindoegod Krisjna.
Braj ब्रजभाषा, Braj Bhāshā | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,6 miljoen | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Wes-Indo-Aries Braj | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | bra | |
ISO 639-3: | bra | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Braj, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.