Swartsee

Die Swartsee of Swart See (Abchasies: Амшын Еиқәа Amshyn Eikʷa, Bulgaars: Черно море Cherno more , Georgies: შავი ზღვა Shavi zghva, Roemeens: Marea Neagră , Russies: Чёрное мо́рe Chornoye morye , Turks: Karadeniz , Oekraïns: Чорне море Chorne more ) is ’n binnesee wat omring word deur Europa, Anatolië en die Kaukasus.

Swartsee
Swartsee
Nasa-Satellietbeeld van die Swartsee
Swartsee
Kaart van die Swartsee
Koördinate:44°N 35°O / 44°N 35°O / 44; 35 35°O / 44°N 35°O / 44; 35
Ligging:Bulgarye, Georgië, Oekraïne, Roemenië, Rusland, Turkye
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:436 402 km² (168 500 myl²)
Gemiddelde diepte:1 253 m (4 111 vt)
Maksimum diepte:2 212 m (7 257 vt)
Volume:547 000 km³ (131 200 myl³)
Lengte:1 175 km (730 myl)
Invloei:Dnister, Dnjepr, Donau, Kızılırmak
Uitvloei:Bosporus
Eiland/e:10+
Nedersettings:Batoemi, Boergas, Constanța, Jalta, Odessa, Sewastopol, Soechoemi, Sotsji, Trabzon, Warna

Dit word met die Atlantiese Oseaan verbind deur die Middellandse en die Egeïese See en verskeie seestrate: Die Bosporus-seestraat verbind dit met die See van Marmara, en dié word deur die Dardanelle-seestraat verbind met die Egeïese See, wat deel is van die Middellandse See. Dié watermassas is die skeiding tussen Oos-Europa en Wes-Asië. Die Swartsee is ook aan die See van Azof verbind deur die Kertsj-seestraat.

Swartsee
Ligging van die Swartsee
Swartsee
Die Swaelnes op die rotse van die Swartsee op die Krimskiereiland in Oekraïne
Swartsee
Die Swartsee in Batoemi, Adzjarië, Georgië

Grootte

Die Swartsee het ’n oppervlakte van 436 402 km², ’n maksimum diepte van 2 212 m en ’n volume van 547 000 km³.

Die naam

Die Swartsee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale ná kleure genoem is – die ander is die Geel-, Rooi- en Witsee. Die rede vir die "kleurterm" as naam kan ’n antieke toewysing van kleure aan die windrigtings wees: swart het noord aangedui, rooi suid en geel oos.

’n Ander verduideliking is die kleur van die Swartsee se diep water. Dit is verder noord en minder sout as die Middellandse See en daarom is die konsentrasie van alge veel hoër, en dit veroorsaak die donker kleur. Sigbaarheid in die Swartsee is gemiddeld 5 meter in vergelyking met 35 meter in die Middellandse See.

Stede en dorpe langs die kus

Nedersetting Huidige land Oorspronklike land Besonderhede
Albena Bulgarye
Batoemi Georgië
Boergas Bulgarye
Constanța Roemenië
Jalta Rusland Oekraïne Op die Krim
Kertsj Rusland Oekraïne Op die Krim
Noworossiisk Rusland
Odessa Oekraïne
Samsun Turkye
Sewastopol Rusland Oekraïne Op die Krim
Soechoemi Abchasië Georgië
Sotsji Rusland
Sozopol Bulgarye
Trabzon Turkye
Warna Bulgarye
Zonguldak Turkye

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Swartsee GrootteSwartsee Die naamSwartsee Stede en dorpe langs die kusSwartsee VerwysingsSwartsee Eksterne skakelsSwartseeAbchasiesAnatoliëAtlantiese OseaanBinneseeBosporusBulgaarsDardanelleEgeïese SeeEuropaGeorgiesKaukasusMiddellandse SeeOekraïnsOos-EuropaRoemeensRussiesSee van AzofSee van MarmaraSeestraatTurksWes-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Morfologie (taalkunde)EendbekdierGroepsgebiedewetKolorektale kankerGrondsoorteNatuurrampTswanaIslamXenofobieMantisDrinkwatervoorsieningKevin RuddSwemGloeilampWatersuiweringBurgerregteAvbobSamestellende afleidingMarie AntoinetteRenosterNieuwoudtvilleEkonomiese sektorNoord-KaapSaartjie BaartmanWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVlag van Suid-AfrikaRegverdige handelSirkelZack du PlessisBloeddrukJan-Willem BreureOrthopteraTydVeerShanzhaiToerismeStam (taalkunde)Steve BikoGesondheidTemperatuurViëtnamTermietAngolaBuffelOnse VaderLeierLys van Afrikaanse televisiereekseVolhoubaarheidSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureDachshundOorkruipersMangelontstekingBreedtegraadWes-KaapKernkragLika BerningSoogdierOseanografieKlimaatsverandering in AfrikaEnsiklopedieDokterElandréKweekhuisgasDuitse maselsSuid-Afrikaanse randKolonisasieVisKaapse VlakteBosvarkKamoefleringEnkelvoudige sinMandalaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaDagboekPiesang🡆 More