Roma

Roma is 'n sambreelterm vir 'n aantal etnies verwante groepe wat oorspronklik uit Indië afkomstig is en vanaf die 14de eeu in meerdere migrasiegolwe via Suidwes-Asië na Noord-Afrika en Europa, in die moderne tyd ook na die Amerikas en Australië gemigreer het.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Romani.
Roma
Roma
Vlag van die Roma
Totale bevolking: ca. 2–12 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~1 miljoen

Vlag van Brasilië Brasilië 800 000
Vlag van Turkye Turkye 700 000–5 miljoen/~2,8 miljoen
Vlag van Spanje Spanje 650 000–1,5 miljoen
Vlag van Roemenië Roemenië 621 573–2 miljoen
Vlag van Frankryk Frankryk 350 000–1,2 miljoen
Vlag van Bulgarye Bulgarye 325 343–800 000
Vlag van Hongarye Hongarye 315 583–990 000
Vlag van Griekeland Griekeland 300 000–350 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 90 000–300 000/~225 000
Vlag van Rusland Rusland 182 766–1,2 miljoen
Vlag van Serwië Serwië 147 604–800 000
Vlag van Italië Italië 120 000–180 000
Vlag van Duitsland Duitsland 120 000–140 000
Vlag van Slowakye Slowakye 105 738–600 000
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 53 879
Vlag van Swede Swede 50 000–100 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 47 587–400 000
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 40 370–300 000
Vlag van Portugal Portugal 40 000–70 000
Flag of Kosovo Kosovo 40 000
Vlag van Nederland Nederland 32 000–48 000
Flag of Ireland Ierland 32 000–43 000
Vlag van Switserland Switserland 25 000–35 000
Vlag van België België 20 000–40 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 20 000–30 000
Vlag van Kroasië Kroasië 16 975–40 000
Vlag van Pole Pole 15 000–60 000
Vlag van Moldowa Moldowa 12 778–200 000
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina 8 864–60 000
Vlag van Albanië Albanië 8 301–150 000
Vlag van Kanada Kanada 5 255–80 000
Vlag van Slowenië Slowenië 3 246

Taal: Romani, tale van inheemse streke
Geloofsoortuiging: Christendom (Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Protestantisme) • Islam • Sjaktisme
Verwante etniese groepe: Dom, Lom, Domba en ander Indo-Ariërs
Roma
Die vermoedelike migrasie van Roma na Europa
Roma
Historiese verspreiding van die Roma se subgroepe in Europa
Roma
Roma-bevolking volgens Europese lande: ██ 0% ██ 5% ██ 10%
Roma
Jong Hongaarse Roma voer 'n tradisionele dans op
Roma
Spaanse Roma, die sogenaamde Kalé of Gitanos, het as bekwame musikante en dansers groot invloed op die Andalusiese flamenco-dans uitgeoefen

Roma word as etnies-kulturele minderheid op alle vastelande aangetref, alhoewel die meerderheid in Europa en hier veral in Suidoos-Europese en enkele Sentraal-Europese lande asook in Spanje en Portugal leef. In Duitssprekende gebiede word na hierdie etniese groepe meestal as "Sinti en Roma" verwys. In Duitsland is die Roma 'n erkende minderheid soos Dene, Friese en Sorbe.

Hul gemeenskaplike taal is Romani of Romanes, met 'n groot verskeidenheid dialekte.

Baie lede van die minderheid word sowel vanweë hulle etniese afkoms asook hulle sosiale situasie gemarginaliseer. So word ook die term Sigeuner as neerhalend ervaar.

Taal

Na die taal van Roma, romaňi čhib, word internasionaal en veral in Angel-Saksiese lande meestal as Romani, in die Duitse taalgebied ook as Romanes verwys. Romani is verwant aan Sanskrit en toon ooreenkomste met Sentraal- en Noordwes-Indiese tale. Volgens die ontstaansgeskiedenis van die basiese woordeskat en die grammatikale stelsel, maar ook volgens sy fonologie is Romani 'n Nieu-Indo-Ariese en dus Indo-Europese taal wat sedert meer as 800 jaar onafhanklik van die Indiese tale ontwikkel het, waarvan sedert minstens 700 jaar in Europa.

Godsdiens

Elemente uit verskillende periodes van die godsdienstige lewe in Indië en Ou-Persië kom nog steeds in die huidige religieuse voorstellings en geloofspraktyke van Roma voor.

Die geloof van Roma korrespondeer in 'n groot mate met die omgewende meerderheidsgodsdiens. So is die meeste Lowara-Roma Rooms-Katolieke en leef in tradisioneel Katolieke lande soos Oostenryk en Hongarye. Duitse Roma is eweneens merendeels Rooms-Katolieke, selfs in oorwegend Protestantse landsdele. In Oos-Europa is daar Ortodokse Kalderasj en Goerbet in Noord-Masedonië en Serwië asook Islamitiese Arlije in Noord-Masedonië, Albanië en Turkye. In Bulgarye is 39,2 persent van die Roma-bevolking Moslems.

Die meeste van hierdie Islamitiese Roma praat die taal van hul Turkse geloofsbroeders - hulle is 'n belangrike faktor van Islam in Bulgarye. Opvallend by Bulgaarse Roma is hulle sinkretistiese tendense - dit wil sê daar kan 'n vermenging van Christelike en Islamitiese geloofspraktyke aangewys word.

In die afgelope dekades het ook vrye Christelike kerke, veral uit die Pinksterbeweging, sendingwerk in Roma-gemeenskappe gedoen.

Rooms-Katolieke Roma vereer die Swart Sara as hulle beskermheilige. In die Suid-Franse kusdorp Saintes-Maries-de-la-Mer in Camargue vind jaarliks 'n groot vergadering van Roma-gesinne ter ere van dié beskermheilige plaas. Hierdie byeenkoms staan tradisioneel as "Sigeuner-pelgrimstog" bekend en het lankal 'n toeristetrekpleister geword.

Musiek

Musiek is diep gewortel in die Roma-kultuur en speel dus 'n belangrike rol in die alledaagse lewe van Roma. So staan musikale opvoerings gewoonlik ook tydens feeste sentraal. Van oudsher het baie Roma as professionele musikante in hul lewensonderhoud voorsien en elemente uit die omgewende meerderheidskultuur met hul eie musikale tradisies vermeng. Hieruit het 'n groot verskeidenheid plaaslike musiekstyle en instrumentasies voortgespruit.

In Spanje, veral die suidelike gewes Andalusië, het die Kalé of Gitanos groot invloed op die ontwikkeling van die plaaslike flamenco-dans uitgeoefen. Roma-musikante soos Manitas de Plata het danksy hul flamenco-musiek internasionaal bekendheid verwerf. Die Franse Sinto Django Reinhardt het as jazz-musikant sukses behaal.

Die sigeuners (Roma) is die troebadoers van Europa. Hulle het baie liedjies versamel met hul nomadiese leefstyl. Veral in Hongarye is hulle uiters vaardig op die viool. Hier staan hulle bekend as Tziganes. Tziganimusiek het oor die hele wêreld beroemd geword. Baie van die pragtige Hongaarse volkwysies, wat later komponiste soos Liszt, Brahms en Bartok sou inspireer, het behoue gebly omdat die Tziganes dit gespeel en gesing het.

Die lied Djelem, djelem is in 1971 tot volkslied van alle Roma verklaar.

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Tags:

Roma TaalRoma GodsdiensRoma MusiekRoma VerwysingsRoma BronRoma Eksterne skakelsRoma14de eeuAmerikasAustraliëEuropaIndiëNoord-AfrikaSuidwes-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ISBN (identifier)Seksuele penetrasieCarles PuigdemontFrankrykWaarheid-en-versoeningskommissieIngrid JonkerDepressie (gemoedstoestand)NAVOKlitorisErfenisdag (Suid-Afrika)Regardt van den BerghBrongitisAfrikaanse Hoër SeunskoolEkonomie van Suid-AfrikaAfrikanersBatmanKoue OorlogReënspinnekopKolorektale kankerTropiese sikloonHekserySkrikkeljaarPornografiese akteurSterrestelselGeskiedenis van AfrikaansGesinsdagEstlandLys van Afrikaanse rolprenteYouTubeErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2NierversakingKinkhoesBrasiliaanse nasionale rugbyspanOnse VaderTurksvyTierboskatPoesVolumeDonker materieAppelblaarSiembambaGeografie van Suid-AfrikaGrasfamilieOpgestopte speelgoedLily CarterRuslandLys van woestyneWeeluisRepubliek ArtsachSeksposisieVratDie Stem van Suid-AfrikaAnrich HerbstSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 202421 v.C.Onderwys in Suid-AfrikaGianna MichaelsWikimedia-stigtingYstervarkMuskeljaatkatEDundermGoogle TranslateN.P. van Wyk LouwRacheltjie de BeerKaapstadSmaakProstaatklierVlag van Libanon🡆 More