Austro-Asiatiese Tale

Die Austro-Asiatiese tale, soms ook Mon-Khmer-tale genoem, is 'n taalfamilie wat uit rofweg 169 tale bestaan wat deur sowat 100 miljoen mense gepraat word.

Hulle is oorwegend oor Suid- en Suidoos-Asië versprei. Daarbenewens kom Austro-Asiatiese tale ook in lande soos Indië, Bangladesj, Nepal en aan die suidelike grens van die Volksrepubliek China voor. Die naam van dié taalfamilie is afgelei van die Latynse woorde australis en asia, wat "Suid-Asiaties" beteken.

Austro-Asiatiese tale
Mon-Khmer-tale
Geografiese
verspreiding:
Suid- en Suidoos-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Austro-Asiaties
 Austro-Asiatiese tale
Onderafdelings:
Moenda
Khasi-Palaungies
Khmuies
Pakanies
Vieties
Katuies
Bahnaries
Pearies
Nicobaries
Aslian
Monies
Sjompen?
Austro-Asiatiese Tale

Verspreiding van Austro-Asiatiese tale

Austro-Asiatiese Tale
Volgens Paul Sidwell en Roger Blench het die Austro-Asiatiese tale langs die Mekongbekken versprei
Austro-Asiatiese Tale
Stamboom van Austro-Asiatiese tale

Die Austro-Asiatiese tale word as die outochtone tale van Suidoos-Asië beskou, aangesien die sprekers van die aangrensende Indo-Ariese, Tai-Kadai, Drawidiese, Austronesiese en Tibeto-Birmaanse tale later ná die streek migreer het. Paul Sidwell en Roger Blench vermoed, dat die sprekers van die Austro-Asiatiese tale langs die Mekongbekken versprei het.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Viëtnamees (68 miljoen), Khmer (14 miljoen), Santali (6,2 miljoen), Moendari (1,7 miljoen), Ho (1,4 miljoen), Khasi (1 miljoen) en Mon (851 000). Die eerste drie is die enigste van die Austro-Asiatiese tale wat amptelike status in 'n land geniet (in Viëtnam, Kambodja en Indië, respektiewelik). Die alternatiewe benaming Mon-Khmer-tale is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.

Verwysings

Bronne

  • (en) Mathias Jenny en Paul Sidwell (2015). The Handbook of Austroasiatic Languages. Leiden: Brill.

Eksterne skakels

Tags:

BangladesjIndiëLatynNepalSuid-AsiëSuidoos-AsiëTaalTaalfamilieVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

UitskeidingVerkragtingYsterSkrikkeljaarDuitse herdershondHidroponikaWindpompBreinvliesontstekingVenusLys van Griekse mitologiese figureLugbesoedelingAanhalingstekensSkynwerklikheidPadtekens in Suid-AfrikaHomoseksualiteitKoningsproteaBateBruin menseGeografiese inligtingstelselHindoeïsmeNoot vir NootSonneblomSlakArgitektuurHipoteseEienskappe van binêre bewerkingsNoord-KaapNatuurlike hulpbronAdolf HitlerBosveldvisvangerLovedale, Oos-KaapSelfbeeldReële getalVerbruikerAnorexia nervosaKangaroeProteïenAppel (sanger)Anneli van RooyenHeidelberg, GautengNierversakingSeksuele opwekkingBloutreinLongDuitslandSoogdierIronieOutismeBreinkaartVryheidsdagGqeberhaStereotipeVoegwoordPaddaErica BoyerVerkleurmannetjieGeestesgesondheidTrappe van vergelykingNoord-AmerikaKaaps-Hollandse stylAngina pectorisRasionale getalYsbeerGenderMosambiekse spoegkobraLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaCarles PuigdemontMasturbasieModerniseringVir die voëlsCovid-19-pandemieSonLughaweLys van visseGautreinReddingskake🡆 More