Vlag Van Vanuatu

Die nasionale vlag van Vanuatu is op 18 Februarie 1980 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ’n swart driehoek met twee gekruisde varingblare binne die tand van ’n wildevark teen die vlagpaal, ’n dun geel gaffel met swart fraaiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en groen onder.

Vlag van Vanuatu
Vlag van Vanuatu
Vlag van Vanuatu
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 18 Februarie 1980
Ontwerp ’n Swart driehoek met twee gekruisde varingblare binne die tand van ’n wildevark teen die vlagpaal, ’n dun geel gaffel met swart fraaiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en groen onder.

Simboliek

Die groen stel die rykheid van die eilande voor, die rooi is simbolies vir die bloed van wildevarke en die mens en die swart van die ni-Vanuatu-mense. Die Eerste Minister van Vanuatu het versoek dat geel en swart fraaiings ingesluit word sodat die swart uitstaan. Die geel gaffel stel die lig van die Evangelie voor wat deur die eilande in die Stille Oseaan versprei het (ongeveer 90% van Vanuatu se bevolking is Christelik).

Die embleem in die swart driehoek is die tand van ’n wildevark – die simbool van voorspoed was as hangertjie op die eilande gedra word – saam met twee blare van die plaaslike namelevaring. Die blare is veronderstel om ’n teken van vrede te wees en die 39 loofblare stel die 39 lede van Vanuatu se wetgewende vergadering voor.

Geskiedenis

Tussen 1889 en 1906, onder Anglo-Franse beheer, is ’n wit en rooi vertikale tweekleur gebruik met ’n blou reghoek in die middel waarop ’n sterre in ’n sirkel gerangskik was, gebruik. Daarna het die Britse administrasie van die kondominium van die vlag van die Nieu-Hebrides gebruik gemaak tot in 1980. Dit was ’n blou Britse vaandel met ’n wit skyf op die wapperkant met ’n wapen daarbinne. Die Franse regering het in dieselfde tyd die vlag van Frankryk gebruik. Gedurende die Stille Oseaan-spele in 1963 en 1966 is spesiaal ontwerpte vlae gebruik.

Toe die Vanua’aku-party die land na onafhanklikheid gelei het as Vanuatu in 1980 is die kleure van die party se vlag – rooi, groen, swart en geel – gekies as die basis vir die nasionale vlag. ’n Parlementêre komitee het die finale ontwerp gekies uit inskrywings van plaaslike kunstenaars.

Ander vlae

Administratiewe vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Vlag Van Vanuatu SimboliekVlag Van Vanuatu GeskiedenisVlag Van Vanuatu Ander vlaeVlag Van Vanuatu VerwysingsVlag Van Vanuatu Eksterne skakelsVlag Van Vanuatu18 Februarie1980Vanuatu

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KarooKameelperdGevlekte muisvoëlCarles PuigdemontSeksismeSkerpioenGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKoopkragpariteitBeaufortskaalDonkieLys van Suid-Afrikaanse musikanteNasionale lied van Suid-AfrikaAntjie SomersKartografieDierDesmond TutuLettergreepArmoedeBoeddhismeHipertensieHartPornhubGroot TrekGroot GatKlimaatLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsNederlandSeksposisieGautengVingerseksEmfiseemBrandLidwoordLys van universiteite in Suid-AfrikaKersfeesC++WaterBinnelandersSokkerSosiale transformasieKlimaatveranderingWet op Bantoe-onderwysFort BeaufortGalblaasVergelykings (taalkunde)Sias ReineckeInfrastruktuurMuishondBloedvergiftigingNederlands15 FebruarieWoordeboekDokterXHTMLGeelsugNederduitse Gereformeerde KerkAnne FrankSeisoenKrapKremetartNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKanadaHelpmekaar-kollegeInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandRina HugoLeeuKasteel die Goeie HoopVoedingDie GelofteStokely CarmichaelJohannes KerkorrelMaagZambiëGesagSpringbokafrigters🡆 More