Vanuatu

Vanuatu (Engels: , vah-noo-AH-too, luister (hulp·inligting) of , van-WAH-too; Bislama en Frans: ), amptelik die Republiek Vanuatu (Bislama: Ripablik blong Vanuatu; Engels: Republic of Vanuatu; Frans: République de Vanuatu), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië.

Dit beslaan 'n oppervlakte van 12 189 km² en het 'n bevolking van 335 966 in 2023 gehad. Vanuatu is in die ooste van Australië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die weste van Fidji en in die noordooste van Nieu-Kaledonië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Vila. Vanuatu is 'n onafhanklike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.

Republiek Vanuatu
Ripablik blong Vanuatu (Bislama)
Republic of Vanuatu (Engels)
République de Vanuatu (Frans)
Vlag van Vanuatu Wapen van Vanuatu
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Long God yumi stanap (Bislama)
With God we stand (Engels)
Nous nous tenons devant Dieu (Frans)
(Afrikaans: "In God staan ons")
Volkslied: Yumi, Yumi, Yumi
(Bislama vir: "Ons, Ons, Ons")
Ligging van Vanuatu
Hoofstad Port Vila

17°45′S 168°18′O / 17.750°S 168.300°O / -17.750; 168.300

Grootste stad Port Vila
Amptelike tale Bislama, Engels en Frans
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Nikenike Vurobaravu
Charlot Salwai
Onafhanklikheid

30 Julie 1980
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
12 189 km2  (157ste)
4 706 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2020-sensus
 - Digtheid
 
335 966 (182ste)
300 019
27,6 / km2 (188ste)
71,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$1 002 miljoen (178ste)
$3 001 (155ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$1 064 miljoen (175ste)
$3 188 (124ste)

MOI (2021) Vanuatu 0,607 (140ste)  –  medium
Gini (2019) 32,3 –  medium
Geldeenheid Vatu (VUV)
Tydsone
 - Somertyd
VUT (UTC+11)
nie toegepas nie (UTC+11)
Internet-TLD .vu
Skakelkode +678
Vanuatu
Nasa-Satellietbeeld van Vanuatu
Vanuatu
Kaart van Vanuatu

Vanuatu was bevolk deur Melanesiërs. Vanuatu (van-WAH-toe) beteken "ons land" en die plaaslike mense noem hulself die "Ni-Vanuatu". Voor hul onafhanklikheid in 1980 van die Verenigde Koninkryk en Frankryk was hierdie groep van 83 eilande bekend as die Nuwe Hebride – 'n naam wat deur kommandeur James Cook gegee is na aanleiding van die Hebride in Skotland. In 1606 het die eerste Europeërs onder leiding van die Portugese ontdekkingsreisiger Fernandes de Queirós die grootste eiland van die argipel bereik. Nadat die krone van Portugal en Spanje verenig is, het Queirós die argipel vir Spanje as deel van Spaans-Oos-Indië opgeëis en dit La Austrialia del Espíritu Santo genoem.

Alhoewel Vanuatu se ampstale Engels, Frans en Bislama is, word daar 105 ander tradisionele tale dwarsoor die eilande gepraat.

Daar is 'n aktiewe vulkaan genaamd Azur op die suidelike eiland Tanna geleë en die eiland Ambrym het ook aktiewe vulkane.

Etimologie

Vanuatu se naam is afgelei van die woord vanua ("land" of "tuis"), wat in verskeie Austronesiese tale voorkom en op sy beurt afgelei is van die Proto-Austronesiese banua, en die woord tu ("om te staan"). Saam verwys albei woorde na die onafhanklike status van die nuwe land.

Verwysings

Bronne

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Vanuatu EtimologieVanuatu VerwysingsVanuatu BronneVanuatu Eksterne skakelsVanuatuAustraliëBislamaBritse StatebondEilandstaatEn-us-Vanuatu.oggEngelsFidjiFransHoofstadLêer:En-us-Vanuatu.oggNieu-KaledoniëOseaniëPort VilaPresidentRepubliekSalomonseilandeStaatshoofStille OseaanWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Beëdigde verklaringReënspinnekopWêreld- Ekonomiese ForumLuiperdJavaScriptXHTMLKrieketKunsKatKlavierVisMusieksimboleMangelontstekingRekenaarPad na jou hartLys van Joodse feeste en herdenkingsPriemgetalMetaalBotswanaCremonaVaginaDuitslandSlag van Cuito CuanavaleTrappe van vergelykingBorskankerVlekvrye staalJode in Suid-AfrikaMiddelmisbruikHidroulikaHokkieNatriumtiosulfaatKoos du PlessisAkademiaSkildklierKrimpvarkieGalileo GalileiOlimpiese SomerspeleTelwoordAfrikanersKindermishandelingKewerShakaWapen van Suid-AfrikaPlastiekVerkleurmannetjieVleilandVratBloemfonteinDysselsdorpLeierLangste woordCarles PuigdemontKleurSamestellingSkaakAfrikaansSelfstandige naamwoordLys van Griekse mitologiese figureWalvisKatherine JohnsonSjimpanseeRugbyEnsiklopedieSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeLika BerningWaterkringloopHomoniem20ste eeuKolorektale kankerAnrich HerbstDokterNasionalismeVeerViëtnamLetterlike en figuurlike taalgebruik🡆 More