Awadhi

Awadhi (अवधी, 𑂃𑂫𑂡𑂲, ) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 3,8 miljoen mense in Noord-Indië en Nepal gepraat word.

Dit word hoofsaaklik in die Indiese deelstate Uttar Pradesh se Awadh-streek en in die aangrensende Nepalese Terai-streek gepraat. Awadhi word veral in Devanagari geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, maar soms ook in Nastaliq, 'n Perso-Arabiese skrif; in die verlede is ook die Kaithi-skrif gebruik.

Awadhi
अवधी 𑂃𑂫𑂡𑂲 Avadhī 
Uitspraak: [əʋ.d̪ʱiː]
Gepraat in: Vlag van Fidji Fidji
Vlag van Indië Indië
Vlag van Nepal Nepal
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 3,8 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Oos-Indo-Aries
    Hindoestani
     Awadhi 
Skrifstelsel: Devanagari, Arabiese alfabet, Kaithi (histories) 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Fidji Fidji (as Fidjiaanse Hindi)
Vlag van Nepal Nepal
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: awa
ISO 639-3: awa 
Verspreiding van Awadhi
Awadhi
Die woord "Awadhi" in Kaithi- (bo) en Devanagari-skrif (onder)

Alhoewel Awadhi oor 'n lang letterkundige tradisie beskik, word dit deur die Indiese regering as 'n Hindi-dialek beskou. Die Awadhi-letterkunde word dan as 'n deel van die Hindi-letterkunde beskou. Awadhi is in elk geval nou verwant aan Hindi, Oerdoe en Fidjiaanse Hindi. Karibiese Hindoestani én Fidjiaanse Hindi het uit beide Awadhi en Bhojpuri ontwikkel. Fidjiaanse Hindi dien saam met Engels en Fidjiaans as ampstale van die eilandnasie Fidji. Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Awadhi as een van Nepal se baie nasionale tale.

As gevolg van die verskeping van werkers uit die destydse Brits-Indië word Awadhi ook in die Karibiese gebied gepraat. Dit word ook deur Indiese Suid-Afrikaners gebesig.

Die bekende Ramtjaritmanas-epos van die Indiese skrywer Toelsidas is in Awadhi geskryf.

Verwysings

Eksterne skakels

Awadhi 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Awadhi


Tags:

Brahmi-skrifDevanagariFederale staatsvorm van IndiëIndiese skriffamilieIndiëIndo-Ariese taleNepalUttar Pradesh

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TandbederfLys van visseKewerNapoleon BonaparteCarles PuigdemontInnes en Franna BenadéLys van Suider-Afrikaanse soogdiereThe CranberriesWaatlemoenAfrikaanse taalleerMasturbasieVoorvoegselKonjunktivitisNasiebouWelwitschiaOranjerivierEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaReg tot ‘n gesonde omgewingBloedsomloopstelselWet op Bantoe-onderwysNoord-KaapTrekarbeidLys van Afrikaanse televisiereekseHondMosambiekPersoonlike voornaamwoordNedersettingVratAardkorsBurgerregteLewerVoedselkettingRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WerkwoordRenteKrygkorHibernasieWaterpokkiesFamilie (verwantskap)WithaaiOm-te-infinitiefkonstruksieElon MuskBorskankerHomofoonLys van bekende Suid-AfrikanersAfrikaanse WikipediaSelakantGeldBeleggingPinksterLugbesoedelingWetenskaplike klassifikasieSeksueel oordraagbare infeksieStokely CarmichaelMisdaadromanAlkoholismeAbsolute monargieSwartkwasmuishondBlomPaasfeesSlag van BloedrivierDomineeKarooAkroniemPornhubErfenisFranse RewolusieSeksualiteitInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandNarsismeWynand du ToitRenosterKaaps-Hollandse stylBloeddruk🡆 More