Stokely Carmichael

Stokely Carmichael (29 Junie 1941 – 15 November 1998) was ’n lid van die Black Panthers, wat hulle in die 1960’s beywer het om maatskaplike en politieke veranderinge vir Afro-Amerikaners teweeg te bring.

Hy het die frase "black power" (swart mag) gevestig.

Stokely Carmichael
Stokely Carmichael
Carmichael in 1960 as 'n senior aan die Bronx Hoërskool van Wetenskap.

4de Voorsitter van die Studentevrye Koördinerende Komitee
Ampstermyn
Mei 1966 – Junie 1967
Voorafgegaan deur John Lewis
Opgevolg deur H. Rap Brown

Persoonlike besonderhede
Gebore (1941-06-29)29 Junie 1941
Port of Spain, Trinidad en Tobago
Sterf 15 November 1998 (op 57)
Conakry, Guinee
Eggenoot/-note Miriam Makeba
Kind(ers) 2
Alma mater The Bronx High School of Science (1960)
Howard-universiteit (B.A., Filosofie, 1964)

Lewensloop

Stokely Carmichael is in Port of Spain op die eiland Trinidad gebore. Op 11 sluit hy by sy ouers in die Verenigde State aan, wat daarheen geëmigreer het toe hy twee was. Hy is ondertussen deur sy ouma en twee tantes versorg.

In die VSA woon hy die uitgelese Bronx Hoërskool van Wetenskap in New York Stad by, waarna hy by Howard-universiteit inskryf en 'n aktivis word. Hy sluit by die Swart Mag-beweging aan, eers as 'n leier van die Studente Geweldlose Koördinerende Komitee (SNCC, Student Nonviolent Coordinating Committee), later as "ere-presedent" van die Black Panther-party, en uiteindelik as 'n leier van die All-African People's Revolutionary Party (A-APRP).

Hy is in 1968 met die Suid-Afrikaanse sanger Miriam Makeba getroud. Hulle is egter in 1973 in Guinee geskei.

Carmichael is aan prostaatkanker oorlede. Hy was 57 jaar oud.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

15 November1941199829 JunieAfro-Amerikaners

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LetterkundePlantSarah Rose KarrSterrestelselChristendomMiljardProvinsies van Suid-AfrikaRykie van ReenenSelfmoordApostoliese GeloofsendingMusiekKrieketEkostelselChristenePubiese hareKatEstlandBiljoenRam (sterreteken)Nazi-DuitslandGriekelandLys van nedersettings in Suid-AfrikaGeelsugIdioomAuschwitz-konsentrasiekampMuskeljaatkatKolitisKunsSatireGedigJohannesburgVulkaanRacheltjie de BeerPsigopatieMediaWikiIerse nasionale rugbyspanEuropese RugbykampioenskapUniversiteit StellenboschMangelontstekingSuid-AfrikaSonsteekAleksei NawalniMenslike seksuele gedragKruisigingPalmsondagMusieksimboleHadjSuid-Afrikaanse InkomstediensMiddelmisbruikJohannes VermeerDanie du ToitRugbyJapanDassievoëlOekraïneMakazole MapimpiOnderhandelinge om apartheid te beëindigGodsdiensOrgasmeSwangerskapLys van veltoestandeRefentse MorakeJudaïsmeSpookvoëlDie BylFiksieTongHolocaustVleesbaaiTongaanse nasionale rugbyspan🡆 More