Witsee

Die Witsee (Russies: Белое море Beloye more, Fins en Karelies: Vienanmeri, Nenets: Сэрако ямʼ Serako yam) is 'n binnesee van die Barentssee met 'n oppervlak van sowat 90 000 km², aan die noordweskus van Rusland.

Witsee
Witsee
Twee Nasa-satellietfoto's van die Witsee
Witsee
Kaart van die Witsee
Koördinate:65°30′N 37°30′O / 65.500°N 37.500°O / 65.500; 37.500 37°30′O / 65.500°N 37.500°O / 65.500; 37.500
Ligging:Karelië, Archangelsk-oblast, Moermansk-oblast (Rusland)
Soort:See van die Arktiese Oseaan
Oppervlakte:90 000 km² (35 000 myl²)
Gemiddelde diepte:60 m (200 vt)
Maksimum diepte:340 m (1 115 vt)
Eiland/e:Solowjetski-eilande
Nedersettings:Archangelsk

Dit word omring deur die Russiese republiek Karelië in die weste en die oblasts (gebiede) Archangelsk in die suidooste en Moermansk in die noorde. Toegang van die Barentssee na die Witsee word in die noorde tussen die Kola-skiereiland (wat deel uitmaak van Lapland) aan die westekant en Kanin aan die oostekant verkry.

Witsee
Die Solowjetski-klooster aan die Witsee
Witsee
Die Kandalaksja-golf

Die see het drie groot baaie: die Kandalaksja-, Onega- en Dwinabaai. In die noordooste is 'n vierde baai: die Mezenbaai. Die Noordelike Dwina lewer die meeste water aan die see. Die Mezen, wat in die verre noordooste van die see uitmond, is ook 'n groot waterbron. Die see lê grotendeels suid van die Poolsirkel, maar is tog vir die grootste deel van die jaar gevries.

Die belangrike hawe van Archangelsk is aan die Witsee geleë by die mond van die Noordelike Dwina. Vir groot dele van Rusland se geskiedenis was dit Rusland se hoofsentrum vir internasionale maritieme handel. In die moderne era het dit 'n belangrike Sowjetse vloot- en duikbootbasis geword. Die stad Sewerodwinsk, effens verder wes, het 'n kernduikbootbasis. Kleiner stede en dorpe aan die see sluit in Kandalaksja, Kem en Onega. Aan die rand van Onegabaai lê die Solowetski-eilande.

Sedert 1933 verbind 'n 227 kilometer lange kanaal die Witsee-Oossee-kanaal (Belomorsko-Baltiiski kanal) oor die Onegameer en die Ladogameer met die Oossee. Die kanaal is onder Josef Stalin met dwangarbeid deur Goelag-gevangenes gebou. Dit is die langste kanaal in Europa.

Die Witsee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale ná kleure genoem is – die ander is die Geel-, Rooi- en Swartsee. Die hele Witsee val onder Russiese soewereiniteit en word beskou as 'n interne watergebied van Rusland. In 2021 is rotstekeninge rondom die Onegameer en die Witsee as Unesco-wêrelderfenisgebiede gelys.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Archangelsk-oblastBarentsseeBinneseeFinsKareliesKareliëKola-skiereilandLaplandMoermansk-oblastOblastRuslandRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LeierKoorsblaarEvangelies Gereformeerde KerkElektrisiteitsvoorsieningRobbeneilandLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)HemelvaartsdagSoogdierAardbewingJan van TonderJesus van NasaretKlereRefentse MorakeKatInflasieHoutGasNetbalLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereOligopolieByWikiHeidelberg, GautengJo BlackYouTubeAmandelProsaGautengOnderwys in Suid-AfrikaBeurtkragNazi-DuitslandNicola HanekomElektriese geleierPols-oksimeterSlag van Cuito CuanavaleOseaanIvan ZimmermannVerkragtingHernubare energieWikiquoteIngrid JonkerSportTasché BurgerMondHartaanvalTwaalf Stamme van IsraelNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGrondsoorteEugenetikaSkisofreniePubiese hareAppel (sanger)Jannie du ToitSwangerskapVerkleinwoordPersHeks van HexrivierRegardt van den BerghMarkenMeningsverskil oor aardverwarmingGeslagsgelykheidKuberkrakerSaartjie BaartmanMikro-ekonomieParkinson se siekteSwartbewussynsbewegingHeupvervangingGriepSekondêre sektor van die ekonomieAborsieTranspirasieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHomofoonNaaldekokerKoos Kombuis🡆 More