Gesag

Gesag of outoriteit is die vermoë van 'n persoon of organisasie om 'n ander persoon of 'n groep te lei.

Gesag vorm die basis van die samelewing, sodat dit gedissiplineerd verloop en nie in anargie oorgaan nie. Die uiteinde van gesag is gewoonlik konformering en gehoorsaamheid ten opsigte van 'n voorafbepaalde stel reëls. Ongehoorsaamheid word ontmoedig en in ekstreme gevalle gestraf, terwyl goeie gedrag beloon word.

Gesag oor ander is 'n groot verantwoordelikheid en moet met groot omsigtigheid en regverdigheid benader word. Indien nie sal mense te na gekom word en kan hulle selfs teen die gesag rebelleer. Perke word gewoonlik aan gesag gestel om te verhoed dat dit nie misbruik word nie. As voorbeeld moet 'n polisieman binne die raamwerk van die landswet optree, terwyl 'n prefek slegs die skoolreëls kan toepas.

Gesag word gewoonlik in hiërargieë aangetref. So kan organisasies in vlakke van bestuur ingedeel word. In die gesin het die ouers gesag oor die kinders, maar staan ook onder gesag van die staat (landswette) en is uiteindelik aan die goddelike gesag onderdanig.

Tipes gesag

Daar word tussen drie tipes gesag onderskei:

  • Tradisionele gesag
    Tradisionele gesag is 'n absolute en harde gesag. In die antieke Romeinse wêreld het 'n pa absolute mag oor sy kind uitgeoefen, wat selfs daarop kon uitloop dat hy sy seun kon laat doodmaak (Clarke 2000:87).
  • Charismatiese gesag
    Charismatiese gesag gaan oor positiewe beïnvloeding en oorreding. 'n Navolgenswaardige voorbeeld word dus gestel wat deur mense gevolg wil word.
  • Rasioneel-Burokratiese gesag
    Burokratiese gesag is wettige of legitime gesag wat op rasionele gronde gebaseer is. Dit vind gewoonlik binne 'n bepaalde raamwerk met voorafbepaalde reëls en regulasies plaas.

Tags:

Samelewing

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wilna SnymanLys van Suid-Afrikaanse musikanteVulkanismeDokterArendOlimpiese SomerspeleWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBeurtkragInstagramKerrieIoonGriepAkuutSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MorfeemWerkersdagVlekvrye staalHandelsmerkTurkyeSomerYsterWiskundige terminologieBruin huisslangAvbobDesimale breukeVaste stofAppel (sanger)MangelontstekingXenofobieOrthopteraBelastingXhosaSpringbokkeAnrich HerbstUitwerking van klimaatsveranderingGawes van die Heilige GeesKoolhidraatStudievaardighedeAl-FatihaSikloonVars waterPrimêre sektor van die ekonomie3D-rolprentGeslagNedersettingAbstraksie (rekenaarwetenskap)DurbanMuskietAfrikanernasionalismeGeskiedenis van AfrikaansWillie JoubertIronieLeierStikstofTafelsoutTelkomHemelvaartsdagKopieregBysteekFinansiële staatEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLys van hoofstedeWerwelkolomGroepsdrukViëtnamDie Stem van Suid-AfrikaAsemhalingVoëlSeilvaartKoppeltekenSoogdierBorsDoelwitGrootste rampe in Suid-AfrikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsPlastiekKarakterisering🡆 More