Drawidiese Tale

Die Drawidiese tale is 'n taalfamilie wat veral in Suid-Indië en Noord-Sri Lanka asook in 'n kleiner mate in dele van Sentraal- en Oos-Indië, Pakistan, Nepal en Bangladesj gebesig word.

Dit omvat 27 tale wat deur sowat 220 miljoen mense gepraat word. Die Indo-Ariese tale, wat veral in Noord-Indië gepraat word, is nie met die Drawidiese tale verwant nie, maar deur duisende jare se taalkontak het hulle talle gemeenskaplike kenmerke ontwikkel. Dit vorm 'n eie taalfamilie. In ruil daarvoor het die meeste van die huidige Drawidiese tale veral uit Sanskrit, Hindoeïsme se klassieke taal, baie woorde ontleen.

Drawidiese tale
Geografiese
verspreiding:
Suid-Asië, meestal suidelike Indië en noordelike Sri Lanka
Genetiese
klassifikasie
:

 Drawidiese tale
Onderafdelings:
Noord-Drawidies
Sentraal-Drawidies
Suid-Sentraal-Drawidies
Suid-Drawidies
Drawidiese Tale

Verspreiding van Drawidiese tale:

   Noord

   Sentraal

   Suid-Sentraal

   Suid

Drawidiese Tale
Verspreiding van die Drawidiese tale binne die tale van Suid-Asië
Drawidiese Tale
Stamboom van Drawidiese tale

Die vier grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Telugu (74 miljoen), Tamil (69 miljoen), Kannada (38 miljoen) en Malayalam (34 miljoen). Daarbenewens word Brahui oorwegend in Pakistan en Kurukh in Nepal gepraat. Sommige tale soos Malayalam en Tamil het gedurende die onlangse twee eeue deur migrasie ook in lande soos Singapoer (albei tale), Mauritius en Maleisië (beide Tamil) gevestig. Daar bestaan ook 'n Tamil-bevolking in die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.

Sien ook

Bronne

  • (en) Krishnamurti, Bhadriraju (2003). The Dravidian Languages. Cambridge University Press. ISBN 0-521-77111-0.
  • (en) Steever, Sanford Barringer (1998). The Dravidian Languages. London: Routledge. ISBN 978-0-415-10023-6.

Eksterne skakels

Tags:

BangladesjHindoeïsmeIndiëIndo-Ariese taleNepalPakistanSanskritSri LankaTaalTaalfamilie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Swart menseKarpaletonnelsindroomLimfvatstelselSinsbouMaanDiarreeElektroniese of digitale mediaKlein gekolde katAnglisismeBuffelAngolese BurgeroorlogKoperIdioomXenofobieLettergreepMonumentSportJeugdagRymNaaldekokerKaapstadChemiese elementGetalAnale seksKokerboomKolitisYsterIndustriële RevolusieVleilandAntjie SomersSout (chemiese stof)HokkieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHolocaustN.P. van Wyk LouwVolstruisMiddelmisbruikFotosinteseMensNasiebouTikTokBreinDuitse maselsNetbalTsoenamiNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMurraysburgAntoniemAfkortingSeksuele opwekkingGeelslangViëtnamoorlogSoweto-opstandAvbobCoca-ColaSlimfoonPlae van EgipteIslamSwemGalblaasWapen van Suid-AfrikaMuskietLys van Joodse feeste en herdenkingsElana AfrikaDirekte en Indirekte redeEkologieDuitsJohannes MeintjesAfrikaanse Taalmonument (Welkom)Persoonlike voornaamwoordKoolstofVolksrepubliek ChinaSwaziRobert SobukweKewer🡆 More