Maithili

Maithili (मैथिली, মৈথিনী, Maithilī) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 34 miljoen mense in Oos-Indië en Nepal gepraat word.

Maithili is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstate Bihar en Jharkhand, asook van Nepal. Maithili word in Kaithi en Tirhuta geskryf, twee Brahmi-skrifte uit die Indiese skriffamilie.

Maithili
मैथिली মৈথিনী Maithilī
Gepraat in: Vlag van Indië Indië
Vlag van Nepal Nepal 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 34 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Oos-Indo-Aries
    Bihari
     Maithili 
Skrifstelsel: Kaithi, Tirhuta 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Indië Indië

Vlag van Nepal Nepal

Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: mai
ISO 639-3: mai 
Verspreiding van Maithili
Maithili
Die woord "Maithili" in Devanagari-skrif
Maithili
Die woord "Maithili" in Tirhuta-skrif

Maithili behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. In teenstelling met die meeste ander Bihari-tale het Maithili in onlangse jare egter amptelike erkenning deur die Indiese regering verkry en is in 2003 met die Agtste Bylae in die Indiese grondwet ingeskryf. Sedert Maart 2018 is Maithili een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale. Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Maithili as een van Nepal se baie nasionale tale.

Verwysings

Eksterne skakels

Maithili 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Maithili

Tags:

BiharBrahmi-skrifEngelsFederale staatsvorm van IndiëHindiIndiese skriffamilieIndiëIndo-Ariese taleKaithiLys van nasionale tale van IndiëNepal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlantOnderhandelinge om apartheid te beëindigRyno HattinghToestand van materieVerbruikerHondsdolheidLeierDiamantHartVratEngelsGeweldOntwikkelende landFotosinteseKlein vyf dierePriemgetalLandbouMaria MagdalenaCeresIsraelGamelanMynbouMieliestronkWaterLeonardo da VinciAbrahamNederlandPornografieLikkewaanAfrikanernasionalismeMiskruierDooie SeeAt BothaMondBorskankerVoornaamwoordSeekatSwart nasionalismeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994PseudowetenskapTrianthemaRMS TitanicOrganismeWoordeskatuitbreidingAardkorsVerkleinwoordMontrealWaterpokkiesBiodiversiteitSomerWhatsAppDolfynSuid-Afrikaanse GrensoorlogMorfologie (taalkunde)InfeksieHoofpynVoedingWolfHernubare energieNaaldekokerRenosterKarooJeugdagMenstruasieMaagdelikheidAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVideoLys van indringerplante in Suid-AfrikaHoenderElandréGordelroosDesmond TutuOogproblemeMateriaalWoordsoortPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika🡆 More